Polisiekaptein vas oor beweerde omkoopgeld

Loading player...
‘n Vroulike polisiekaptein het gister in die Emalahleni-landdroshof verskyn op aanklagte van korrupsie, regsverydeling, ontvoering en afpersing.
Volgens die polisie is sy Maandag in Witbank saam met twee manlike medebeskuldigdes aangekeer.
Hulle het na bewering 13 vermeende ongedokumenteerde mense in ‘n vangwa toegesluit en omkoopgeld van R10 000 geëis van hul werkgewer by ‘n nabygeleë bouperseel. Elk is borgtog van R2 000 elk toegestaan. Hulle verskyn weer 1 Maart.
11 Jan 2023 2AM Afrikaans South Africa Daily News · News Commentary

Other recent episodes

Kanselleer jou wildtuin-besoek

Die Krugerwildtuin sê hulle sal hul kansellasiefooi kanselleer vir besoekers wat hul besoeke nie kan hersekduleer nie, te midde van die frats weerstoestande en aanhoudende swaar reën wat in Limpopo en Mpumalanga heers.
14 Jan 6AM 5 min

Paaie, hekke in Krugerwildtuin gesluit

Aangesien erge weerstoestande voortduur oor dele van die Limpopo- en Mpumalanga-provinsies, insluitend dele van die Krugerwildtuin, sal gaste wat tans by die Lower Sabie-ruskamp en die Crocodile Bridge-ruskampe bly, nie toegang tot Skukuza hê nie. Reynold “Rey” Thakhuli: Hoofbestuurder: Kommunikasie en Bemarking, Krugerwildtuin, gesels met ons.
12 Jan 6AM 4 min

Doen so aansoek vir Mbombela se elektrisiteitsmeter-amnestie

Mbombela-munisipaliteit sal 'n drie maande-amnestieprogram wat inwoners met onwettige of foutiewe elektrisiteitsverbindings toelaat om hul toevoer te normaliseer sonder om gepenaliseer te word, vanaf Maandag implementeer. Thea Rix verduidelik wat jy moet doen.
11 Dec 2025 6AM 7 min