Komatipoort-ryer steeds sewende in Dakar met drie skofte oor

Loading player...
Die Fransman Sebastian Loeb het gister weereens die skof van die Dakar-tydren in die sogenaamde Leë Kwartier in Saoedi-Arabië gewen in die T1-klas. Die 2022 wenner, Nasser Al Attiyah, is steeds los voor. Die Suid-Afrikaners, Henk Lategan en Brett Cummings is tans algeheel in die vierde plek met hul landgenote, Giniel de Villiers en Dennis Murphy vyfde.
In die T3-klas lê die Laeveldse bestuurder Eben Basson en sy spanmaat Leander Pienaar steeds algeheel sewende.
13 Jan 2023 2AM Afrikaans South Africa Daily News · News Commentary

Other recent episodes

Kanselleer jou wildtuin-besoek

Die Krugerwildtuin sê hulle sal hul kansellasiefooi kanselleer vir besoekers wat hul besoeke nie kan hersekduleer nie, te midde van die frats weerstoestande en aanhoudende swaar reën wat in Limpopo en Mpumalanga heers.
14 Jan 6AM 5 min

Paaie, hekke in Krugerwildtuin gesluit

Aangesien erge weerstoestande voortduur oor dele van die Limpopo- en Mpumalanga-provinsies, insluitend dele van die Krugerwildtuin, sal gaste wat tans by die Lower Sabie-ruskamp en die Crocodile Bridge-ruskampe bly, nie toegang tot Skukuza hê nie. Reynold “Rey” Thakhuli: Hoofbestuurder: Kommunikasie en Bemarking, Krugerwildtuin, gesels met ons.
12 Jan 6AM 4 min

Doen so aansoek vir Mbombela se elektrisiteitsmeter-amnestie

Mbombela-munisipaliteit sal 'n drie maande-amnestieprogram wat inwoners met onwettige of foutiewe elektrisiteitsverbindings toelaat om hul toevoer te normaliseer sonder om gepenaliseer te word, vanaf Maandag implementeer. Thea Rix verduidelik wat jy moet doen.
11 Dec 2025 6AM 7 min