‘n Vroulike polisiekaptein het gister in die Emalahleni-landdroshof verskyn op aanklagte van korrupsie, regsverydeling, ontvoering en afpersing. Volgens die polisie is sy Maandag in Witbank saam met twee manlike medebeskuldigdes aangekeer. Hulle het na bewering 13 vermeende ongedokumenteerde mense in ‘n vangwa toegesluit en omkoopgeld van R10 000 geëis van…
Die verbrande liggaame van twee mans is Maandagaand by 'n stortingsterrein in Casteel buite Acornhoek naby Bosbokrand ontdek. Volgens Kolonel Donald Mdhluli moet die oorsaak van hul dood deur ‘n nadoodse ondersoek vasgestel word. Die motief vir die moorde is tans onbekend. Drie beeskarkasse is ook naby die liggame gevind…
Die Fransman Sebastian Loeb het gister die negende skof van die Dakar-tydren in Saoedi-Arabië ingepalm, sy derde trajek-oorwinning vanjaar. Die negemalige wêreldkampioenman is nou algeheel derde en elf minute nader aan Nasser Al Attiyah van Katar wat 'n algehele reuse-voorsprong van 1 uur en 21 minute het. Die Suid-Afrikaners, Henk…
‘n Groep van ongeveer vier gewapende verdagtes het in die vroeë oggend ure ‘n kitsbank by ‘n vulstasie in Hazyview beroof. Volgens Kolonel Donald Mdhluli het hulle om ongeveer 01:40 ingestorm en die petroljoggies en sekuriteitsbeamptes met wapens aangehou. Hulle het ‘n kitsbank by die drankwinkel beskadig voor hulle die…
Leerlinge wag steeds om in Mpumalanga-skole geplaas te word voor die skole môre vir die 2023 skooljaar heropen. ‘n Woordvoerder van die provinsiale onderwysdepartement, Gerald Sambo, sê die meeste graad een en graad agt leerlinge is suksesvol in skole geplaas. Die wat nog wat op plek wag is hoofsaaklik in…
‘n 38-jarige man wat daarvan beskuldig word dat hy by 'n skool ingebreek en rekenaars gesteel het, is aangekeer. Volgens polisiewoordvoerder, Brigadier Selvy Mohlala, is sewe rekenaars wat aan die regering behoort en na vermoede by Yedwa Laerskool in Pienaar buite outside Nelspruit gesteel is, in sy besit gevind saam…
Die polisie in Mpumalanga vra die publiek om hulle te help om die liggaam te identifiseer van ‘n man wat wat Vrydag in Tonga buite Komatipoort ontdek is. Volgens Brigadier Selvy Mohlala was die gedeeltelik ontbinde ligaam in 'n stroom naby ‘n burg oor die R571. Hy is na skatting…
Die eerste week van die 2023 Dakar-tydren in Saoedi-Arabië was 'n groot sukses vir Suid-Afrikaanse bestuurders, navigators en voertuie met plaaslike voertuie wat in drie van die vier kar-kategorieë lei. Die verdedigende kampioene, Nasser Al-Attiyah en Mathieu Baumel, is in 'n Gazoo Racing Hilux met vyf SA Hiluxes wat die…
Die Suid-Afrikaanse Weerdiens het ‘n oranje vlak 5-waarskuwing uitgereik vir ontwrigtende reën in die Laeveld vandag. Mbombela, Thaba Chweu, Nkomazi en Bosbokrand kan vanaf môre laatmiddag tot Vrydagoggend hoë reënval te wagte wees. Dit kan tot plaaslike oorstromings lei en paaie en verkeer affekteer. Mense is aangeraai om dit eerder…
Plaaslike tydrenryer Eben Basson en sy medebestuurder vir die Hilux-span, Leander Pienaar, het gister die vierde skof van die Dakar-tydren in Saoedi-Arabië voltooi. Hulle is deel van die G Rally-span in ‘n klas T3 OT3. Die Fransman Sebastien Loeb het die vierde skof vir die T1-klas gister gewen. Voor die…
Die Laeveldse tydrenryer, Eben Basson van Komatipoort, en sy medebestuurder vir die Hilux-span, Leander Pienaar, lê 17de in hul klas na die derde skof van die 2023 Dakar-tydren in Saoedi-Arabië gister. Hulle is deel van die G Rally-span van België in ‘n klas T3 OT3. Die 45ste aanbieding van die…
Die Mpumalanga Onderwysdepartement sê hy het vordering gemaak met die betaling van studiegelde vir studente wat met beurse van die departement in Rusland studeer. ‘n Woordvoerder, Gerald Sambo, sê betaling van sakgeld en verblyfgeld is op datum. Klasgelde vir sowat 105 studente is ook gefinaliseer. Volgens Sambo is die vertraging…
Twee stappers is gisteraand om ongeveer 22:40 uit die berge gered in die omgewing van Marlothi Chalets tussen Elandshoek en Waterval Onder. Volgens die woordvoerder van Emer-G-Med, Kyle van Reenen, het die een man sy been gebreek. Beide is hospitaal toe geneem.
‘n 53-jarige man van Thulamahashe buite Bosbokrand is gister ‘n boete van 2-duisend-500-Rand opgelê vir die onwettige besit van wildsvleis. Volgens Brigadier Selvy Mohlala sluit dit vleis van ape en hiënas in sowel as drie gedroogte krokodilvelle en ‘n vars krokodilkarkas.
‘n Man verskyn vandag in die Elukwatini-hof vir die besit van gesteelde goedere. Hy is gister by die Oshoek-grenspos aangekeer. Hy was glo in besit van ‘n Nissan NP-200-bakkie wat in Januarie in Boksburg as gesteel aangemeld is. Polisiewoordvoerder, Brigadier Selvy Mohlala, sê dit vorm deel van hul veiliger feestyd…
Die polisie in Kwamhlanga ondersoek hoe ‘n vermeende verkragter op 21 Desember uit aanhouding ontsnap het. Die 29-jarige Bheki Moses Phakathi het na bewering van polisielede van Tweefontein ontsnap in die hofgebou waar hy sou verskyn. Hy staar vyf aanklagte van verkragting sowel as ‘n klag van huisbraak in die…
'n 45-jarige man is aangekeer op aanklagte van moord, gewapende roof en besit van ‘n vuurwapen. Hy is Maandag in Mkhuhlu aangekeer op aanklagte dat hy Aby Nginindza vroeg Maandagoggend by ‘n taverne in Mkhuhlu beroof en geskiet het. Brigadier Selvy Mohlala:
Twee sekuriteitswagte is gister geskiet en van hul vuurwapens beroof terwyl hulle die Numbi-pad gepatrolleer het. Gewapende patrollies op die pad ingestel na verskeie geweldadige aanvalle op besoekers aan die Krugerwildtuin. Volgens die polisie het twee gewapende mans verskyn en op die wagte geskiet. Hulle is ernstig beseer en per…
‘n Polisiebeampte is gewond tydens ‘n skietgeveg met gewapende mans gister op die R570 Jeppes Reef-pad buite Malalane. Volgens die polisie het lede tydens ‘n patrollie vier swaar gewapende mans in ‘n enkelkajuitbakkie opgemerk. Hulle het hulle genader en die skietery het uitgebreek. Die beampte is in die bolyf getref…
Die Nasionale Instituut vir Oordraagbare Siektes sê die voorkoms van nuut bevestigde gevalle van masels onder kinders in Mpumalanga, Limpopo, Gauteng en Noordwes het gestyg. Verlede maand is drie gevalle van masels in Ehlanzeni-distrik bevestig. Daar is nou 50 gevalle in Mpumalanga, 98 in Limpopo, 13 in Noordwes en agt…
19 Dec 2022 7AM
1 min
860 – 880
Agree to storing cookies on your device.
Cookie preferences
iono.fm may request cookies to be stored on our device. We use cookies to understand how you interact with us, to enrich and personalise your experience, to enable social media functionality and to provide more relevant advertising. Using the sections below you can customise which cookies we're allowed to store. Note that blocking some types of cookies may impact your experience.