Die Krugerwildtuin het ‘n beroep gedoen op gemeenskappe om hulle te help om die stel van strike in die park hok te slaan. Woordvoerder, Ike Phaahla, sê diere word op ‘n industriële skaal in strike gevang. Hy sê mense weet wie die oortreders is en moet die inligting aan die…
Shaun Oosthuizen is vanoggend tot lewenslange tronkstraf gevonnis vir die moord in 2018 op Hetta Potgieter in die Macadamia-sorgsentrum. Hy het gister in die Mpumalanga Hooggeregshof in Mbombela skuldig gepleit op klagte van moord en roof. Hy is tot 15 jaar gevonnis vir die roof. Klagte teen Johnny du Plooy…
Lize van Eeden, ‘n graad 12-leerling aan Curro Nelspruit, het ‘n vyfde plek verower in die nasionale Engels-Olimpiade se eksamen vir Eerste Addisionele Taal. Meer as 4 400 leerlinge uit 243 skole het ingeskryf. Dit het haar 'n beurs besorg om volgende jaar by Rhodes Universiteit te studeer. Sy sê…
Vier verdagtes is gisteraand aangekeer nadat hulle moontlik Die Winpomp-restaurant in Witrivier probeer beroof het. Volgens Hi-Tech se Jchaan de Beer is een handwapen, 'n haelgeweer en 'n speel-wapen aan die verdagtes gevind. Vier kon daarin slaag om te vlug. Die restaurant-eienaar, Lewies Dippenaar, sê werkers wat vullis buitentoe geneem…
Die VF Plus het hul medelye betuig na ‘n sekuriteitswag gister tydens ‘n plaasaanval naby Brondal doodgeskiet is. Oupa Mhlongo, wat gereageer het op die noodroep, is doodgeskiet. Die boer, Johan van der Merwe, is ook geskiet en is sover bekend in ‘n kritieke, maar stabiele, toestand in die hospitaal…
Sekuriteitspanne het die soektog afgelas na drie swaar gewapende verdagtes wat vanoggend 'n boer en sekuriteitsbeampte geskiet het tydens 'n aanval op 'n plaas in die Brondal-omgewing. Oupa Mhlongo, een van die sekuriteits-beamptes wat gereageer het op die noodroep, is doodgeskiet. Die boer, Johan van der Merwe, is in die…
‘n Man wat deur die Valke as ‘n rampokker beskryf word, is Donderdag tydens ‘n hofverskyning vir een moord, aangekeer vir ‘n ander. Die 34-jarige Johan Edward Ndlovu word aangekla van die moord op Vincent Ngwato wat in November 2019 doodgeskiet is in Mkhuhlu. Ndlovu is aan die saak gekoppel…
Na 35 jaar in die onderwys tree Arrie en Rénaldia Henn vandag af. Arrie is reeds 22 jaar die hoof by Laerskool Nelspruit en Rénaldia vir 21 jaar by Nellie Miere-kleuterskool. Hulle sê dit was 'n ongelooflike voorreg om 'n deel te kon wees van soveel kinders se lewens. Volgens…
Jak de Priester gaan die Laeveld môre vermaak tydens die vyfde aflewering van die In Jou Huis-konsertreeks. Die reeks van ses konserte word aangebied in samewerking met Innibos, kykNet en Radio Laeveld. Bywoning na die optrede in Kaapsehoop is streng beperk weens Covid, maar almal kan dit vertoning regstreeks op…
Mpumalanga gesondheidsdepartement het gister amptelik 'n onkologie-eenheid by Rob Ferreira-hospitaal geopen. LUR Sasekani Manzini sê dit sal die afhanklikheid van Gauteng verminder en baie siek pasiënte toelaat om nie baie ver hoef te reis vir behandeling nie. Die vleuel is opgeknap en bevat 12 beddens en 14 chemoterapie stoele vir…
Penreach kon in Julie vir Mandela-maand, genoeg boeke insamel om 67 nuwe leeskampe op die been te bring. Ronald Chanets, Penreach’s se bestuurder van die program gemik op geletterdheid en gesyferdheid, sê hulle het hul teiken met 200% oorskrei deur meer as 20 000 boeke ter waarde van R200 000…
Penreach kon in Julie, vir Mandela-maand, genoeg boeke insamel om 67 nuwe leeskampe op die been te bring. Hierdie kampe bied kinders 'n leersame naskoolsentrum in hul buurte. Om een te stig verg 67 boeke. Dié amper 5-duisend boeke is met behulp van plaaslike ondersteuners sowel as nasionale maatskappye behaal…
Die onderwysdepartement het die dood betreur van Nonsikelelo Qwelane wat op die ouderdom van 100 oorlede is. Sy was vir 79 jaar 'n onderwyser, en het die Presidensiële Orde van die Baobab in brons ontvang vir haar bydrae tot onderwys. Sy is in die Oos-Kaap gebore en het daar, in…
Mpumalanga se onderwysdepartement maak gereed om alle laerskool-leerlinge Maandag terug te verwelkom op die skoolbanke. Skole het gister heropen, met alle laerskool-leerders wat veronderstel is om vanaf 2 Augustus voltyds terug te keer na fisiese skoolbywoning. Die LUR vir onderwys in Mpumalanga, Bonakele Majuba, is besig om skole se gereedheid…
Baba Ayden van Niekerk, wat sowat 12 weke gelede by die huis in Lydenburg skielik ophou asemhaal het, is gister teruggeplaas na die intensiewesorgeenheid van die Netcare Garden City-hospitaal in Johannesburg. Hy word sedert 12 Julie by ‘n rehabilitasie-sentrum behandel, maar moes teruggaan hospitaal toe nadat hy weer sepsis ontwikkel…
Twee pitbulls is die afgelope naweek in Barberton gesteel. Marlies Liebenberg van die plaaslike DBV sê die honde is nie by hulle nie, maar hul eienaars het oor hulle navraag gedoen. Weens gereelde inbrake neem die Barberton DBV nie meer putbull-honde in nie. Sy sê hulle is baie gewild. Die…
Drie mense is vanoggend oorlede in ‘n motorongeluk op die N4-tolpad tussen Malalane en Hectorspruit. Volgens die departement van gemeenskapsveiligheid het ‘n kop-botsing tussen ‘n ligte afleweringsvoertuig en sedan ontstaan om ongeveer 20 minute na 11. Twee mans en ‘n vrou - wat almal in die sedan was - is…
Mpumalanga se premier, Refilwe Mtshweni-Tsipane, het Sasol se inentingsveldtog geloof. Die petroleum-reus werk saam met die provinsie om hul sowat 8-duisend werknemers en 11-duisend kontrakteurs vandeesweek by hul fasiliteit in Secunda teen Covid-19 in te ent. Mtshweni-Tsipane het dit verwelkom en hoop ander industrieë doen dit na. Sy het die…
Die VF Plus in Mpumalanga sê hulle is uiters bekommerd oor die tekort aan polisievoertuie, veral in Ehlanzeni-distrik. Volgens Werner Weber het verskeie eenhede voertuie wat vir weke in werkswinkels staan om herstel te word wat 'n gereelde tekort laat om misdaad mee te beveg. Hy sê geld word bestee…
Die Onafhanklike Verkiesingskommissie het aangekondig dat hulle die hof sal nader vir toestemming om die plaaslike verkiesing uit te stel. Die OVK het uitgetrede adjunkhoofregter Dikgang Moseneke se verslag aanvaar, wat bevind het dit sal nie ‘n vry en regverdige verkiesing sal wees as dit in Oktober plaasvind nie. Glen…
23 Jul 2021 8AM
1 min
1380 – 1400
Agree to storing cookies on your device.
Cookie preferences
iono.fm may request cookies to be stored on our device. We use cookies to understand how you interact with us, to enrich and personalise your experience, to enable social media functionality and to provide more relevant advertising. Using the sections below you can customise which cookies we're allowed to store. Note that blocking some types of cookies may impact your experience.