Dankie vir almal se oproepe oor die brand in die vlei tussen Town Lodge en Hoërskool Bergvlam. Dit is ‘n beheerde brand wat uitgevoer word deur die Lowveld & Escarpment Fire Protection Association (Lefpa). André Scheepers sê dis ‘n skoonmaakaksie vir sekuriteitsdoeleindes. Dit behoort teen 13:00 afgehandel te wees.
Die DA het hul kommer uitgespreek oor drie lede op die nuwe direksies wat gister vir die Mpumalanga Ekonomiese Groei-Agentskap en Mpumalanga Toerisme- en Parke-Agentskap aangekondig is. Dina Pule en Salome Sithole sal vir die volgende vier jaar die onder-voorsitters van onderskeidelik Mega en die MTPA wees. Pule is in…
n Vrou is in hegtenis geneem vir kinder-verwaarlosing in Amersfoort na twee kleuters Maandag in ‘n brand dood is. Volgens die polisie is ‘n tweeling seun en dogtertjie saam met hul niggie alleen gelos waar ‘n kers gebrand het terwyl hul oppasser winkel toe is. Al drie kinders was twee…
Hlobisile Lindokuhle Mthembu en Bongisipho Robert Mthembu is tot ses jaar tronkstraf, opgeskort vir vyf jaar, gevonnis nadat hulle hulself as onderwysers voorgedoen het. Volgens die Valke is hulle Maandag skuldig bevind en gevonnis in die hof vir gespesialiseerde kommersiële misdaad in Nelspruit vir meer as ‘n miljoen-Rand se bedrog…
Rejoice Sindisile Magagula en Matilda Velelent Shongwe moet op 15 September weer in die Nelspruit-hof verskyn op klagte van bedrog, geldwassery, en diefstal of alternatiewelik die oortreding van die belasting-administrasie-wet. Volgens die Valke in Mpumalanga se woordvoerder, kaptein Dineo Sekgotodi, het Magagula na bewering deur ‘n maatskappy, Fundzani Trading, vals…
Die minister van gesondheid, dr. Joe Phaahla, sê hy verwag dat hulle hierdie week nog kan begin om mense ouer as 18 jaar teen Covid-19 in te ent. Hy was vandag op besoek aan inentingslokale in Ehlanzeni saam met premier, Refilwe Mtshweni-Tsipane, en LUR vir gesondheid, Sasekani Manzini. Phaahla sê…
Hoërskool Nelspruit (NHS) se revue het al ‘n jaarlikse hoogtepunt geword op die kalender in die Laeveld. Dit kon nie verlede jaar plaasvind nie, en daarom is besluit om Skouspel 2021 vanjaar ‘n bietjie anders te benader. Weens Covid-19-regulasies kan 'n gehoor nie toegelaat word nie en die vertoning sal…
David Sizanempi Palmer (41) het Vrydag in die Nelspruit-landdroshof verskyn op klagte van bedrog, geldwassery, en diefstal of alternatiewelik die oortreding van die belastingadministrasiewet. Volgens die Valke in Mpumalanga se woordvoerder, kaptein Dineo Sekgotodi, het Palmer na bewering deur ‘n maatskappy, Tshangakuye Trading, vals belastingopgawes by die inkomstediens ingedien. Daardeur…
Die Lowveld & Escarpment Fire Protection Association sê geen verdere voorbande mag meer gemaak word nie, omdat die brandgevaar baie hoog is hierdie tyd van die jaar. Volgens André Scheepers van Lefpa is alle beskikbare hulpbronne en spanne op gereedheid. Lefpa raai mense aan om eerder te wag tot ten…
Inwoners van Graskop behoort binne ure weer water te hê, nadat die reservoirs gisteraand leeggeloop het. Mavin Pillay van die belastingbetalersvereniging verduidelik dat beide pompe wat water moet voorsien, buite werking geraak het. Een kon intussen weer herstel word. Dit sal etlike ure neem om weer vol te loop. Volgens…
Hoërskool Bergvlam se jong wetenskaplikes is genooi om in Oktober aan die nasionale Tritech-ekspo deel te gaan neem. Die “Vlammie’s Cradle”-span bestaan uit Brian Magagula, Esther Ukpe, Jeff Simango, Nosipho Mampho en Pfumani Khoza. Pfumani sê hulle is ‘n span wat soos ‘n masjien saamwerk. As deel van die streeksuitdunne…
Die besluit van die Krugerwildtuin om ‘n wees olifantkalfie van kant te maak, het vrae laat ontstaan oor Sanparke se beleid oor mense se ingryping in die natuur. Die olifantjie is onlangs geskiet nadat die ma aan natuurlike oorsake dood is. Die wildtuin se woordvoerder, Ike Phaahla, sê hulle het…
Geen arrestasies is nog gemaak na twee polisiebeamptes Maandag in Tonga geskiet en gewond is nie. Volgens die Valke was die lede op ‘n roetine patrollie toe hulle verby ‘n sake-onderneming ry waar 'n rooftog onderweg was. Die verdagtes het op hulle begin skiet en ‘n skietgeveg het uitgebreek. Geen…
Witrivier-inwoners is keelvol dat hulle reeds 'n week lank gereelde wateronderbrekings ervaar. Die “Power of eight-thousand”-groep se Pierre du Preez sê die dorp se waterinfrastruktuur is oud en moet vervang word. Hy sê Mbombela-munisipaliteit se pogings om dit te probeer herstel dui op absolute onbevoegdheid. Du Preez sê gemeenskapsorganisasies werk…
Eskort Nelspruit en Radio Laeveld nooi alle voorskoolse en laerskoolkinders uit om te help om 'n storie te vertel. Dit begin met: “Eendag lank, lank gelede…” Nina en Abigail vertel wat volgende gebeur, en jy moet nou die storie klaar vertel. Luister hoe die storie reeds ontwikkel het en stuur…
Hoërskool Nelspruit se hoofleiers vir 2021/22 is gister aangekondig. Paul Harley en Rhodé Nel is die dux'e. Hul adjunk dux’e is Wilmien van der Merwe, Berna Kok, Jomarié du Toit, Dina Grimbeek, Larise Combrink, Joshua Devine, Wynand Loubser, Hannes Feuth, Conrad Joubert en Wikus van Biljon. Rhodé sê sy wil…
109 brandweer- en bestuurslede van Werk met Vuur sal vanaand in Winnipeg arriveer om Kanada te help met brandbestrydingspogings. Meer as honderd veldbrande woed reeds langer as twee weke in dele van die provinsie Manitoba. Werk met Vuur-woordvoerder, Linton Rensburg, sê die afvaardiging het gisteraand vertrek. Van die totaal is…
Die Valke is op soek na verdagtes wat Vrydag in Middelburg tydens 'n rooftog op 'n sypaadjie 'n sekuritietswag aangeval het. Volgens die Valke het vier mans die rooftog uitgevoer, sy vuurwapen afgeneem en kontant gesteel. Een verdagte is kort daarna aangekeer. Hy het 'n onwettige wapen op sy persoon…
Eskort Nelspruit en Radio Laeveld nooi alle voorskoolse en laerskoolkinders uit om te help om 'n storie te vertel. Dit het begin met: “Eendag lank, lank gelede…” Nina Kemp (9) vertel wat volgende gebeur, en jy moet nou die storie verder vertel. Luister na die stemnota wat aangeheg is en…
Die DA het die Menseregtekommissie (MRK) genader om tekorte aan medikasie in Mpumalanga-hospitale te ondersoek. Jane Sithole sê hulle het aan die LUR vir gesondheid daaroor geskryf, maar niks het nog verander nie.
10 Aug 2021 8AM
1 min
1360 – 1380
Agree to storing cookies on your device.
Cookie preferences
iono.fm may request cookies to be stored on our device. We use cookies to understand how you interact with us, to enrich and personalise your experience, to enable social media functionality and to provide more relevant advertising. Using the sections below you can customise which cookies we're allowed to store. Note that blocking some types of cookies may impact your experience.