Verkiesingskommissie bekommerd oor registrasie-opkoms

--:--
Die Verkiesingskommissie van Namibië het 676 390 kiesers geregistreer tussen die aanvang van die Algemene Registrasie van Kiesers op 1 Junie, en 29 Junie. Dit verteenwoordig 'n gemiddeld van 23 515 kiesers geregistreer per dag by beide binnelandse lokale en Namibiese diplomatieke sendings in die buiteland. Die kommissie het met groot kommer kennis geneem van 'n aansienlike daling in opkoms gedurende die week van 24 tot 29 Junie. Kosmos 94.1 Nuus het gesels met De Wet Siluka, die kommissie se woordvoerder. Hulle het 'n boodskap vir die nasie.
5 Jul 10AM Afrikaans Namibia News

Other recent episodes

Aktivis kap na anti-gay groep oor saamtrek

Die Stop Homosexuality Committee het oor die naweek 'n saamtrek by die Katutura Jeugstadion georganiseer waar 'n paar kerkleiers, hul gemeentelede en lede van die publiek bymekaargekom het om teen homoseksualiteit en selfdegeslaghuwelike in die land te bid. Hulle het aangedui dat die stryd nie teen mense is nie, maar…
8 Jul 12PM 1 min

Bavuma terug, Breetzke in Proteas-toetse teen Windies

Krieket: Die Proteas se toets-afrigter, Shukri Conrad, het Temba Bavuma as kaptein ingesluit in die groep van 16 spelers vir die reeks van twee toetse teen die Windies. Die paaltjiewagter Ryan Rickelton is ook terug in die groep en die kolwer Matthew Breetzke gaan in sy eerste toets speel na…
8 Jul 12PM 1 min

Regering gereed vir enige siekte-uitbrake

Die gesondheidsministerie het ‘n ruk gelede ‘n masels-uitbraak in die Erongo-streek verklaar. Daar was op daardie stadium 93 vermeende gevalle aangemeld. Gesondheidsminister Kalumbi Shangula het by ‘n inligtingsessie in die hoofstad gesê die regering het die uitbraak onder beheer.
8 Jul 11AM 1 min

Kripto-mark reageer steeds op Fed-voorsitter

Aanmerkings deur Jerome Powell, voorsitter van die Federale Reserweraad, het 'n beduidende impak op kriptomarkte gehad. Powell het vordering met die bekamping van inflasie erken, maar het die behoefte aan volgehoue bewyse beklemtoon voordat rentekoersverlagings oorweeg word. Sy opmerkings, te midde van markverwagtinge vir Fed-koersverlagings, het gelei tot 'n daling…
8 Jul 11AM 1 min