Wimbledon se vrouekampioen in eerste ronde uit

--:--
Wimbledon se verdedigende vroue-kampioen, Marketa Vondrousova, sê sy het gesukkel om haar senuwees te kalmeer toe sy in die eerste ronde uitgeskakel is. Die wêreld se nommer 83, Jessica Bouzas Maneiro van Spanje, het die 25-jarige Tsjeg 6-4, 6-2 verslaan vir haar eerste Grand Slam-oorwinning. Dis die eerste keer sedert 1994, toe Steffi Graf teen Lori McNeil verloor het, dat die verdedigende vrouekampioen in die eerste ronde uitgeskakel word. Vondrousova sê sy wil uit hierdie ervaring leer:
3 Jul 4AM Afrikaans Namibia News

Other recent episodes

Outa ontevrede oor samestelling van Gauteng regering

Die Organisasie teen Belastingmisbruik, Outa, is baie ongelukkig oor die samestelling van die Gautengse regering, wat die DA uitsluit. Die DA het die ANC daarvan beskuldig dat hy ter kwader trou onderhandel en hom wou uitoorlê om minder posisies te aanvaar. Premier Panyaza Lesufi het Woensdag sy kabinet aangekondig nadat…
5 Jul 12PM 1 min

McLaren vol vertroue oor tuiswedren op Silverstone

Motorsport: Formule Een is hierdie naweek in Engeland vir die Britse Grand Prix. Dit is die 12de van 24 wedrenne op die jaarkalender. McLaren is die grootste gedeelte van die seisoen mededingend. Hulle is tans derde onder die vervaardigers met Lando Norris tweede onder die bestuurders, na Max Verstappen. Dis…
5 Jul 12PM 1 min

Namibië het kortings vir privaat sonkrag, soos SA

Die elektrisiteitstariewe bly in die nuus, veral oor die hoë koste. Die feit is dat Namibië meeste van sy krag invoer vanaf buurlande, wat dit duurder maak. In Suid-Afrika het privaat sonkrag fotovoltaïese opwekking die hoogte ingeskiet weens 'n verkeidenheid faktore. Huiseienaars kry 'n belastingkorting vir die oprig van sonpanele…
5 Jul 11AM 1 min

Wetgewing nodig vir diere wat kommersieel geteel word

'n Navorser aan die Universiteit van die Wes-Kaap, Celine Doak, sê daar is 'n gebrek aan spesifieke wetgewing wat die welsyn van die kosbare Suid-Afrikaanse volstruisbedryf en ander kommersiële diere-boerderye reguleer. Doak sê dierewelstand vorm deel van die Wysigingswet op Nasionale Omgewingsbestuurswette, maar dit moet nog ten volle ingestel en…
5 Jul 11AM 1 min

Verkiesingskommissie bekommerd oor registrasie-opkoms

Die Verkiesingskommissie van Namibië het 676 390 kiesers geregistreer tussen die aanvang van die Algemene Registrasie van Kiesers op 1 Junie, en 29 Junie. Dit verteenwoordig 'n gemiddeld van 23 515 kiesers geregistreer per dag by beide binnelandse lokale en Namibiese diplomatieke sendings in die buiteland. Die kommissie het met…
5 Jul 10AM 1 min