JMMM 21 JULIE

--:--
Na die afgelope week se vlamme en afbreek is ons daaraan herinner dat ons lewens en ons besittings hiermee saam so verganklik is. Daar was gebreek en gebrand, maar, daar was ook gebou!
GROOTfm 90.5 het besoek afgelê by twee gemeenskap-radiostasies wat ook slagoffers van die onluste was – Alex FM 89.1 (geleë in Alexandra) en Mams Radio 92.9 (geleë in Mamelodi). Die twee radiostasies het geweldige skade gelei toe ‘looters’ in hulle onderskeie studio’s ingevaar het en toerusting tot die waarde van honderde duisende rande beskadig en gesteel het.
GROOTfm 90.5 weet wat die omvang van die uitgawes vir die bou van ‘n studio en ateljee is, en het daarom duidelike oortuiging gehad om ‘n bydrae te lewer.
Ons span was magtig om aan Alex FM 89.1 se stasiebestuurder, Takalani Nemangawe,‘n bedrag van R10 000 te skenk, en aan Sam Mfaladi van Mams Radio, ‘n bedrag van R40 000. Baie sterkte met die opbou-proses, van julle studio, ateljee, maar veral julle span!
Ja, dis maklik om te sê, ‘ek gaan nie bou nie, want ek het nie gebreek nie’…maar ek en jy het ‘n verantwoordelikheid teenoor ons naaste, maar bo alles teenoor ons Vader en Koning. Die vraag moet wees, nie ‘of’ ek gaan help nie, maar ‘hoe’. Watter een kies jy? Die breek, of die bou?
Soos Fred Rogers gesê het: ‘When I was a boy and I would see scary things in the news, my mother would say to me; Look for the helpers. You will always find people who help.’
21 Jul 2021 Afrikaans South Africa Technology · TV & Film

Other recent episodes

JMMM 21 SEP

Die omvang van die nood laat mens soms oorweldig, verlam en selfs effens lomp voel. Net omdat ons nie alles vir almal kan wees en doen nie, beteken nie ons moet ons gewone menslike omgee verloor wat fokus op dit wat ons wel vir mekaar kan doen nie. GROOTfm 90.5…
2 Oct 2023 5 min

#JouMenseMyMense saam met SPAR – Dié hoop beskaam nie…

Madelein Bonthuys het vir ons ‘n epos gestuur rakende ‘n vriendin wat deur groot trauma is verlede jaar, net voor Kersfees. Wanda, haar seun en dogter, het hulle geliefde pappa en man aan die dood afgestaan. Die proses was geweldig traumaties, en, alhoewel hy ‘n diabeet was wat uitdagings met…
22 Nov 2022 9 min

#JouMenseMyMense saam met SPAR – ‘n “Attitude of Gratitude”

Dis hoe Lalie Reyneke elke oggend wakkerword… Lalie Reyneke is ‘n buitengewone mens. Ondanks groot trauma wat sy die afgelope jaar beleef het, en nog steeds doen, is sy ‘n sprankel, ‘n inspirasie en ‘n onblusbare vlam! Sy sê die volgende: “Ek is meestal positief, maar glo my... ek huil…
16 Nov 2022 14 min

#JouMenseMyMense saam met SPAR – Moedeloos, maar nie hoop(e)loos nie!

Terwyl ons gesels met ‘n mamma en vrou wat tans baie swaar dra, omsien na vyf familie-lede en opofferings ten koste van haarself maak, sit ‘n pappa en huil, ‘n skoonma wat ondersteun, haar eie ma wat bedlêend is as gevolg van dementia en diabetes, en ‘n 12-jarige wat vir…
9 Nov 2022 9 min

#JouMenseMyMense saam met SPAR – Morelife

Hoeveel van ons het nie al immigreer of dit oorweeg nie? Vir die vooruitsig van ‘n ‘beter lewe’ nie? Dis presies wat Morelife gedoen het toe hy vroeër vanjaar sy vrou en dogter in Zimbabwe agtergelaat het vir ‘n beter toekoms, nie vir hom nie, maar vir sy vrou en…
1 Nov 2022 11 min