VF Plus eis optrede van Mpumalanga LUR oor polisievoertuie

Loading player...
Die VF Plus in Mpumalanga sê hulle is uiters bekommerd oor die tekort aan polisievoertuie, veral in Ehlanzeni-distrik.
Volgens Werner Weber het verskeie eenhede voertuie wat vir weke in werkswinkels staan om herstel te word wat 'n gereelde tekort laat om misdaad mee te beveg.
Hy sê geld word bestee aan luukse voertuie, terwyl die eintlike tekort 'n betroubare vloot is waarmee hulle werk gedoen moet word.
Die party eis dat die LUR vir gemeenskapsveiligheid, Vusi Shongwe, dringend optree.
23 Jul 2021 9AM Afrikaans South Africa Daily News · News Commentary

Other recent episodes

Kanselleer jou wildtuin-besoek

Die Krugerwildtuin sê hulle sal hul kansellasiefooi kanselleer vir besoekers wat hul besoeke nie kan hersekduleer nie, te midde van die frats weerstoestande en aanhoudende swaar reën wat in Limpopo en Mpumalanga heers.
14 Jan 6AM 5 min

Paaie, hekke in Krugerwildtuin gesluit

Aangesien erge weerstoestande voortduur oor dele van die Limpopo- en Mpumalanga-provinsies, insluitend dele van die Krugerwildtuin, sal gaste wat tans by die Lower Sabie-ruskamp en die Crocodile Bridge-ruskampe bly, nie toegang tot Skukuza hê nie. Reynold “Rey” Thakhuli: Hoofbestuurder: Kommunikasie en Bemarking, Krugerwildtuin, gesels met ons.
12 Jan 6AM 4 min

Doen so aansoek vir Mbombela se elektrisiteitsmeter-amnestie

Mbombela-munisipaliteit sal 'n drie maande-amnestieprogram wat inwoners met onwettige of foutiewe elektrisiteitsverbindings toelaat om hul toevoer te normaliseer sonder om gepenaliseer te word, vanaf Maandag implementeer. Thea Rix verduidelik wat jy moet doen.
11 Dec 2025 6AM 7 min