#JouMenseMyMense saam met SPAR - Esegiël 37:5 (dorre doodsbeendere kry lewe)
--:--
Ons het ‘n epos ontvang van Ronel Booysen, names haar en haar man, Jan. Hierdie epos is belaai met bekommernisse en uitgemergelde ‘honger om hulp’ – letterlik en figuurlik. Ronel en haar man is beide werkloos, vir die afgelope jaar, nadat beide hulle hul werke gedurende die Covid-pandemie verloor het. Ronel noem dat sy fisies en psigies wegkwyn, en vertel hoe haar man elke aand vir haar bid terwyl hy haar ‘benerige liggaam’ vashou.
Jan stap elke dag ongeveer 40 km opsoek na werk, terwyl Ronel na hulle drie hondekinders omsien. Hulle is, buiten haar man van die afgelope 25 jaar, haar alles. Sy sê hoe sy eerder vir hulle sal kosgee, as vir haarself. Jan sit eers eenkant om Zander, hulle een hondekind rustig te hou. Hy vee kort-kort sy gesig af soos die trane by sy wange afrol terwyl ons eers met Ronel gesels. Hy is ook bitter moeg. Moeg gesukkel.
Toe ons klaar was met die onderhoud, het Ronel en Jan diep asemgehaal. Hulle smag in mismoed en swakheid – fisies en psigies – na ‘n deurbraak. Na ‘n vaste werk. Na die normale lewe wat hulle gelei het drie jaar gelede. Hulle wil planne maak, maar huidige omstandighede beperk hulle op hierdie stadium net te veel. Dit wat hulle kan doen, doen hulle. Jan se skoene is al deurgeloop. Elke oggend stap hy uit die kaal, leë ‘Wendy’-huis, opsoek na ‘n beter vooruitsig. Liewe Jan en Ronel, ons vra nie, ons verklaar. Ons verklaar dat Hy, wat die ‘waymaker’ is, sal sorg vir hierdie deurbraak en uitkoms en keerpunt waarvoor julle al so lank bid. Dat Sy bonatuurlike krag en ontferming julle leë huis en harte sal vul. Dankie dat julle vir mekaar lief is. Dankie dat julle dankbaar is. Dankie dat julle met so min, vir ons so baie leer! Ons is opgewonde om die gewaarwording van Sy beloftes vir julle te beleef. Dit eendag saam met julle te vier. En uiteindelik, daaroor kan getuig. Mag julle geestesoë helder bly, sodat julle sal aanhou sien wat julle het, en nie dit wat julle nie het nie. Julle is moeg gesukkel, ja, maar dankie dat julle nog nie moeg ge’glo’ is nie. Die storms sal stilword, in Jesus Naam.
Esegiël 37:5 So sê die Here my God vir hierdie bene: Ek gaan gees in julle laat kom sodat julle kan lewe.