Die ANC se sekretaris-generaal Fikile Mbalula sê die G20-leiersberaad sal voortgaan met of sonder die VSA se verteenwoordiging. Dit volg nadat president Donald Trump verklaar het dat hulle die beraad gaan boikot. Hy het op sy Truth Social-platform gesê dit is 'n totale skande dat die G20 in Suid-Afrika gehou…
Nampol se inspekteur-generaal, Luitenant-generaal Joseph Shikongo, doen 'n beroep op Namibiërs om groter verdraagsaamheid teenoor Angolese burgers te toon. Daar is spanning oor toenemende informele handelaars in die noorde. Hy het burgers daaraan herinner dat Angola 'n belangrike bondgenoot was tydens Namibië se bevrydingstryd, en duisende vryheidsvegters gehuisves het sonder…
Cosatu doen 'n beroep op die regering en die Nasionale Tesourie om die maatskaplike toelaes en die maatskaplike toelaag vir die verligting van nood teen inflasionêre erosie te beskerm. Die vakbond se oproep kom in die aanloop tot die minister van Finansies, Enoch Godongwana, se voorleggings Woensdag in die Parlement…
Huishoudelike lenings het verlede maand effens toegeneem en gestyg tot 3,4 persent in September vanaf 2,8 persent in Augustus, volgens die jongste FNB Namibië-verslag. Terwyl korporatiewe kredietgroei tot 9,5 persent afgeneem het, het algehele privaatsektorlenings 'n beskeie styging getoon en 5,9 persent jaar-op-jaar bereik. FNB-ekonoom Cheryl Emvula het meer.
Die topgekeurde Carlos Alcaraz het sy strewe na ʼn eerste ATP-jaareindtoernooi-titel en die eerste plek op die wêreldranglys in Turyn, Italië, op ʼn wen-noot afgeskop. Die 22-jarige Spanjaard het die Australiër, Alex de Minaur, geklop in sy eerste Jimmy Connors-groepwedstryd. In die Bjorn Borg-groep het die tweemalige wenner, Alexander Zverev,…
Die Namibië Statistieke-agentskap het die data-insameling van die 2025 Finansiële Insluitingsopname, wat op 6 Oktober begin het, afgesluit. Die opname was daarop gemik om data te kry oor hoe individue en huishoudings finansiële dienste verkry en gebruik. Dit is in 1 960 huishoudings in al 14 streke uitgevoer, ondersteun deur…
Die Departement van Vroue, Jeug en Persone met Gestremdhede sê hulle werk aan 'n gesamentlike poging om die plaag van tienerswangerskappe in Suid-Afrika te beëindig. Die departement se woordvoerder, Cassius Selala, sê dit sluit in die regering, burgerlike samelewingsorganisasies, nie-regeringsorganisasies, VN-organisasies en akademiese instellings. Hy sê huidige benaderings is te…
Amerika se minister van Vervoer, Sean Duffy, waarsku die situasie gaan vererger omdat gekanselleerde vlugte en vertragings gaan toeneem. Byna 3 000 vlugte na, van en in die Verenigde State is die naweek gekanselleer nadat die Federale Lugvaartadministrasie vlugte by 40 van die land se besigste lughawens ingekort het. Duffy…
Casey Jarvis van Suid-Afrika het sy eerste Sonskyntoer-titel by die Hyundai Ope op die Ebotse Golf and Country Estate in Benoni gewen. Die 22-jarige het klaar gemaak met 68 op 23 onder baansyfer. Sy vriend en landgenoot Ryan van Velzen het tweede geëindig op 22 onder. Die Sonskyntoer-groentjie Warwick Purchase…
Die uitvoerende hoof van Alzheimer Dementia Namibia, Berrie Holtzhausen, het die Ombudsman se besluit om hekseryverwante misbruik aan te spreek, verwelkom en dit 'n stap in die regte rigting genoem. Holtzhausen het in 'n onderhoud met Kosmos 94.1 Nuus gesê dat meer bewustheid dringend nodig is om die vrees, stigma…
Namibië se nasionale bloedvoorraad het tot kritieke vlakke gedaal, wat die Bloedoortappingsdiens van Namibië noop om 'n dringende beroep op skenkings te rig. Volgens woordvoerder Frieda Vatileni-Asino kan die huidige vlakke slegs vyf dae dek. Sy het aan Kosmos 94.1 Nuus gesê daar is pasiënte in hospitale landwyd wat onmiddellike…
Justisieminister Wise Immanuel het die sloerstaking van landdroste onwettig verklaar en beveel dat alle landdroste vandag weer op hul pos moet wees of die gevolge van hul aksie gaan dra. ‘n Nuwe vergoedingspakket is die afgelope naweek deur justisie en die Landdrostevereniging beding, maar moet nog deur Immanuel onderteken word…
McLaren-renjaer Lando Norris het die Sao Paulo Grand Prix gewen en sy voorsprong in die bestuurderskampioenskap tot 24 punte bo spanmaat Oscar Piastri vergroot. Kimi Antonelli van Mercedes het tweede klaargemaak en Max Verstappen van Red Bull wat uit die kuipebaan weggespring het, derde. George Russell van Mercedes was vierde…
Gesondheidsminister Aaron Motsoaledi sê die G20-presidentskap het die sentraliteit van Universele Gesondheidsdekking as die hoeksteen van globale gesondheid herbevestig. Motsoaledi het gepraat tydens die afsluiting van die G20-gesondheidswerkgroepvergadering in Polokwane, Limpopo. Die minister sê hulle het in alle streke gesien dat lande wat in sterk, billike gesondheidstelsels belê, beter toegerus…
Die waarnemende minister van nywerheid, mynbou en energie, Frans Kapofi, het Vrydag die nuwe Ankit Gems Namibia-fabriek ingewy. Dit is 'n hupstoot vir werkskepping en industriële groei. Die multimiljoen-Namibiese-dollar-fasiliteit beloof om plaaslike verwerking te verbeter en Namibië as 'n sterker speler in die globale edelsteenmark te posisioneer. Kapofi is aan…
Die GOOD Party sê dis 'n jammerte dat die Amerikaanse president Donald Trump aangekondig het dat hy nie by die G20-leiersberaad verteenwoordig sal wees wanneer Suid-Afrika die presidentskap van die G20 aan die Verenigde State oorhandig nie. GOOD se sekretaris-generaal, Brett Herron, sê dit lyk asof Trump hierdie besluit geneem…
President Cyril Ramaphosa sê sy eerste ontmoeting met Pous Leo XIV in die Vatikaan is besonder betekenisvol, aangesien dit Suid-Afrika se eerste hoëvlak-betrokkenheid met die nuut aangestelde Pous verteenwoordig. Ramaphosa sê sy verkiesing as Pous in Mei vanjaar het 'n belangrike geleentheid gebied om bilaterale betrekkinge met die Pous te…
Polisiehoof luitenant-general Joseph Shikongo sê daar is geen wet wat verbied dat Angolese bier, of “cuca”, en brandstof Namibië binnekom nie. Daar is wel streng prosedures wat deur die polisie en die inkomste-agentskap NamRA gevolg moet wanneer goedere van die publiek gekonfiskeer word.
Die ANC is diep bekommerd oor noodoproepe deur 17 Suid-Afrikaanse burgers wat tans vasgekeer is in die konflikgebied in die Donbas-streek van Oekraïne. Volgens berigte is sestien mans van KwaZulu-Natal en een uit die Oos-Kaap gelok om by gewapende magte in die Rusland-Oekraïne-konflik aan te sluit, onder die dekmantel van…
Die Ondersoekdirektoraat Teen Korrupsie het bevestig die polisie ondersoek 'n saak van aanranding en die ontvoering van hul nasionale hoof Matthews Sesoko. Die eenheid se woordvoerder, Henry Mamothame, sê Sesoko se selfone en staatskootrekenaar is gesteel tydens 'n ontvoering Saterdagaand langs die R25 in Kempton Park, Ekurhuleni. Hy sê die…
9 Nov 12AM
1 min
700 – 720
Agree to storing cookies on your device.
Cookie preferences
iono.fm may request cookies to be stored on our device. We use cookies to understand how you interact with us, to enrich and personalise your experience, to enable social media functionality and to provide more relevant advertising. Using the sections below you can customise which cookies we're allowed to store. Note that blocking some types of cookies may impact your experience.