GROOTfm 90.5 Ontbyt met Doepie en Nina

Ontbyt met Doepie en Nina

Doepie en Nina is vir die afgelope 5 jaar ‘n span op lug en is bitter opgewonde om hulle tande te slyp in Ontbyt-radio.
Doepie en Nina se sterk… (en minder sterk) punte, vul mekaar aan en hulle verskillende belangstellings maak dat hulle enige onderwerp kan aanpak van geloof tot stories oor menslike belange, finansies, politiek tot plaaslike en internasionale sterre. Hul passie vir radio en hul luisteraars is wat hulle dryf om interessante inhoud te skep en dag na dag luisteraars met relevante nuus en inhoud ingelig te hou en ook ‘n stem te gee aan die wat stemloos is.
Elke oggend saam met Doepie en Nina is energiek, opwindend, insiggewend en ‘n emotional rollercoaster, want hulle lag soms tot hulle huil, of vertel ander se stories met ‘n traan…
Vergeet wat jy weet van tradisionele oggend radio en maak reg vir ONTBYT saam met Doepie en Nina.

Nina is avontuurlustig, mal daaroor om die wêreld vol te reis en is passievol oor haar familie en vriende. Sy bring die meeste hart saam na elke uur op lug. Vir stories en geselskap wat maak dat jy uit jou maag wil lag, spandeer jou middae saam Nina op die #GROOTtrek.
Weekly Afrikaans South Africa News
622 Episodes
500 – 520

#JouGrootKuier - Martin Bester & Loufi

Twee groot name in die afrikaanse musiek industrie kuier vandag op Jou Groot Kuier. Martin Bester en sy band voer vir ons Lilly Live op en Loufi wys hoe mens n rap los slaan met Wit Skoene.
1 Jul 2022 36 min

#DieGrootTrek - Genl. Johan Jooste - Rhino War

'n Dag in die lewe van afgtrede Generaal Johan Jooste wat gevra is om ons nasionale parke se bewaarders met sy militere agtergrond te kom oplei om seker te maak dat die bewaarders stropery kan bekamp.
27 Jun 2022 33 min

#JouGrootKuier - Wikus Botma

Die talentvolle Wikus Botma kuier vandag op die King Price Rooi stoel vir Jou Groot Kuier. Die man slaan uit met n paar lekker akoestiese nommers van sy eie liedjies en ook 'n paar covers wat jou mond sal laat oop hang.
24 Jun 2022 32 min

#DieGrootTrek - Norman MacFarlane (Secret War in Angola)

Norman vertel ons meer van sy ervaring as jong man in die weermag en die oorlog in Angola. Nie net vertel hy van sy tyd daar nie maar al die letsels wat agter gebly het na die oorlog en hoe hy om hulp moes vra om homself weer te vind.
23 Jun 2022 32 min

#JouGrootKuier - Jo Black

Die legende Jo Black kuier op die King Price rooi stoel vandag met splinternuwe liedjies van sy nuwe album Vegter.
17 Jun 2022 30 min

#JouGrootKuier - Jennifer Zamudio

Die mense is gaande oor Jennifer en dis maklik om te sien hoekom. Jen gesels lekker saam Doepie en Nina oor haar sang loopbaan en ook wat sy gedoen het voor sy begin sing het.
10 Jun 2022 33 min

#DieGrootTrek - Stephanie Baardman

Meeste mense ken haar as "Bibi" van Getroud met Rugby, Stephanie kom kuier by Doep en Niens en gesels meer oor oorklankingswerk, haar TV loopbaan en hoe sy haarself uit 'n baie slegte verhouding gekry het en sterker anderkant uitgekom het.
9 Jun 2022 30 min

#DieGrootTrek - Dewaldt Huysamen - Kubermisdaad Ondersoek beampte

Na Rassie Erasmus se Twitter "Gehack" was deur kuberkrakers het Doepie & Nina vir Dewaldt Huysamen van Mike Bolhuis se Specialised Security Services genooi om te kom gesels oor Kuber Misdaad, hoe om jouself te beveilig op die internet en ook vir ons bewys dat met slegs n Facebook skakel,…
7 Jun 2022 35 min

#DieGrootTrek - Jou Mense My Mense - Rudi kry sy wiele

Die week se storie oor Rudi het soveel harte aangegryp en het die harte en beursies van talle luisteraars oop gemaak. Met die hulp van die Groot Trek se show vriende en ons amazing luisteraars kon ons vir Rudi nog better nuus gee as wat ons verwag het! Die man…
25 May 2022 33 min

#DieGrootTrek - Berdine ('n Dag in die lewe van)

Berdine is n vervaardiger en regisseur van Nataniel se program op TV en was ook betrokke by die Byl en Boer Soek n vrou. Ons vind uit wat presies 'n dag in die lewe van n vervaardiger en regisseur op TV regtig is.
23 May 2022 31 min

#DieGrootTrek - Charne Kemp - Moord Op Pofadder

Journalis Charne Kemp het al die legkaart stukkies bymekaar gesit oor die huurmoord wat Suretha Brits op haar man Leon laat uitvoer het. Ons gesels oor haar boek "Moord op Pofadder" waarin sy al die feite bymekaar sit en ons vertel hoe hierdie tragiese verhaal afgespeel het.
17 May 2022 34 min

#JouGrootKuier - Roan Ash

Die man is internasionaal bekend en dis n voorreg om Roan Ash saam ons te hê in die ateljee waar hy van sy grootste liedjies akoesties doen. Hy gee ook vir ons n "WORLD EXCLUSIVE" van 'n splinternuwe liedjie wat hy vir sy vroutjie geskryf het wat nog nie vrygestel…
13 May 2022 34 min

#DieGrootTrek - John Steenhuizen oor Oekraïne

Leier van die DA, Mnr. John Steenhuizen was onlangs in Oekraïne om te gaan sien vir homself wat die situasie is op die grond en meer uit te vind oor wat die impak sal wees op Suid Afrika. Hy is ook tans besig om n verslag bymekaar te sit wat…
10 May 2022 14 min
500 – 520