Vier aangekeer na gefnuikte rooftog by Witrivier-restaurant

Loading player...
Vier verdagtes is gisteraand aangekeer nadat hulle moontlik Die Winpomp-restaurant in Witrivier probeer beroof het.
Volgens Hi-Tech se Jchaan de Beer is een handwapen, 'n haelgeweer en 'n speel-wapen aan die verdagtes gevind.
Vier kon daarin slaag om te vlug.
Die restaurant-eienaar, Lewies Dippenaar, sê werkers wat vullis buitentoe geneem het, het die aanvallers sien aankom.
Hulle kon hom waarksu en hy het uitgestorm en skote op hulle gevuur.
4 Aug 2021 5AM Afrikaans South Africa Daily News · News Commentary

Other recent episodes

Kanselleer jou wildtuin-besoek

Die Krugerwildtuin sê hulle sal hul kansellasiefooi kanselleer vir besoekers wat hul besoeke nie kan hersekduleer nie, te midde van die frats weerstoestande en aanhoudende swaar reën wat in Limpopo en Mpumalanga heers.
14 Jan 6AM 5 min

Paaie, hekke in Krugerwildtuin gesluit

Aangesien erge weerstoestande voortduur oor dele van die Limpopo- en Mpumalanga-provinsies, insluitend dele van die Krugerwildtuin, sal gaste wat tans by die Lower Sabie-ruskamp en die Crocodile Bridge-ruskampe bly, nie toegang tot Skukuza hê nie. Reynold “Rey” Thakhuli: Hoofbestuurder: Kommunikasie en Bemarking, Krugerwildtuin, gesels met ons.
12 Jan 6AM 4 min

Doen so aansoek vir Mbombela se elektrisiteitsmeter-amnestie

Mbombela-munisipaliteit sal 'n drie maande-amnestieprogram wat inwoners met onwettige of foutiewe elektrisiteitsverbindings toelaat om hul toevoer te normaliseer sonder om gepenaliseer te word, vanaf Maandag implementeer. Thea Rix verduidelik wat jy moet doen.
11 Dec 2025 6AM 7 min