Mosie kom oor Suidwes-Afrika identiteitsdokumente

--:--
Binnelandse sake-minister Albert Kawana het in die Nasionale Vergadering aangekondig hy wil 'n wetsontwerp voorlê om huwelikseremonies te reguleer. Die mosie en die wetsontwerp sal in die komende dae meer breedvoerig verduidelik word. Kawana sê hy sal môre 'n mosie ter tafel lê om Namibiese burgerskap te gee aan enigiemand met die ou Suidwes-Afrika identiteitsdokumente.
26 Jun 10AM Afrikaans Namibia News

Other recent episodes

Meeste Namibiese kinders ervaar steeds armoede, mishandeling

Die Dag van die Namibiese Kind is net soveel 'n dag van nadenke en voorspraak as 'n viering. Alhoewel Namibië aansienlike vordering gemaak het, soos die inwerkingstelling van die Wet op Kindersorg en Beskerming, is daar steeds aansienlike uitdagings wat kinders daagliks in die gesig staar. Dit sluit in armoede,…
28 Sep 6AM 1 min

Siya vol vertroue vir oorwinning oor Pumas

Rugby: Springbok-kaptein, Siya Kolisi, is vol vertroue vir ʼn oorwinning teen Argentinië vanmiddag in die Mbombela-stadion. Dit is die laaste Rugbykampioenskapswedstryd. Argentinië moet met meer as sewe punte wen en drie bykomende drieë aanteken om hulle eerste kampioenskapstitel in te palm. Die afskop belowe intense rugby-aksie na ʼn naelskraapse nederlaag…
28 Sep 6AM 1 min

Katima korrektiewe fasiliteit sal 420 hektaar grond bewerk

Adjunk-premier John Mutorwa sê die konstruksie van die Katima Mulilo korrektiewe fasiliteit op die Katima-Liselo plaas is 'n belangrike mylpaal in die land se strewe na volhoubare ontwikkeling en voedselsekerheid. Die fasiliteit sal na verwagting sowat 420 hektaar grond bewerk, met die fokus op mielies, koring, sonneblomme, en 'n verskeidenheid…
28 Sep 4AM 1 min

Kaizer Chiefs, Sundowns pak mekaar in reuse-kragmeting

Sokker: Twee reuse in Suid-Afrikaanse sokker pak mekaar vandag in ‘n Premierliga-kragmeting in die FNB-stadion. Kaizer Chiefs is gashere vir Mamelodi Sundowns en albei spanne is onoorwonne na hulle eerste twee wedstryde van die seisoen. Sundowns se afrigter, Manqoba Mngqithi, verwag ’n moeilike wedstryd.
28 Sep 4AM 1 min

Regering werk aan beter toekoms vir kinders

Die land herdenk die Dag van die Namibiese Kind en die regering werk aan kwessies om ontwikkeling en toekomsvooruitsigte vir kinders te verbeter. Dit is volgens maatskaplike welsyn-minister Doreen Sioka, wat by 'n herdenking in Otjinene gepraat het. Sioka sê die regering verseker verbeterde gesondheidsorg vir die Namibiese kind, toegang…
28 Sep 3AM 1 min