Jou Mense My Mense -Big Box, GROOT harte!

--:--
BigBox Containers se Direkteure, Willie Ward en Willie Mouton, het ‘n rukkie gelede met GROOTfm 90.5 kontak gemaak met ‘n GROOT idee. Hulle wil 10 splinternuwe, blink rolstoele weggee!
Die span van GROOTfm 90.5 het voorgestel ons help Uncle Ben’s Den – ‘n tehuis in Daspoort, Pretoria. Uncle Ben’s Den sien tans om na 143 mense – van bejaardes tot gestremdes (psigies en fisies). Alhoewel sommige inwoners met ‘n klein SASSA-inkomste kan betaal vir die verblyf en hulle drie etes per dag, is daar heelwat wat glad nie ‘n inkomste verdien nie, en gevolglik nie ‘n bydrae kan lewer tot Uncle Ben’s Den se maandelikse uitgawes en onmiddellike behoeftes nie.
Buiten hulle maand-tot-maand behoeftes soos kruideniers- en toiletware, en vars kos, kan mens goed glo dat Uncle Ben’s Den se maandelikse water- en ligte-rekening ook oorweldigend is, siende dat 143 mense hier woon. Die rekening wat tans op grond van ‘n reëling met die Tshwane Munisipaliteit afbetaal word, staan ver oor R100 000.
Juis hieroor, met geen ekstra geld om aan iets buiten kos en krag, of rolstoele te spandeer nie, was Ronel van Dyk, bestuurder van Uncle Ben’s Den, oorstelp met die skenking.
Dié skenking, oorspronklik inisieër deur BigBox Containers, het ‘n rippel-effek veroorsaak met nog twee rolspelers – Ruan Olivier van Ecomed en Nicholas Harris van Café Kreme koffieboon produseerders – wat graag ook ‘n bydrae wou lewer ten bate van Uncle Ben’s Den.
Op Woensdagmiddag, het GROOTfm 90.5 die span van Uncle Ben’s Den uitgenooi na hulle ateljee toe…en toe kon ons hulle verras, met nie net die rolstoelskenking, die 450 rolle toiletpapier van Superspar Moreleta nie, maar ook ‘n R10 000 skenking van Café Kreme. Dit was nie al nie…Ecomed het ingeskakel en R100 000 geskenk ten bate van Uncle Ben’s Den se elektrisiteitsrekening.
Dis hoe die Here sorg en voorsien. Nooit ‘net-net’ nie, maar in OORVLOED!
‘n GROOT dankie aan BigBox Containers, Superspar Moreleta, Café Kreme en Ecomed!
9 Dec 2021 Afrikaans South Africa Technology · TV & Film

Other recent episodes

JMMM 21 SEP

Die omvang van die nood laat mens soms oorweldig, verlam en selfs effens lomp voel. Net omdat ons nie alles vir almal kan wees en doen nie, beteken nie ons moet ons gewone menslike omgee verloor wat fokus op dit wat ons wel vir mekaar kan doen nie. GROOTfm 90.5…
2 Oct 2023 5 min

#JouMenseMyMense saam met SPAR – Dié hoop beskaam nie…

Madelein Bonthuys het vir ons ‘n epos gestuur rakende ‘n vriendin wat deur groot trauma is verlede jaar, net voor Kersfees. Wanda, haar seun en dogter, het hulle geliefde pappa en man aan die dood afgestaan. Die proses was geweldig traumaties, en, alhoewel hy ‘n diabeet was wat uitdagings met…
22 Nov 2022 9 min

#JouMenseMyMense saam met SPAR – ‘n “Attitude of Gratitude”

Dis hoe Lalie Reyneke elke oggend wakkerword… Lalie Reyneke is ‘n buitengewone mens. Ondanks groot trauma wat sy die afgelope jaar beleef het, en nog steeds doen, is sy ‘n sprankel, ‘n inspirasie en ‘n onblusbare vlam! Sy sê die volgende: “Ek is meestal positief, maar glo my... ek huil…
16 Nov 2022 14 min

#JouMenseMyMense saam met SPAR – Moedeloos, maar nie hoop(e)loos nie!

Terwyl ons gesels met ‘n mamma en vrou wat tans baie swaar dra, omsien na vyf familie-lede en opofferings ten koste van haarself maak, sit ‘n pappa en huil, ‘n skoonma wat ondersteun, haar eie ma wat bedlêend is as gevolg van dementia en diabetes, en ‘n 12-jarige wat vir…
9 Nov 2022 9 min

#JouMenseMyMense saam met SPAR – Morelife

Hoeveel van ons het nie al immigreer of dit oorweeg nie? Vir die vooruitsig van ‘n ‘beter lewe’ nie? Dis presies wat Morelife gedoen het toe hy vroeër vanjaar sy vrou en dogter in Zimbabwe agtergelaat het vir ‘n beter toekoms, nie vir hom nie, maar vir sy vrou en…
1 Nov 2022 11 min