#JouMenseMyMense saam met SPAR – Wanneer hoop die eintlike pasaangeër is

--:--
Thea Schroder is ‘n enkelmamma en het die rol as weduwee in 2009 begin speel nadat haar man aan kanker oorlede is. Haar dogter, Demi, was drie-jaar oud. Haar grootste uitdaging tans is finansieel, met die dat sy van twee na een inkomste per maand moet oorleef. Buiten die groot hartseer waarmee sy en haar dogter gekonfronteer is, het Demi op die ouderdom van 10 ‘n blaasprobleem ontwikkel. Haar blaas lek heeltyd, en die diagnose word ‘n "overactive bladder" genoem. Dit gebeur wanneer die senuwee van die blaas beheer het op die saamtrek-reaksie nie. Demi moes elke dag, 24 uur, 7dae week 'n “pantyliner” gedra het. As sy te lank gewag het om die “pantyliner” te verander , soos as sy in die skool is, het die urine haar gebrand.
Thea en Demi het ‘n uroloog gaan sien en medikasie probeer. Nadat dit nie suksesvol was nie, is die opsie van ‘n operasie aan hulle voorglê. Die operasie behels ‘n 2-fase-proses om ‘n pasaangeër in te plant om die sametrekking van die senuwee basies oor te neem. Fase-1 is gedoen in Januarie vanjaar, en Fase-2 in Februarie. Dit was ‘n sukses. Demi se blaas lek glad nie meer nie, en kan sy vir die eerste keer in ses jaar ‘n normale lewe lei.
Die groot bekommernis nou, is dat Thea se mediese fonds nie die tweede fase van die operasie dek nie. Die totale koste van die pasaangeër beloop R70 000. Thea en Demi het toe ‘n markdag gehou, looitjies verkoop van ‘n geborgde skaap, en artikels in die plaaslike koerant geplaas met hul pleidooi. Familie en vriende het skenkings gemaak, en Demi het van haar kunswerke verkoop om hierdie bedrag in te samel. Met laasgenoemde, kon hulle sowat R38 000 insamel.
3 May 2022 Afrikaans South Africa Technology · TV & Film

Other recent episodes

JMMM 21 SEP

Die omvang van die nood laat mens soms oorweldig, verlam en selfs effens lomp voel. Net omdat ons nie alles vir almal kan wees en doen nie, beteken nie ons moet ons gewone menslike omgee verloor wat fokus op dit wat ons wel vir mekaar kan doen nie. GROOTfm 90.5…
2 Oct 2023 5 min

#JouMenseMyMense saam met SPAR – Dié hoop beskaam nie…

Madelein Bonthuys het vir ons ‘n epos gestuur rakende ‘n vriendin wat deur groot trauma is verlede jaar, net voor Kersfees. Wanda, haar seun en dogter, het hulle geliefde pappa en man aan die dood afgestaan. Die proses was geweldig traumaties, en, alhoewel hy ‘n diabeet was wat uitdagings met…
22 Nov 2022 9 min

#JouMenseMyMense saam met SPAR – ‘n “Attitude of Gratitude”

Dis hoe Lalie Reyneke elke oggend wakkerword… Lalie Reyneke is ‘n buitengewone mens. Ondanks groot trauma wat sy die afgelope jaar beleef het, en nog steeds doen, is sy ‘n sprankel, ‘n inspirasie en ‘n onblusbare vlam! Sy sê die volgende: “Ek is meestal positief, maar glo my... ek huil…
16 Nov 2022 14 min

#JouMenseMyMense saam met SPAR – Moedeloos, maar nie hoop(e)loos nie!

Terwyl ons gesels met ‘n mamma en vrou wat tans baie swaar dra, omsien na vyf familie-lede en opofferings ten koste van haarself maak, sit ‘n pappa en huil, ‘n skoonma wat ondersteun, haar eie ma wat bedlêend is as gevolg van dementia en diabetes, en ‘n 12-jarige wat vir…
9 Nov 2022 9 min

#JouMenseMyMense saam met SPAR – Morelife

Hoeveel van ons het nie al immigreer of dit oorweeg nie? Vir die vooruitsig van ‘n ‘beter lewe’ nie? Dis presies wat Morelife gedoen het toe hy vroeër vanjaar sy vrou en dogter in Zimbabwe agtergelaat het vir ‘n beter toekoms, nie vir hom nie, maar vir sy vrou en…
1 Nov 2022 11 min