#JouMenseMyMense 9 Junie 2021

--:--
Centurion Hospice het op Werkersdag vir die 36-jarige Larami Meyer van Pretoria, wat met ‘n rare maag-karnisoom kanker gediagnoseer is, ‘n droomtroue gehou.
Otto Meyer, (38) en Larami het as tieners aan die Kwaggasrand Skool in Pretoria-Wes op mekaar verlief geraak. “Ek was dertien jaar oud toe Otto my gesoen het. Dit was ook my heel eerste soen – en nou moontlik ook my laaste soen,” het Larami gesê. Larami het in Graad 10 na ‘n ander provinsie verhuis en hulle liefde moes oor gesteelde telefoonomblikke en briewe gedy. Larami is later getroud en Otto kan nooit weer die liefde van sy lewe opspoor nie. Maar hulle liefde het sowat twee jaar gelede weer op Facebook begin blom.

Kort nadat hulle saam ingetrek het, het Larami siek geword. Na agtien operasies waartydens haar baarmoeder en eierstokke verwyder is, het die dokters eers verlede Desember vasgestel dat sy kanker het.

Otto het, kort na dié diagnose, haar gevra om met hom te trou.
Larami en Otto het nie op ‘n wittebrood gegaan nie, want sy het twee dae na die troue weer met behandeling begin. “My grootste droom voordat ek dood gaan is om op Tafelberg te staan. Ons was ook nog nooit in die stad Kaapstad nie.”
GROOTfm 90.5 het met behulp van luisteraars-donasies, Nerina Smith se gratis verblyf by Smithland Guest Apartments en Pentravel wat ‘n reis-pakket saamgestel het, vir Larami en Otto met ‘n wittebrood in die mooie Kaap verras.
7 Jun 2021 Afrikaans South Africa Technology · TV & Film

Other recent episodes

JMMM 21 SEP

Die omvang van die nood laat mens soms oorweldig, verlam en selfs effens lomp voel. Net omdat ons nie alles vir almal kan wees en doen nie, beteken nie ons moet ons gewone menslike omgee verloor wat fokus op dit wat ons wel vir mekaar kan doen nie. GROOTfm 90.5…
2 Oct 2023 5 min

#JouMenseMyMense saam met SPAR – Dié hoop beskaam nie…

Madelein Bonthuys het vir ons ‘n epos gestuur rakende ‘n vriendin wat deur groot trauma is verlede jaar, net voor Kersfees. Wanda, haar seun en dogter, het hulle geliefde pappa en man aan die dood afgestaan. Die proses was geweldig traumaties, en, alhoewel hy ‘n diabeet was wat uitdagings met…
22 Nov 2022 9 min

#JouMenseMyMense saam met SPAR – ‘n “Attitude of Gratitude”

Dis hoe Lalie Reyneke elke oggend wakkerword… Lalie Reyneke is ‘n buitengewone mens. Ondanks groot trauma wat sy die afgelope jaar beleef het, en nog steeds doen, is sy ‘n sprankel, ‘n inspirasie en ‘n onblusbare vlam! Sy sê die volgende: “Ek is meestal positief, maar glo my... ek huil…
16 Nov 2022 14 min

#JouMenseMyMense saam met SPAR – Moedeloos, maar nie hoop(e)loos nie!

Terwyl ons gesels met ‘n mamma en vrou wat tans baie swaar dra, omsien na vyf familie-lede en opofferings ten koste van haarself maak, sit ‘n pappa en huil, ‘n skoonma wat ondersteun, haar eie ma wat bedlêend is as gevolg van dementia en diabetes, en ‘n 12-jarige wat vir…
9 Nov 2022 9 min

#JouMenseMyMense saam met SPAR – Morelife

Hoeveel van ons het nie al immigreer of dit oorweeg nie? Vir die vooruitsig van ‘n ‘beter lewe’ nie? Dis presies wat Morelife gedoen het toe hy vroeër vanjaar sy vrou en dogter in Zimbabwe agtergelaat het vir ‘n beter toekoms, nie vir hom nie, maar vir sy vrou en…
1 Nov 2022 11 min