#JouMenseMyMense saam met SPAR – Brandon kan weer beweeg

--:--
Careson Angel, ‘n liefdadigheidsorganisasie, het vir ons ‘n epos gestuur na aanleiding van ‘n hulpkreet van Mamma Rina, namens haar seun Brandon. Brandon het op 15 sy stykie gebreek toe hy van ‘n stel trappe afgeval het. Hierdie besering het gelei tot kroniese pyn, dat sy bene misvormd ontwikkel het as gevolg oor-kompensasie, en hy sal ook spontaan sy balans verloor en val. Hy is nou 33 jaar oud, ‘n man vir ‘n pragtige vrou en die pappa van ‘n besonderse mooi seuntjie, Liam. As man en pappa, kan hy nie tans fisiese werk doen nie, al is hy bereid. Dit beteken dat hy nie ‘n inkomste kan verdien om sy gesin na sy wense te ondersteun nie. Brandon kry ‘n skamele inkomste van SASSA, en word ondersteun deur sy ma, Rina, en skenkings met behulp van Careson Angel.

Brandon voel op hierdie stadium soos ‘n mislukking, ten spyte van die oorvloed liefde wat hy vir sy gesin gee – al wat hy op hierdie stadium kan bied. Brandon, ons verklaar dat julle omstandighede binnekort radikaal sal verander. Dat jy die vrugte sal pluk van jou sterk wilskrag en geloof, en positiewe ‘can do’-gesindheid! Al sit jy, sal Liam, jou kosbare seuntjie, na jou toe opkyk, juis oor hierdie.
23 Mar 2022 Afrikaans South Africa Technology · TV & Film

Other recent episodes

JMMM 21 SEP

Die omvang van die nood laat mens soms oorweldig, verlam en selfs effens lomp voel. Net omdat ons nie alles vir almal kan wees en doen nie, beteken nie ons moet ons gewone menslike omgee verloor wat fokus op dit wat ons wel vir mekaar kan doen nie. GROOTfm 90.5…
2 Oct 2023 5 min

#JouMenseMyMense saam met SPAR – Dié hoop beskaam nie…

Madelein Bonthuys het vir ons ‘n epos gestuur rakende ‘n vriendin wat deur groot trauma is verlede jaar, net voor Kersfees. Wanda, haar seun en dogter, het hulle geliefde pappa en man aan die dood afgestaan. Die proses was geweldig traumaties, en, alhoewel hy ‘n diabeet was wat uitdagings met…
22 Nov 2022 9 min

#JouMenseMyMense saam met SPAR – ‘n “Attitude of Gratitude”

Dis hoe Lalie Reyneke elke oggend wakkerword… Lalie Reyneke is ‘n buitengewone mens. Ondanks groot trauma wat sy die afgelope jaar beleef het, en nog steeds doen, is sy ‘n sprankel, ‘n inspirasie en ‘n onblusbare vlam! Sy sê die volgende: “Ek is meestal positief, maar glo my... ek huil…
16 Nov 2022 14 min

#JouMenseMyMense saam met SPAR – Moedeloos, maar nie hoop(e)loos nie!

Terwyl ons gesels met ‘n mamma en vrou wat tans baie swaar dra, omsien na vyf familie-lede en opofferings ten koste van haarself maak, sit ‘n pappa en huil, ‘n skoonma wat ondersteun, haar eie ma wat bedlêend is as gevolg van dementia en diabetes, en ‘n 12-jarige wat vir…
9 Nov 2022 9 min

#JouMenseMyMense saam met SPAR – Morelife

Hoeveel van ons het nie al immigreer of dit oorweeg nie? Vir die vooruitsig van ‘n ‘beter lewe’ nie? Dis presies wat Morelife gedoen het toe hy vroeër vanjaar sy vrou en dogter in Zimbabwe agtergelaat het vir ‘n beter toekoms, nie vir hom nie, maar vir sy vrou en…
1 Nov 2022 11 min