Vrou aangekeer na twee kleuters in huisbrand sterf

Loading player...
n Vrou is in hegtenis geneem vir kinder-verwaarlosing in Amersfoort na twee kleuters Maandag in ‘n brand dood is.
Volgens die polisie is ‘n tweeling seun en dogtertjie saam met hul niggie alleen gelos waar ‘n kers gebrand het terwyl hul oppasser winkel toe is. Al drie kinders was twee jaar oud.
Die seuntjie kon uit die vlamme gered word deur bure en is in 'n kritieke toestand in die hospitaal.
Die twee dogtertjies is dood. Die premier, Refilwe Mtshweni-Tsipane, het die huis vandag besoek. Sy sê die mense het in 'n industriële area gewoon.
18 Aug 2021 6AM Afrikaans South Africa Daily News · News Commentary

Other recent episodes

Kanselleer jou wildtuin-besoek

Die Krugerwildtuin sê hulle sal hul kansellasiefooi kanselleer vir besoekers wat hul besoeke nie kan hersekduleer nie, te midde van die frats weerstoestande en aanhoudende swaar reën wat in Limpopo en Mpumalanga heers.
14 Jan 6AM 5 min

Paaie, hekke in Krugerwildtuin gesluit

Aangesien erge weerstoestande voortduur oor dele van die Limpopo- en Mpumalanga-provinsies, insluitend dele van die Krugerwildtuin, sal gaste wat tans by die Lower Sabie-ruskamp en die Crocodile Bridge-ruskampe bly, nie toegang tot Skukuza hê nie. Reynold “Rey” Thakhuli: Hoofbestuurder: Kommunikasie en Bemarking, Krugerwildtuin, gesels met ons.
12 Jan 6AM 4 min

Doen so aansoek vir Mbombela se elektrisiteitsmeter-amnestie

Mbombela-munisipaliteit sal 'n drie maande-amnestieprogram wat inwoners met onwettige of foutiewe elektrisiteitsverbindings toelaat om hul toevoer te normaliseer sonder om gepenaliseer te word, vanaf Maandag implementeer. Thea Rix verduidelik wat jy moet doen.
11 Dec 2025 6AM 7 min