Namibië het kortings vir privaat sonkrag, soos SA

--:--
Die elektrisiteitstariewe bly in die nuus, veral oor die hoë koste. Die feit is dat Namibië meeste van sy krag invoer vanaf buurlande, wat dit duurder maak. In Suid-Afrika het privaat sonkrag fotovoltaïese opwekking die hoogte ingeskiet weens 'n verkeidenheid faktore. Huiseienaars kry 'n belastingkorting vir die oprig van sonpanele en oormaat krag kan verkoop word. Sonkrag is ook volhoubaar en het geen uitstralings nie. Kosmos 94.1 Nuus het gesels met Abraham Angula, die waarnemende direkteur vir energiebeplanning en navorsing by die energie-ministerie, wat sê Namibië het 'n soortgelyke program.
5 Jul 11AM Afrikaans Namibia News

Other recent episodes

Aktivis kap na anti-gay groep oor saamtrek

Die Stop Homosexuality Committee het oor die naweek 'n saamtrek by die Katutura Jeugstadion georganiseer waar 'n paar kerkleiers, hul gemeentelede en lede van die publiek bymekaargekom het om teen homoseksualiteit en selfdegeslaghuwelike in die land te bid. Hulle het aangedui dat die stryd nie teen mense is nie, maar…
8 Jul 12PM 1 min

Bavuma terug, Breetzke in Proteas-toetse teen Windies

Krieket: Die Proteas se toets-afrigter, Shukri Conrad, het Temba Bavuma as kaptein ingesluit in die groep van 16 spelers vir die reeks van twee toetse teen die Windies. Die paaltjiewagter Ryan Rickelton is ook terug in die groep en die kolwer Matthew Breetzke gaan in sy eerste toets speel na…
8 Jul 12PM 1 min

Regering gereed vir enige siekte-uitbrake

Die gesondheidsministerie het ‘n ruk gelede ‘n masels-uitbraak in die Erongo-streek verklaar. Daar was op daardie stadium 93 vermeende gevalle aangemeld. Gesondheidsminister Kalumbi Shangula het by ‘n inligtingsessie in die hoofstad gesê die regering het die uitbraak onder beheer.
8 Jul 11AM 1 min

Kripto-mark reageer steeds op Fed-voorsitter

Aanmerkings deur Jerome Powell, voorsitter van die Federale Reserweraad, het 'n beduidende impak op kriptomarkte gehad. Powell het vordering met die bekamping van inflasie erken, maar het die behoefte aan volgehoue bewyse beklemtoon voordat rentekoersverlagings oorweeg word. Sy opmerkings, te midde van markverwagtinge vir Fed-koersverlagings, het gelei tot 'n daling…
8 Jul 11AM 1 min