BIG sê regering vertraag basiese inkomstetoelaag-kwessie

--:--
Die Basic Income Grant Coalition of Namibia het vroeër vandeesmaand opgeruk om 'n universele basiese inkomstetoelaag van 500 Namibiese dollar per persoon per maand te eis. Johannes !Gawaxab, goewerneur van die Bank van Namibië, sê beleidmakers sal die haalbaarheid van so 'n toelaag krities moet ondersoek. !Gawaxab het die opmerkings gemaak by die sentrale bank se eerste monetêre beleid-bespreking. Kosmos 94.1 Nuus het gepraat met Renaani Musutua, die koalisie se woordvoerder, wat sê daar is al genoeg studies gedoen en die regering vertraag die kwessie.
26 Jun 8AM Afrikaans Namibia News

Other recent episodes

Swakop werk hard aan behuising

Die nasionale behuisingsonderneming, die stedelike ontwikkeling-ministerie en die Swakopmund munisipaliteit het onlangs 119 huise in die dorp oorhandig. Die munisipaliteit sê die projek is 'n voorbeeld van wat uitgerig kan word wanneer instellings saamwerk. Die munisipaliteit sê hulle moet voortgaan om behuisingslewering te prioritiseer, om volhoubare gemeenskaps- en stedelike ontwikkeling…
29 Jun 2AM 1 min

Solidariteit bepleit verlenging van Agoa

Die vakbond Solidariteit het formeel gevra vir die verlenging van Suid-Afrika se lidmaatskap van die Afrika Groei en Geleenthede-ooreenkoms met Amerika. Dit kom te midde van voortuderende hersiening van AGOA in die Amerikaanse Kongres met die ooreenkoms wat volgende jaar verstryk. Solidariteit se ekonomiese navorser, Theuns du Buisson, sê die…
29 Jun 2AM 1 min

Kommer oor koalisie-wrywing in SA

Die Black Business Council is bekommerd oor die stadige pas van die regering van nasionale eenheid se onderhandelings tussen president Cyril Ramaphosa en die DA-leier, John Steenhuisen. Ramaphosa het die noodsaaklikheid van 'n billike ooreenkoms beklemtoon vir 'n bestendige regering. Die uitvoerende hoof van die raad, Kganki Matabane, sê die…
29 Jun 1AM 1 min

Proteas poog vir eerste Wêreldbeker-trofee

Suid-Afrika staan vanmiddag voor ‘n Dawid teen Goliat-stryd in die eindstryd van die T20 Wêreldbeker teen Indië op die Kensington-ovaal. Die Proteas wil hulle eerste Wêreldbeker-trofee verower nadat hulle Afghanistan met nege paaltjies geklop het. Indië het Engeland met 68 lopies verslaan en sal na verwagting klipharde teenstanders wees. Oud-Protea…
29 Jun 1AM 1 min

Joe Biden baklei terug

Na die rampspoedige debat het die New York Times ‘n beroep op president Joe Biden gedoen om uit te tree. Die invloedryke publikasie sê dit is eenvoudig die regte ding om te doen. Maar, Biden het terug baklei by ‘n politieke saamtrek in Raleigh, Noord-Carolina.
29 Jun 12AM 1 min