#JouMenseMyMense saam met SPAR – Sagmoedige Ann

--:--
Ons het ‘n epos ontvang wat lees: “Ek het net weereens die naweek besef hoe bevoorreg ons is. My seuntjie se maatjie, Llewelyn, het die naweek by hom kom speel. Dit was die maatjie se eerste keer wat hy genooi was om by iemand te kom speel en die seuntjie en sy gesin het in my hart in geklim. Mamma noem dat maatjies hom nie nooi nie omrede hy 'n spraak agterstand het en die maatjies hom nie verstaan nie. Sy mamma, Ann, is moedeloos en het nie die nodige finansies vir 'n konsultasie by 'n opvoedkundige sielkundige om te bepaal of hy medikasie nodig het of wat hy nodig het om sy skooljaar te kan voltooi nie. Haar bekommernisse rakende ‘n spesiale skool vir Llewelyn raak ook meer aangesien hierdie skole in die algemeen min tot geen subsidie bied.” GROOTfm 90.5 het gaan kuier…
Llewelyn se pappa, Pieter, was 'n paar jaar terug in motorfiets-ongeluk waartydens 'n gedeelte van sy linkerkant verlam gelaat is. Hy is ook tydens die inperking ontslaan van die werk. Hy het in tussen werk gekry in Midrand, maar toe ry 'n dame in hom vas en omrede hulle alreeds met finansiële uitdagings gelaat is het hulle nie versekering nie en dus word hul enigste kar afgeskryf. Die kar staan tans in hulle erf en leen hul 'n familielid se kar.
Mamma Ann probeer sover moontlik proaktief wees om vir haar gesin te sorg en aan hulle behoeftes te voorsien. Sy is dankbaar vir haar werk, waar sy kort-kort moet geld leen om kop bo water te hou.
15 Aug 2022 Afrikaans South Africa Technology · TV & Film

Other recent episodes

JMMM 21 SEP

Die omvang van die nood laat mens soms oorweldig, verlam en selfs effens lomp voel. Net omdat ons nie alles vir almal kan wees en doen nie, beteken nie ons moet ons gewone menslike omgee verloor wat fokus op dit wat ons wel vir mekaar kan doen nie. GROOTfm 90.5…
2 Oct 2023 5 min

#JouMenseMyMense saam met SPAR – Dié hoop beskaam nie…

Madelein Bonthuys het vir ons ‘n epos gestuur rakende ‘n vriendin wat deur groot trauma is verlede jaar, net voor Kersfees. Wanda, haar seun en dogter, het hulle geliefde pappa en man aan die dood afgestaan. Die proses was geweldig traumaties, en, alhoewel hy ‘n diabeet was wat uitdagings met…
22 Nov 2022 9 min

#JouMenseMyMense saam met SPAR – ‘n “Attitude of Gratitude”

Dis hoe Lalie Reyneke elke oggend wakkerword… Lalie Reyneke is ‘n buitengewone mens. Ondanks groot trauma wat sy die afgelope jaar beleef het, en nog steeds doen, is sy ‘n sprankel, ‘n inspirasie en ‘n onblusbare vlam! Sy sê die volgende: “Ek is meestal positief, maar glo my... ek huil…
16 Nov 2022 14 min

#JouMenseMyMense saam met SPAR – Moedeloos, maar nie hoop(e)loos nie!

Terwyl ons gesels met ‘n mamma en vrou wat tans baie swaar dra, omsien na vyf familie-lede en opofferings ten koste van haarself maak, sit ‘n pappa en huil, ‘n skoonma wat ondersteun, haar eie ma wat bedlêend is as gevolg van dementia en diabetes, en ‘n 12-jarige wat vir…
9 Nov 2022 9 min

#JouMenseMyMense saam met SPAR – Morelife

Hoeveel van ons het nie al immigreer of dit oorweeg nie? Vir die vooruitsig van ‘n ‘beter lewe’ nie? Dis presies wat Morelife gedoen het toe hy vroeër vanjaar sy vrou en dogter in Zimbabwe agtergelaat het vir ‘n beter toekoms, nie vir hom nie, maar vir sy vrou en…
1 Nov 2022 11 min