Ent jou troeteldiere is teen hondsdolheid!

--:--
Die landbouministerie se intentingsveldtog teen hondsdolheid het begin en troeteldier-eienaars word aangemoedig om van vandag af tot 28 Junie hulle diere in te vat vir die spuit. Dit is gratis. Kosmos 94.1 Nuus het met dr. Theuns Laubscher van die Windhoek Veeartsenykliniek gepraat. Hy sê die inenting is uiters belangrik.
17 Jun 10AM Afrikaans Namibia News

Other recent episodes

Ruik jy die dou in die môre?

Ons het die nuutste weervoospelling. Ruik jy die dou in die môre? Dit kom van Mosambiek af en trek oor Namibië en Botswana. Die voggies bing die wolke wat ons vir die volgende twee dae gaan sien. Wat gebeur by die kus? Luister na Odilo Kgobetsi die woordvoerder van die…
26 Jun 9AM 1 min

Nuwe SA regering moet fokus op ekonomiese groei

Die Solidariteit Navorsingsinstituut vra die regering van nasionale eenheid om ekonomiese groei voorop te stel. ‘n Woordvoerder van Solidariteit, Connie Mulder, beklemtoon die behoefte aan ‘n koalisie om te goeder trou die lewens van alle Suid-Afrikaners te verbeter. Mulder het aan die SABC gesê die sukses van die koalisie sal…
26 Jun 9AM 1 min

BIG sê regering vertraag basiese inkomstetoelaag-kwessie

Die Basic Income Grant Coalition of Namibia het vroeër vandeesmaand opgeruk om 'n universele basiese inkomstetoelaag van 500 Namibiese dollar per persoon per maand te eis. Johannes !Gawaxab, goewerneur van die Bank van Namibië, sê beleidmakers sal die haalbaarheid van so 'n toelaag krities moet ondersoek. !Gawaxab het die opmerkings…
26 Jun 8AM 1 min

Cosatu kap ANC oor Kodwa se inswering

Cosatu sê hy is diep teleurgesteld omdat sy bondgenoot, die ANC, gekies het om sy eie opsystaan-beleid te ignoreer met die beëdiging van Zizi Kodwa as parlementslid. Matthew Parks van Cosatu sê dit ondermyn die ANC se opsystaan-beleid vir openbare verteenwoordigers. Hy voeg by dit stuur 'n kommerwekkende boodskap aan…
26 Jun 8AM 1 min

Nandi-Ndaitwah se stelling is nie heeltemal korrek nie

Visepresident Netumbu Nandi-Ndaitwah het onlangs 'n opmerking gemaak dat 2017 en 2021 'n tydperk van lae beleggings van kommersiële banke in die landbou was. Volgens haar is die voortdurende onvoldoende finansiering deur private banke oninspirerend en 'n doelbewuste uitsluiting van die land se behoeftigste boere. Sy het by 'n vergadering…
26 Jun 7AM 1 min