#JouMenseMyMense saam met SPAR – HO is huis toe!

--:--
Janie Denyssen het vir ons ‘n epos gestuur om haar vriendin en kollega, Marietjie van Wyk, met agterstallige skuld te help. Sy het haar oorlede broer se seun, HO, aangeneem en is hy vir die afgelope 10 jaar in haar en die Oord PV3 se sorg. By die Oord, saam met ander mense wat soos HO, met Down’s Sindroom gediagnoseer is, kan hy homself wees. Die oord, waarvoor Marietjie ontsaglik dankbaar is, kos maandeliks baie duur. Marietjie, wat ook intussen afgetree het, sukkel om dit te bekostig.

‘n Paar weke gelede het ons die nuus gehoor dat HO oorlede is. Nie net is Marietjie se hart aan’t skerwe as gevolg van hierdie verlies nie, maar hang die agterstallige skuld swaar oor haar kop. Sy probeer haar beste om by die betalings te bly, want soos sy sê, ‘doen sy dit vir die ander mense wat nog daar bly en ook die hulp nodig het’. Marietjie het intussen ‘n derde van haar pensioen onttrek om ‘n groot gedeelte van die agterstallige bedrag te delf. Sy skuld nog R60 000. GROOTfm 90.5 het gaan inloer om Marietjie te vertroos en haar storie te hoor…
23 Aug 2022 Afrikaans South Africa Technology · TV & Film

Other recent episodes

JMMM 21 SEP

Die omvang van die nood laat mens soms oorweldig, verlam en selfs effens lomp voel. Net omdat ons nie alles vir almal kan wees en doen nie, beteken nie ons moet ons gewone menslike omgee verloor wat fokus op dit wat ons wel vir mekaar kan doen nie. GROOTfm 90.5…
2 Oct 2023 5 min

#JouMenseMyMense saam met SPAR – Dié hoop beskaam nie…

Madelein Bonthuys het vir ons ‘n epos gestuur rakende ‘n vriendin wat deur groot trauma is verlede jaar, net voor Kersfees. Wanda, haar seun en dogter, het hulle geliefde pappa en man aan die dood afgestaan. Die proses was geweldig traumaties, en, alhoewel hy ‘n diabeet was wat uitdagings met…
22 Nov 2022 9 min

#JouMenseMyMense saam met SPAR – ‘n “Attitude of Gratitude”

Dis hoe Lalie Reyneke elke oggend wakkerword… Lalie Reyneke is ‘n buitengewone mens. Ondanks groot trauma wat sy die afgelope jaar beleef het, en nog steeds doen, is sy ‘n sprankel, ‘n inspirasie en ‘n onblusbare vlam! Sy sê die volgende: “Ek is meestal positief, maar glo my... ek huil…
16 Nov 2022 14 min

#JouMenseMyMense saam met SPAR – Moedeloos, maar nie hoop(e)loos nie!

Terwyl ons gesels met ‘n mamma en vrou wat tans baie swaar dra, omsien na vyf familie-lede en opofferings ten koste van haarself maak, sit ‘n pappa en huil, ‘n skoonma wat ondersteun, haar eie ma wat bedlêend is as gevolg van dementia en diabetes, en ‘n 12-jarige wat vir…
9 Nov 2022 9 min

#JouMenseMyMense saam met SPAR – Morelife

Hoeveel van ons het nie al immigreer of dit oorweeg nie? Vir die vooruitsig van ‘n ‘beter lewe’ nie? Dis presies wat Morelife gedoen het toe hy vroeër vanjaar sy vrou en dogter in Zimbabwe agtergelaat het vir ‘n beter toekoms, nie vir hom nie, maar vir sy vrou en…
1 Nov 2022 11 min