Betroubare data sal uraanontginning stop - Sauma

--:--
Die Stampriet Aquifer Uranium Mining Association, Sauma se voorsitter, Divan Opperman, het die gevaar van besoedeling van die kritiek belangrike akwifer herhaal, weens voorgestelde uraan mynbedrywighede in die gebied. Hy sê die verkryging van feitelike, objektiewe en wetenskaplik-gefundeerde bewyse is uiters belangrik. Dit is weens Uranium One, die Russiese uraan mynmaatskappy, se volharding in uitsprake dat die loog-metode om uraan uit die grond te kry, onskadelik is. Kosmos 94.1 Nuus het met Opperman gesels wat meer inligting gee.
23 Nov 5AM Afrikaans Namibia News

Other recent episodes

ANC bevestig Zuma is uitgeskop

Die nasionale dissiplinêre appèlkomitee van die ANC het die besluit van die nasionale dissiplinêre komitee bevestig om Jacob Zuma uit die party te skop. Die nasionale woordvoerder , Mahlengi Bhengu-Motsiri, sê as 'n voormalige president van die ANC is daar van Zuma verwag om die aan hoogste standaarde van leierskap…
23 Nov 4AM 1 min

Afrika-kenner sê oor Mosambiek-geweld

Geweld in Mosambiek duur voort, met betogings wat verlede maand in Maputo en elders uitgebreek het nadat Daniel Chapo amptelik as wenner van die presidensiële verkiesing verklaar is. Meer as 26 sterftes, 37 beserings deur lewendige ammunisie en 173 arrestasies is aangemeld, wat wêreldwye kommer wek. Die Suider-Afrikaanse Ontwikkelingsgemeenskap het…
23 Nov 2AM 1 min

Nam-jeug moet lugvaartsektor betree

Abner Hamukwaya, stigter van die Namibia Aviation Training Academy en 'n ervare vlieënier, doen 'n beroep op die jeug om by die lugvaartsektor betrokke te raak. Hamukwaya beklemtoon die belangrikheid daarvan om jong Namibiërs op te lei en in diens te neem om te help om die lugvaartbedryf vorentoe te…
23 Nov 1AM 1 min