Jou Mense My Mense - Baba Nico

--:--
Op 9 Februarie 2021 is Nico van der Walt, die jongste van drie, gebore. Nadat sy ouers Leanie en NW getrou hul doktersafsprake nagekom het, het hulle verwag dat Nico se geboorte sonder enige komplikasies sal geskied. Natuurlik, dat Nico ook die gesonde baba sal wees soos voorspel deur die vooraf-bepalende toetse.
Terwyl Leani alleen in haar hospitaalkamer lê nadat sy geboorte gegee het (na aanleiding van strenger besoektye en -reëls), het die dokter vir haar kom sê haar pasgebore wonderwerk het Down’s sindroom.

Met Nico se geboorte is sy kop effens vervorm aan die een kant, wat veroorsaak dat sy kop assimmetries is. Hierdie het tot verdere gevolg dat sy kakebeen kan skeefgroei en sy hele gesig oneweredig sal ontwikkel – wat sy een oor en neus insluit.

Mamma Leanie en Pappa NW het navorsing gedoen oor wat hulle kan doen om hierdie abnormale ontwikkeling en groei van sy kop en gesig te kan verhoed. Hulle het by ‘n ortotis in Johannesburg uitgekom – die enigste dokter wat hierin spesialiseer – en die uiteinde was die aankoop van ‘n spesiale ‘hoed’ (in Engels bekend as ‘n ‘star band’) wat gaan help dat sy kop normaal sal ontwikkel en groei. Hierdie ‘hoed’, wat ook sy breinontwikkeling sal bevorder en die simmetrie van sy gesig herstel, word in Amerika vervaardig en kos R40 000.

GROOTfm 90.5, SPAR en We Buy Cars het die Van Der Walt-gesin gaan verras met goeienuus.
13 Jul 2021 Afrikaans South Africa Technology · TV & Film

Other recent episodes

JMMM 21 SEP

Die omvang van die nood laat mens soms oorweldig, verlam en selfs effens lomp voel. Net omdat ons nie alles vir almal kan wees en doen nie, beteken nie ons moet ons gewone menslike omgee verloor wat fokus op dit wat ons wel vir mekaar kan doen nie. GROOTfm 90.5…
2 Oct 2023 5 min

#JouMenseMyMense saam met SPAR – Dié hoop beskaam nie…

Madelein Bonthuys het vir ons ‘n epos gestuur rakende ‘n vriendin wat deur groot trauma is verlede jaar, net voor Kersfees. Wanda, haar seun en dogter, het hulle geliefde pappa en man aan die dood afgestaan. Die proses was geweldig traumaties, en, alhoewel hy ‘n diabeet was wat uitdagings met…
22 Nov 2022 9 min

#JouMenseMyMense saam met SPAR – ‘n “Attitude of Gratitude”

Dis hoe Lalie Reyneke elke oggend wakkerword… Lalie Reyneke is ‘n buitengewone mens. Ondanks groot trauma wat sy die afgelope jaar beleef het, en nog steeds doen, is sy ‘n sprankel, ‘n inspirasie en ‘n onblusbare vlam! Sy sê die volgende: “Ek is meestal positief, maar glo my... ek huil…
16 Nov 2022 14 min

#JouMenseMyMense saam met SPAR – Moedeloos, maar nie hoop(e)loos nie!

Terwyl ons gesels met ‘n mamma en vrou wat tans baie swaar dra, omsien na vyf familie-lede en opofferings ten koste van haarself maak, sit ‘n pappa en huil, ‘n skoonma wat ondersteun, haar eie ma wat bedlêend is as gevolg van dementia en diabetes, en ‘n 12-jarige wat vir…
9 Nov 2022 9 min

#JouMenseMyMense saam met SPAR – Morelife

Hoeveel van ons het nie al immigreer of dit oorweeg nie? Vir die vooruitsig van ‘n ‘beter lewe’ nie? Dis presies wat Morelife gedoen het toe hy vroeër vanjaar sy vrou en dogter in Zimbabwe agtergelaat het vir ‘n beter toekoms, nie vir hom nie, maar vir sy vrou en…
1 Nov 2022 11 min