Droogtehulpverlenging is 'politieke taktiek'

--:--
Die regering het 'n allemintige geraamde begroting van 825 miljoen Namibiese dollar aangekondig vir die droogtehulp-ondersteuningsprogram, wat verleng is tot 31 Maart 2025. Die geld sal uit die nasionale noodrampfonds kom. Kosmos 94.1 Nuus het gepraat met die politieke ontleder Rui Tyitende, wat sê dit is beslis 'n politieke taktiek. Hy sê die regerende party probeer die vertroue van sy ondersteuners vir die komende verkiesing wen.
28 Apr 6AM Afrikaans Namibia News

Other recent episodes

Verslagting van beeste, skape neem toe - vir hoe lank?

Die aantal beeste wat geslag is, het aansienlik toegeneem van 8 103 in Januarie tot 'n hoogtepunt van 15 976 in April. Skaapslagting het ook van 12 836 in Januarie tot 16 699 in April gestyg. Die aantal bokke wat geslag is, het minimaal gebly met slegs 6 wat in…
17 Jun 12PM 1 min

Cosatu bemoedig oor vroue in leierskapposisies

Cosatu het Refiloe Mtsweni-Tsipane gelukgewens met haar verkiesing as die nuwe voorsitter van die Nasionale Raad van Provinsies. Die federasie salueer ook die nuwe hoofsweep, Kenny Mmoiemang. Matthew Parks van Cosatu sê hulle is bemoedig deur die ANC se vasberadenheid om vroue in sleutel leierskapposisies in die parlement en in…
17 Jun 12PM 1 min

PDM 'sal beroepsopleiding steun' teen armoede

Volgens 'n Wêreldbankverslag oor Armoede in Namibië van 2021 leef meer as 43,3 persent van die bevolking steeds in multidimensionele armoede, 'n kommerwekkende statistiek gegewe die huidige omstandighede. Om die hoë koers van armoede aan te spreek, word onderwys en veral tersiêre onderwys as die uitweg uit armoede beskou. Daar…
17 Jun 11AM 1 min

MP-party neem setels in NV in

Die MK-party sê hulle het na regsadvies besluit om hulle 58 setels in die Nasionale Vergadering van 400 setels in te neem, terwyl hulle in ander forums sal veg teen die kwessie van die beweerde knoeiery met die verkiesing. Dit is op 'n mediakonferensie in Johannesburg aangekondig. Die woordvoerder van…
17 Jun 11AM 1 min

Ent jou troeteldiere is teen hondsdolheid!

Die landbouministerie se intentingsveldtog teen hondsdolheid het begin en troeteldier-eienaars word aangemoedig om van vandag af tot 28 Junie hulle diere in te vat vir die spuit. Dit is gratis. Kosmos 94.1 Nuus het met dr. Theuns Laubscher van die Windhoek Veeartsenykliniek gepraat. Hy sê die inenting is uiters belangrik.
17 Jun 10AM 1 min