Swapo moenie wegbeweeg van sy reëls: Angula

--:--
Vyf Swapo-lede wil ‘n dringende aansoek bring oor die party se besluit om volgende jaar ‘n buitengewone kongres te hou. Die party, en sy adjunkpresident Netumbo Nandi-Ndaitwah is die respondente. Die lede sê die party moes volgens sy grondwet na die dood van Hage Geingob, wat die party se president was, 'n buitengewone kongres gehou het om 'n nuwe leier te kies. Richard Metcalfe tree vir die vyf op. Kosmos 94.1 Nuus het gepraat met Nahas Angula, voormalige minister en 'n Swapo-veteraan, oor wat dit vir die party beteken.
17 Jun 10AM Afrikaans Namibia News

Other recent episodes

Mosie kom oor Suidwes-Afrika identiteitsdokumente

Binnelandse sake-minister Albert Kawana het in die Nasionale Vergadering aangekondig hy wil 'n wetsontwerp voorlê om huwelikseremonies te reguleer. Die mosie en die wetsontwerp sal in die komende dae meer breedvoerig verduidelik word. Kawana sê hy sal môre 'n mosie ter tafel lê om Namibiese burgerskap te gee aan enigiemand…
26 Jun 10AM 1 min

Groot lenings vir onbekende goenwaterstof-koste? Nee wat

Namibië beplan glo om sy geprojekteerde olie-inkomste as kollateraal te gebruik om lenings van die internasionale geldmark te verkry om sy deel van die ontwikkeling van groenwaterstofprojekte te finansier. Dit is volgens 'n Instituut vir Openbare Beleidsnavorsing-verslag wat die risiko's ondersoek het wat verband hou met die verwagting dat Namibië…
26 Jun 10AM 1 min

Ruik jy die dou in die môre?

Ons het die nuutste weervoospelling. Ruik jy die dou in die môre? Dit kom van Mosambiek af en trek oor Namibië en Botswana. Die voggies bing die wolke wat ons vir die volgende twee dae gaan sien. Wat gebeur by die kus? Luister na Odilo Kgobetsi die woordvoerder van die…
26 Jun 9AM 1 min

Nuwe SA regering moet fokus op ekonomiese groei

Die Solidariteit Navorsingsinstituut vra die regering van nasionale eenheid om ekonomiese groei voorop te stel. ‘n Woordvoerder van Solidariteit, Connie Mulder, beklemtoon die behoefte aan ‘n koalisie om te goeder trou die lewens van alle Suid-Afrikaners te verbeter. Mulder het aan die SABC gesê die sukses van die koalisie sal…
26 Jun 9AM 1 min

BIG sê regering vertraag basiese inkomstetoelaag-kwessie

Die Basic Income Grant Coalition of Namibia het vroeër vandeesmaand opgeruk om 'n universele basiese inkomstetoelaag van 500 Namibiese dollar per persoon per maand te eis. Johannes !Gawaxab, goewerneur van die Bank van Namibië, sê beleidmakers sal die haalbaarheid van so 'n toelaag krities moet ondersoek. !Gawaxab het die opmerkings…
26 Jun 8AM 1 min