GROOTfm 90.5 Ontbyt met Doepie en Nina

Ontbyt met Doepie en Nina

Doepie en Nina is vir die afgelope 5 jaar ‘n span op lug en is bitter opgewonde om hulle tande te slyp in Ontbyt-radio.
Doepie en Nina se sterk… (en minder sterk) punte, vul mekaar aan en hulle verskillende belangstellings maak dat hulle enige onderwerp kan aanpak van geloof tot stories oor menslike belange, finansies, politiek tot plaaslike en internasionale sterre. Hul passie vir radio en hul luisteraars is wat hulle dryf om interessante inhoud te skep en dag na dag luisteraars met relevante nuus en inhoud ingelig te hou en ook ‘n stem te gee aan die wat stemloos is.
Elke oggend saam met Doepie en Nina is energiek, opwindend, insiggewend en ‘n emotional rollercoaster, want hulle lag soms tot hulle huil, of vertel ander se stories met ‘n traan…
Vergeet wat jy weet van tradisionele oggend radio en maak reg vir ONTBYT saam met Doepie en Nina.

Nina is avontuurlustig, mal daaroor om die wêreld vol te reis en is passievol oor haar familie en vriende. Sy bring die meeste hart saam na elke uur op lug. Vir stories en geselskap wat maak dat jy uit jou maag wil lag, spandeer jou middae saam Nina op die #GROOTtrek.
Weekly Afrikaans South Africa News
622 Episodes
520 – 540

#JouGrootKuier - Juan Boucher

Die man agter die musiek, Juan Boucher, kuier saam op die King Price rooi stoel die week. Hy maak vir ons lekker akoestiese musiek, en ons vind meer uit oor die man agter die diep lirieke.
6 May 2022 33 min

#DieGrootTrek - Karyn Maughan se boek Nuclear

Daar is so baie goed wat die publiek nie weet nie rakende die Kernkrag verskaffing wat oud President Zuma met die Russe aangegaan het. In hierdie amazing boek "Nuclear" lê Karyn Maughan al die feite uit wat verkry is deur minute van Eskom meetings, Whistle blowers en baie ander navorsing.
5 May 2022 35 min

#DieGrootTrek - Melinda Bam

Voormalige Mej. Suid Afrika Melinda Bam kuier saam Doepie en Nina in die bbomhuis en gesels bietjie oor haar nuutste passie, Kuns!
3 May 2022 30 min

#JouGrootKuier - Herman Kleinhans

Die man met die baard en onmisbare stem Herman Kleinhans kuier vandag op die King Price rooi stoel vir die week se Jou Groot Kuier!
29 Apr 2022 28 min

#GrootGeld met Thys van Everest Wealth (April)

Thys van Everest Wealth kuier weer op die Groot Trek om te gesels oor die beste belegging vir jou eerste probeerslag, asook al die geld nuus wat plaas gevind het in April.
28 Apr 2022 30 min

#DieGrootTrek - Bottomless Coffee Band

Die Kaapse groep, Bottomless Coffee Band, kom maak weer n draai in die ateljee na 'n lang wag en vertel ons ook bietjie meer van hulle nuwe musiek en videos.
28 Apr 2022 18 min

#JouGrootKuier - Posduif

Die manne van Posduif kuier die week saam Nina op die Rooi Stoel vir Jou Groot Kuier. Hulle doen 'n paar lekker akoestiese nommertjies en vertel ook meer van waar hulle vandaan kom en hoe dit is om deel te wees van n groep wat half afrikaans en half engels…
22 Apr 2022 24 min

#DieGrootTrek - Vanes-Mari Du Toit

Protea netbal speler en vermaaklikheids aanbieder Vanes-Mari Du Toit kuier saam Doep & Niens en gesels bietjie oor haar loopbaan. Ook oor Suid Afrikaans netbal en die hoogtes wat hulle bereik het en wat volgende in die pyplyn is vir haar in terme van nuwe programme waarna ons kan uitsien!
19 Apr 2022 31 min

#DieGrootTrek - Mayor of Tshwane Randall Williams

Die Burgermeester van Tshwane, Randall Williams, kom kuier op die Groot Trek om bietjie meer lig te skyn op die grootste probleme wat die stad sukkel. Ons vra hom ook n paar dienslewering vrae en Doepie en Nina kry die Burgermeester om saam hulle 'n boom te kom plant.
12 Apr 2022 37 min

#DieGrootTrek - 'n Dag in die lewe van - BALJU/Sheriff

Ian Burton is 'n sheriff in Johannesburg en vertel ons wat regtig aan gaan agter die skerms en hoe sy dae verloop. Hy sien mense op hulle laagste tye in hul lewens en soms is dit moeilik vir hom om sy werk uit te voer maar hy deel sy storie…
11 Apr 2022 30 min

#JouGrootKuier - Riana Nel

Die super talentvolle Riana Nel kuier by ons in die ateljee en doen iets baie spesiaal. Eeen luisteraar het die kans gekry om vir ons sy storie te vertel en Riana het n liedjie geskryf oor sy storie. Sy speel ook een van Doepie se gunsteling liedjies Akoesties en slaan…
8 Apr 2022 34 min

#DieGrootTrek - 'n Dag in die lewe van...(Taakmag)

Ons splinternuwe feature gaan oor 'n dag in die lewe van mense en hulle beroepe. Vandag kuier "Kalahari" by ons wat vir 10 jaar deel was van die Sui-Afrikaans Polisiediens se taakmag eenheid.
4 Apr 2022 32 min

#JouGrootKuier - Tasche

Die super talentvolle Tasche kuier saam Doepie & Nina die week op die Rooi stoel vir JouGrootKuier met trots geborg deur King Price.
1 Apr 2022 31 min

#DieGrootTrek - Liezel Van Intiem (Maart)

Liezel kom kuier by Doepie en Nina in die Boomhuis en gesels bietjie oor praktiese wenke wat jy kan gebruik om konflik te hanteer by die huis en in jou verhoudings.
29 Mar 2022 31 min
520 – 540