#JouMenseMyMense saam met SPAR – Psalm 37:5

--:--
Chantelle Theunissen het ‘n ruk gelede ‘n epos aan ons gestuur en gevra vir hulp om uit
die gat te kom. Haar man is die enigste broodwinner, met ‘n salaris van R5 800 per
maand. Net hulle huur is R3 500 per maand. Chantelle het haar werk verloor tydens die
pandemie, en na vele probeerslae en die uitstuur van haar CV, het sy ‘n week gelede ‘n
werk in ‘n kroeg gekry – waarvoor sy R22 per uur betaal word.
Sy sê in haar brief, ‘die dag wat ek nie nodig het om te bekommer wat my kinders vanaand gaan eet nie, sal ek voel ek het gewen’.

Hulle gat het nog dieper geword…’n Week gelede, terwyl sy by die werk was, het haar man, Braam, selfdood gepleeg. Chantelle is in sak en as…Haar vooruitsig is dor, en sy weet nie hoe sy na haar drie kinders gaan omsien nie. Janike benodig dringend ‘n bril, Damon is ‘n woelige twee-jarige, en die een-jarige Emily het ‘n groot behoefte aan voedsame kos. Chantelle se grootste bekommernis is nie haar eie welstand nie, maar die van haar kinders.

Tans in hulle koskaste is twee uie, en mieliemeel. Die vier-jarige Janike se grootste behoefte is ‘koekies’! Terwyl Chantelle nog rou en wonder oor haar man se selfdood, probeer sy kop bo water hou, en vrede vind met dit wat gebeur het. Daar is nie geld vir ‘n roudiens nie, maar fokus sy nou op antwoorde wanneer haar kinders vra waar hulle pappa is.
31 Aug 2022 Afrikaans South Africa Technology · TV & Film

Other recent episodes

JMMM 21 SEP

Die omvang van die nood laat mens soms oorweldig, verlam en selfs effens lomp voel. Net omdat ons nie alles vir almal kan wees en doen nie, beteken nie ons moet ons gewone menslike omgee verloor wat fokus op dit wat ons wel vir mekaar kan doen nie. GROOTfm 90.5…
2 Oct 2023 5 min

#JouMenseMyMense saam met SPAR – Dié hoop beskaam nie…

Madelein Bonthuys het vir ons ‘n epos gestuur rakende ‘n vriendin wat deur groot trauma is verlede jaar, net voor Kersfees. Wanda, haar seun en dogter, het hulle geliefde pappa en man aan die dood afgestaan. Die proses was geweldig traumaties, en, alhoewel hy ‘n diabeet was wat uitdagings met…
22 Nov 2022 9 min

#JouMenseMyMense saam met SPAR – ‘n “Attitude of Gratitude”

Dis hoe Lalie Reyneke elke oggend wakkerword… Lalie Reyneke is ‘n buitengewone mens. Ondanks groot trauma wat sy die afgelope jaar beleef het, en nog steeds doen, is sy ‘n sprankel, ‘n inspirasie en ‘n onblusbare vlam! Sy sê die volgende: “Ek is meestal positief, maar glo my... ek huil…
16 Nov 2022 14 min

#JouMenseMyMense saam met SPAR – Moedeloos, maar nie hoop(e)loos nie!

Terwyl ons gesels met ‘n mamma en vrou wat tans baie swaar dra, omsien na vyf familie-lede en opofferings ten koste van haarself maak, sit ‘n pappa en huil, ‘n skoonma wat ondersteun, haar eie ma wat bedlêend is as gevolg van dementia en diabetes, en ‘n 12-jarige wat vir…
9 Nov 2022 9 min

#JouMenseMyMense saam met SPAR – Morelife

Hoeveel van ons het nie al immigreer of dit oorweeg nie? Vir die vooruitsig van ‘n ‘beter lewe’ nie? Dis presies wat Morelife gedoen het toe hy vroeër vanjaar sy vrou en dogter in Zimbabwe agtergelaat het vir ‘n beter toekoms, nie vir hom nie, maar vir sy vrou en…
1 Nov 2022 11 min