Drie mense dood in ongeluk op die N4 naby Malalane

Loading player...
Drie mense is vanoggend oorlede in ‘n motorongeluk op die N4-tolpad tussen Malalane en Hectorspruit.
Volgens die departement van gemeenskapsveiligheid het ‘n kop-botsing tussen ‘n ligte afleweringsvoertuig en sedan ontstaan om ongeveer 20 minute na 11.
Twee mans en ‘n vrou - wat almal in die sedan was - is op die toneel dood verklaar.
Die bestuurder van die afleweringsvoertuig is ernstig beseer en na die hospitaal gehaas.
Volgens Moeti Mmusi werk hulle saam met die polisie om die oorsaak van die ongeluk te ondersoek.
26 Jul 2021 7AM Afrikaans South Africa Daily News · News Commentary

Other recent episodes

Kanselleer jou wildtuin-besoek

Die Krugerwildtuin sê hulle sal hul kansellasiefooi kanselleer vir besoekers wat hul besoeke nie kan hersekduleer nie, te midde van die frats weerstoestande en aanhoudende swaar reën wat in Limpopo en Mpumalanga heers.
14 Jan 6AM 5 min

Paaie, hekke in Krugerwildtuin gesluit

Aangesien erge weerstoestande voortduur oor dele van die Limpopo- en Mpumalanga-provinsies, insluitend dele van die Krugerwildtuin, sal gaste wat tans by die Lower Sabie-ruskamp en die Crocodile Bridge-ruskampe bly, nie toegang tot Skukuza hê nie. Reynold “Rey” Thakhuli: Hoofbestuurder: Kommunikasie en Bemarking, Krugerwildtuin, gesels met ons.
12 Jan 6AM 4 min

Doen so aansoek vir Mbombela se elektrisiteitsmeter-amnestie

Mbombela-munisipaliteit sal 'n drie maande-amnestieprogram wat inwoners met onwettige of foutiewe elektrisiteitsverbindings toelaat om hul toevoer te normaliseer sonder om gepenaliseer te word, vanaf Maandag implementeer. Thea Rix verduidelik wat jy moet doen.
11 Dec 2025 6AM 7 min