ANC bevestig Zuma is uitgeskop

--:--
Die nasionale dissiplinêre appèlkomitee van die ANC het die besluit van die nasionale dissiplinêre komitee bevestig om Jacob Zuma uit die party te skop. Die nasionale woordvoerder , Mahlengi Bhengu-Motsiri, sê as 'n voormalige president van die ANC is daar van Zuma verwag om die aan hoogste standaarde van leierskap te voldoen. Deur 'n mededingende politieke party te vestig en te lei, het hy die eenheid en samehorigheid van die beweging ondermyn. Bhengu-Motsiri sê die besluit dien as 'n herinnering dat geen indiwidu groter as die beweging is nie, en dat die party se krag lê in sy leierskap en verbintenis tot die aspirasies van die mense:
23 Nov 4AM Afrikaans Namibia News

Other recent episodes

Betroubare data sal uraanontginning stop - Sauma

Die Stampriet Aquifer Uranium Mining Association, Sauma se voorsitter, Divan Opperman, het die gevaar van besoedeling van die kritiek belangrike akwifer herhaal, weens voorgestelde uraan mynbedrywighede in die gebied. Hy sê die verkryging van feitelike, objektiewe en wetenskaplik-gefundeerde bewyse is uiters belangrik. Dit is weens Uranium One, die Russiese uraan…
23 Nov 5AM 1 min

Afrika-kenner sê oor Mosambiek-geweld

Geweld in Mosambiek duur voort, met betogings wat verlede maand in Maputo en elders uitgebreek het nadat Daniel Chapo amptelik as wenner van die presidensiële verkiesing verklaar is. Meer as 26 sterftes, 37 beserings deur lewendige ammunisie en 173 arrestasies is aangemeld, wat wêreldwye kommer wek. Die Suider-Afrikaanse Ontwikkelingsgemeenskap het…
23 Nov 2AM 1 min

Nam-jeug moet lugvaartsektor betree

Abner Hamukwaya, stigter van die Namibia Aviation Training Academy en 'n ervare vlieënier, doen 'n beroep op die jeug om by die lugvaartsektor betrokke te raak. Hamukwaya beklemtoon die belangrikheid daarvan om jong Namibiërs op te lei en in diens te neem om te help om die lugvaartbedryf vorentoe te…
23 Nov 1AM 1 min