Die veldwagter wat in Desember ernstig beseer is toe 'n olifant hom in die Pretoriuskop-area van die Krugerwildtuin bestorm het, sterk goed aan. Joe Nkuna is Saterdag deur die minister van bosbou, vissery en die omgewing, Barbara Creecy, in die hospitaal in Johannesburg besoek. Sy sê hy het reeds verskeie…
Die LUR vir onderwys, Bonakele Majuba, het vanoggend die gedetaileerde provinsiale uitslae vir die provinsie by die Universiteit van Mpumalanga bekendgemaak. Die matrikulante van 2022 het ‘n slaagsyfer van 76,8% in Mpumalanga behaal, ‘n verbetering teenoor 2021. Landwyd het 80,1% van die gr. 12’s wat die eindeksamen afgelê het, geslaag…
# Motorsport: Die plaaslike tydrenryer, Eben Basson, wat die afgelope Dakar saam met sy medebestuurder, Leander Pienaar, die sewende possisie in die afgesluit In die T3-klas vir die G Rally-span. Hulle het ook die wennersmedalje in die Liggewig Prototipe Nuweling-kategorie in Saoedi-Arabië verower. Hy sê die plaaslike tydren-seisoen is nou…
Die VF Plus sê hy sal druk toepas dat daar by die voorgeskrewe oortydbegroting gehou word in Mbombela-munisipaliteit. Volgens Freddy Robertson betaal inwoners maandeliks sowat R14 miljoen aan oortydvergoeding vir munisipalte werknemers. Hy voer aan dat sommige werknemers in die vullisverwydering-, parke- en begraafplaas-afdelings meer ure oortyd per dag eis…
Die Mpumalanga onderwysdepartement is gereed om môre die provinsiale uitslae van die 2022 matriekeindeksamen aan te kondig. Die LUR, Bonakele Majuba, sal dit môreoggend by die Universiteit van Mpumalanga bekendmaak. Die minister van basiese onderwys, Angie Motshekga, het vanoggend die toppresteerders in Johannesburg ontvang. Sy maak vanaand die nasionale uitslae…
Die VF Plus het die munisipale bestuurder van die Mbombela-plaaslike munisipaliteit, Wiseman Khumalo, gevra om dringend in te gryp in die Witrivier waterkrisis. Freddy Robertson voer aan beurtkrag is ‘n bydraende faktor tot die onvoldoende of geen watervoorsiening die afgelope ses weke, maar die munisipaliteit se gebrek aan beplanning en…
Drie stropers is gister in Skukuza swaar vonnisse opgelê na hulle skuldig bevind is op nege stropingsverwante aanklagte. Hulle is verlede jaar Julie in besit van ses renosterhorings aangekeer in die Krugerwildtuin na ‘n besoeker skote in die Malalane-area gehoor het. Lawrence Makamu en Nulo Burro moet elk effektief 22…
Die DA in Witrivier het aan die stadsbestuurder, Wiseman Khumalo, geskryf om te vra dat daar dringend ‘n plan geformuleer word om die waterprobleme in Witrivier op te los. Volgens Raadslid Rowan Torr faal Mbombela-munisipaliteit reeds die afgelope twee jaar om aan inwoners skoon, drinkbare water te verskaf, weens probleme…
Twee verdagtes is aangekeer en twee ingeneem vir ondervraging na die moord Vrydagaand van Sbonelo Mthembu, ‘n ANC-raadslid, en twee kennisse in Piet Retief. Volgens polisiewoordvoerder, Brigadier Selvy Mohlala, sal ‘n 43- en 52-jarige man vandag in die hof verskyn op klagte van die onwettige besit van ‘n ongelisensieërde vuurwapen…
Die LUR vir Samewerkende Regering in Mpumalanga, Mandla Msibi, sê hy is geskok oor die moord op ‘n tweede raadslid van Mkhondo-munisipaliteit. Dit volg op die skietdood Vrydagaand van Sbonelo Mthembu, ‘n ANC-raadslid. Nog ‘n raadslid, Muzi Manyathi, is op 4 November vermoor. Msibi is bekommerd dat die munisipaliteit ‘n…
Die oolisieminister, Bheki Cele, het beloof dat 'n multidissiplinêre benadering gevolg sal word teenoor politieke moorde in Mpumalanga. Dit volg op die moord Vrydagaand van Sbonelo Mthembu ‘n ANC-raadslid in Mkhondo-munisipaliteit, saam met twee kennisse. Cele het vandag die families in Piet Retief besoek saam met sy adjunk, Cassel Mathale,…
Die minister en adjunkminister van polisie, Bheki Cele en Cassel Mathale, besoek vandag saam met die nasionale kommissaris, generaal Fannie Masemola, Piet Retief. Dit volg op die moord Vrydagaand van Sbonelo Mthembu ‘n ANC-raadslid in Mkhondo-munisipaliteit. Hy is in die Longhomes-informele nedersetting saam met twee ander mans deur drie gewapende…
Majoor-generaal Nico Gerber is aangestel as die nuwe Valke-hoof in Mpumalanga. Hy verwang Majoor-generaal Zodwa Mokoena wat in Desember afgetree het as die provinsiale hoof van die direktoraat vir prioriteitsmisdaad-ondersoeke.
Die DA in Mpumalanga sê die provinsiale regering moet dringend nuwe skole bou. Volgens Jane Sithole is skole oorbevolk en word daar jaar na jaar niks gedoen om meer plek te maak vir die oorweldigende aantal leerlinge nie. Sy sê die LUR, Bonakele Majuba, het erken skole ervaar infrastruktuur-uitdarings en…
Die Laeveldse bestuurder Eben Basson en sy spanmaat Leander Pienaar lê steeds algeheel sewende in die T3-klas na die 12de skof van die Dakar-tydren vandag geëindig het. Dit volg na twee skofte in die sogenaamde Leë Kwartier in die Saoedi-Arabië woestyn. Dit word beskryf as ‘n see van sandduine in…
Die polisie is op ‘n hoë gereedheidsgrondslag op die N4 en rondom Vosman naby Witbank na vier vragmotors en twee bakkies Woensdagaand aan die brand gestreek is. Polisiewoordvoerder, kolonel Donald Mdhluli, sê dit volg op proteste wat glo weens ‘n tekort aan elektrisiteit in Sangweni en omliggende areas ontstaan het…
Die Fransman Sebastian Loeb het gister weereens die skof van die Dakar-tydren in die sogenaamde Leë Kwartier in Saoedi-Arabië gewen in die T1-klas. Die 2022 wenner, Nasser Al Attiyah, is steeds los voor. Die Suid-Afrikaners, Henk Lategan en Brett Cummings is tans algeheel in die vierde plek met hul landgenote,…
Twee verdagtes wat Dinsdagoggend glo ‘n kitsbank in Hazyview beroof het, verskyn vandag in die Nkomazi-landdroshof in Tonga. Hulle is naby Komatipoort deur ‘n multidissiplinêre-taakspan vasgetrek. Volgens Kolonel Donald Mdhluli word hulle moontlik met verskeie ander sakerowe en transitorooftogte regoor die provinsie verbind. Hulle was glo in besit van ‘n…
Die Mpumalanga departement van onderwys sê hy is tevrede met die verloop van die eerste skooldag gister. ‘n Woordvoerder, Gerald Sambo, sê ongeveer 120-duisend graad eens het hul skoolloopbaan in die provinsie begin. Volgens hom het alles vlot verloop in die meeste skole. Ten minste 1-duisend-200 graad eens en meer…
Die onderwysdepartement in Mpumalanga sê dit is besorg dat ouers van leerlinge in sommige geen-fooi-skole gevra word om addisionele skryfbehoeftes en leermateriaal aan te koop. ‘n Woordvoerder van die departement, Gerald Sambo, sê dit wat deur die departement verskaf word is deur kurrikulum-kenners bepaal en is voldoende. Hy voeg by…
11 Jan 2023 7AM
1 min
840 – 860
Agree to storing cookies on your device.
Cookie preferences
iono.fm may request cookies to be stored on our device. We use cookies to understand how you interact with us, to enrich and personalise your experience, to enable social media functionality and to provide more relevant advertising. Using the sections below you can customise which cookies we're allowed to store. Note that blocking some types of cookies may impact your experience.