Ikoniese James Earl Jones sterf op 93
--:--
Die film-, TV- en teater-akteur, James Earl Jones, is op 93-jarige leeftyd dood. Hy was veral bekend as die stem van die Star Wars-skurk Darth Vader, en die stem van koning Mufasa in Disney se animasiefliek, The Lion King. Jones het in sy loopbaan van meer as 60 jaar drie Tony-toekennings ontvang, insluitend twee Emmy’s, ʼn Grammy en in 2011 ʼn ere-Oscar. Hy het in 1933 op PBS met Charlie Rose gesels oor sy hakkel-uitdaging. Hy het tussen die ouderdom van nege en 14 nie gepraat nie... maar het dit met sy digkuns en die hulp van ‘n onderwyser oorkom.