Verbrande liggame by stortingsterrein ontdek

Loading player...
Die verbrande liggaame van twee mans is Maandagaand by 'n stortingsterrein in Casteel buite Acornhoek naby Bosbokrand ontdek.
Volgens Kolonel Donald Mdhluli moet die oorsaak van hul dood deur ‘n nadoodse ondersoek vasgestel word. Die motief vir die moorde is tans onbekend.
Drie beeskarkasse is ook naby die liggame gevind en die polisie is op soek na die eienaar van die vee. Kontak speurder luit. kol. Aaron Digoro by 082-318-9925 met enige inligting.
11 Jan 2023 2AM Afrikaans South Africa Daily News · News Commentary

Other recent episodes

Kanselleer jou wildtuin-besoek

Die Krugerwildtuin sê hulle sal hul kansellasiefooi kanselleer vir besoekers wat hul besoeke nie kan hersekduleer nie, te midde van die frats weerstoestande en aanhoudende swaar reën wat in Limpopo en Mpumalanga heers.
14 Jan 6AM 5 min

Paaie, hekke in Krugerwildtuin gesluit

Aangesien erge weerstoestande voortduur oor dele van die Limpopo- en Mpumalanga-provinsies, insluitend dele van die Krugerwildtuin, sal gaste wat tans by die Lower Sabie-ruskamp en die Crocodile Bridge-ruskampe bly, nie toegang tot Skukuza hê nie. Reynold “Rey” Thakhuli: Hoofbestuurder: Kommunikasie en Bemarking, Krugerwildtuin, gesels met ons.
12 Jan 6AM 4 min

Doen so aansoek vir Mbombela se elektrisiteitsmeter-amnestie

Mbombela-munisipaliteit sal 'n drie maande-amnestieprogram wat inwoners met onwettige of foutiewe elektrisiteitsverbindings toelaat om hul toevoer te normaliseer sonder om gepenaliseer te word, vanaf Maandag implementeer. Thea Rix verduidelik wat jy moet doen.
11 Dec 2025 6AM 7 min