Gedeeltelik ontbinde liggaam in Tonga ontdek

Loading player...
Die polisie in Mpumalanga vra die publiek om hulle te help om die liggaam te identifiseer van ‘n man wat wat Vrydag in Tonga buite Komatipoort ontdek is. Volgens Brigadier Selvy Mohlala was die gedeeltelik ontbinde ligaam in 'n stroom naby ‘n burg oor die R571. Hy is na skatting middeljarig, maar onidentifiseerbaar omdat hy na vermoede geruime tyd reeds in die water was. Die oorsaak van sy dood moet nog bepaal word. Kontak die Tonga SAPD by 082-448-9482 met enige intligting.
9 Jan 2023 3AM Afrikaans South Africa Daily News · News Commentary

Other recent episodes

Kanselleer jou wildtuin-besoek

Die Krugerwildtuin sê hulle sal hul kansellasiefooi kanselleer vir besoekers wat hul besoeke nie kan hersekduleer nie, te midde van die frats weerstoestande en aanhoudende swaar reën wat in Limpopo en Mpumalanga heers.
14 Jan 6AM 5 min

Paaie, hekke in Krugerwildtuin gesluit

Aangesien erge weerstoestande voortduur oor dele van die Limpopo- en Mpumalanga-provinsies, insluitend dele van die Krugerwildtuin, sal gaste wat tans by die Lower Sabie-ruskamp en die Crocodile Bridge-ruskampe bly, nie toegang tot Skukuza hê nie. Reynold “Rey” Thakhuli: Hoofbestuurder: Kommunikasie en Bemarking, Krugerwildtuin, gesels met ons.
12 Jan 6AM 4 min

Doen so aansoek vir Mbombela se elektrisiteitsmeter-amnestie

Mbombela-munisipaliteit sal 'n drie maande-amnestieprogram wat inwoners met onwettige of foutiewe elektrisiteitsverbindings toelaat om hul toevoer te normaliseer sonder om gepenaliseer te word, vanaf Maandag implementeer. Thea Rix verduidelik wat jy moet doen.
11 Dec 2025 6AM 7 min