#JouMenseMyMense saam met SPAR – Die Seeley-tweeling

--:--
Helga van Zyl en Tabitha Janse van Rensburg het ‘n epos aan GROOTfm 90.5 gestuur en ‘n storie vertel van ‘n gesin van vyf. Mamma Deolien, Pappa Kevin, boetie Keegan en sy tweeling sussies, Kaylea en Kaylyn. Hulle het ‘n groot storie, wat binnekort ‘n nog groter getuienis gaan wees. Onsekerheid heers, maar hulle geloof oorheers.

Op 1 Desember 2021 het die Seeley-gesin se lewe drasties verander. Kaylea, een van die tweeling het begin siek voel. Sy was moeg en het hoofpyn begin kry. Sy het laat middag saam met haar sussie en boetie geswem toe sy ‘n “aanval” kry in die swembad. Gelukkig het sy haar “life jacket” aangehad. Sy was lam, kon glad nie beweeg nie en haar regter been het styf getrek.

Mamma Deolien neem haar toe dadelik na ongevalle toe, waar sy opgeneem word. Die Pediater doen toetse, MRI en ‘n “Lumber Puncture”. Die MRI-verslag wys konvulsie, en dat die linkerkant van haar brein geswel is.

Na al die toetse kan die Pediaters nog steeds nie vasstel wat fout is met haar nie, alhoewel haar diagnose dui op ‘n Neurologiese immuunsiekte is (ADEM), “Optic Neoritis”.
Sy word tans behandel met onder andere sterk kortisoon. Haar lyfie en gemoed het drasties verander.

In Junie 2022 het Kaylyn die ander tweeling-sussie begin hoofpyn kry en bewe.
Die Neurologiese Pediater bevestig dat Kaylyn dieselfde simptone toon as Kaylea. Haar diagnose is gedeeltelik ook “Optic Neuritis”. Hulle beweer dis geneties.

Die tweeling se diagnose is steeds onbekend, en blyk dit neurologies van aard is. Die toestand val hulle ogies aan, en kan die tweeling blind word indien daar nie spoedig ‘n diagnose gemaak word nie.

GROOTfm 90.5 het gaan kuier…
21 Sep 2022 Afrikaans South Africa Technology · TV & Film

Other recent episodes

JMMM 21 SEP

Die omvang van die nood laat mens soms oorweldig, verlam en selfs effens lomp voel. Net omdat ons nie alles vir almal kan wees en doen nie, beteken nie ons moet ons gewone menslike omgee verloor wat fokus op dit wat ons wel vir mekaar kan doen nie. GROOTfm 90.5…
2 Oct 2023 5 min

#JouMenseMyMense saam met SPAR – Dié hoop beskaam nie…

Madelein Bonthuys het vir ons ‘n epos gestuur rakende ‘n vriendin wat deur groot trauma is verlede jaar, net voor Kersfees. Wanda, haar seun en dogter, het hulle geliefde pappa en man aan die dood afgestaan. Die proses was geweldig traumaties, en, alhoewel hy ‘n diabeet was wat uitdagings met…
22 Nov 2022 9 min

#JouMenseMyMense saam met SPAR – ‘n “Attitude of Gratitude”

Dis hoe Lalie Reyneke elke oggend wakkerword… Lalie Reyneke is ‘n buitengewone mens. Ondanks groot trauma wat sy die afgelope jaar beleef het, en nog steeds doen, is sy ‘n sprankel, ‘n inspirasie en ‘n onblusbare vlam! Sy sê die volgende: “Ek is meestal positief, maar glo my... ek huil…
16 Nov 2022 14 min

#JouMenseMyMense saam met SPAR – Moedeloos, maar nie hoop(e)loos nie!

Terwyl ons gesels met ‘n mamma en vrou wat tans baie swaar dra, omsien na vyf familie-lede en opofferings ten koste van haarself maak, sit ‘n pappa en huil, ‘n skoonma wat ondersteun, haar eie ma wat bedlêend is as gevolg van dementia en diabetes, en ‘n 12-jarige wat vir…
9 Nov 2022 9 min

#JouMenseMyMense saam met SPAR – Morelife

Hoeveel van ons het nie al immigreer of dit oorweeg nie? Vir die vooruitsig van ‘n ‘beter lewe’ nie? Dis presies wat Morelife gedoen het toe hy vroeër vanjaar sy vrou en dogter in Zimbabwe agtergelaat het vir ‘n beter toekoms, nie vir hom nie, maar vir sy vrou en…
1 Nov 2022 11 min