Regering gereed vir enige siekte-uitbrake
--:--
Die gesondheidsministerie het ‘n ruk gelede ‘n masels-uitbraak in die Erongo-streek verklaar. Daar was op daardie stadium 93 vermeende gevalle aangemeld. Gesondheidsminister Kalumbi Shangula het by ‘n inligtingsessie in die hoofstad gesê die regering het die uitbraak onder beheer.