Cosatu bemoedig oor vroue in leierskapposisies

--:--
Cosatu het Refiloe Mtsweni-Tsipane gelukgewens met haar verkiesing as die nuwe voorsitter van die Nasionale Raad van Provinsies. Die federasie salueer ook die nuwe hoofsweep, Kenny Mmoiemang. Matthew Parks van Cosatu sê hulle is bemoedig deur die ANC se vasberadenheid om vroue in sleutel leierskapposisies in die parlement en in al die provinsiale wetgewers te bevestig.
17 Jun 12PM Afrikaans Namibia News

Other recent episodes

BIG sê regering vertraag basiese inkomstetoelaag-kwessie

Die Basic Income Grant Coalition of Namibia het vroeër vandeesmaand opgeruk om 'n universele basiese inkomstetoelaag van 500 Namibiese dollar per persoon per maand te eis. Johannes !Gawaxab, goewerneur van die Bank van Namibië, sê beleidmakers sal die haalbaarheid van so 'n toelaag krities moet ondersoek. !Gawaxab het die opmerkings…
26 Jun 8AM 1 min

Cosatu kap ANC oor Kodwa se inswering

Cosatu sê hy is diep teleurgesteld omdat sy bondgenoot, die ANC, gekies het om sy eie opsystaan-beleid te ignoreer met die beëdiging van Zizi Kodwa as parlementslid. Matthew Parks van Cosatu sê dit ondermyn die ANC se opsystaan-beleid vir openbare verteenwoordigers. Hy voeg by dit stuur 'n kommerwekkende boodskap aan…
26 Jun 8AM 1 min

Nandi-Ndaitwah se stelling is nie heeltemal korrek nie

Visepresident Netumbu Nandi-Ndaitwah het onlangs 'n opmerking gemaak dat 2017 en 2021 'n tydperk van lae beleggings van kommersiële banke in die landbou was. Volgens haar is die voortdurende onvoldoende finansiering deur private banke oninspirerend en 'n doelbewuste uitsluiting van die land se behoeftigste boere. Sy het by 'n vergadering…
26 Jun 7AM 1 min

SA-jeug se eerste dwelm is drank

Die departement van Maatskaplike Ontwikkeling het op die Internasionale Dag teen Dwelmmisbruik en die Smokkel van Onwettige Middels sy kommer uitgespreek oor alkohol wat die jeug se eerste keuse van dwelmmiddel is. Die Nasionale Dwelmbewusmakingsweek het die noodsaaklikheid beklemtoon van die verantwoordelike handel in alkohol, asook gemeenskapsbetrokkenheid. Die departement bied…
26 Jun 7AM 1 min

Fanie de Villers gesels oor afsterwe van Frank Duckworth... ja, dis daardie een

Frank Duckworth, een helfte van die span wat die Duckworth-Lewis-metode begin het vir die berekening van teikentellings in krieketwedstryde met beperkte boulbeurte wat deur slegte weer verkort is, is op die ouderdom van 84 oorlede. Saam met sy mede-statistikus Tony Lewis, het Duckworth die formule uitgedink wat amptelik in 1999…
26 Jun 6AM 1 min