Kommer oor polisie-reaksietye op misdaadvoorvalle en die mobilisering van hulpbronne binne NamPol is in die parlement onder die loep geneem. PDM-parlementslid Winnie Moongo het vrae aan Veiligheid en Sekuriteit-minister Lucia Iipumbu gevra oor wat sy beskryf as volgehoue administratiewe en operasionele tekortkominge wat polisiestasies landwyd raak. Dit sluit in onvoldoende…
Die Namibiese Instituut vir Openbare Administrasie en Bestuur en die Globale Kubersekuriteitsentrum het 'n ooreenkoms onderteken wat daarop gemik is om kubersekuriteitsbewustheid en -opleiding onder staatsamptenare te versterk. Die instituut se woordvoerder, Johannes Hatutale, het meer.
Die Gautengse Departement van Gemeenskapsveiligheid is erg bekommerd oor die inhegtenisneming van twee verkeersbeamptes wat van afpersing en korrupsie in Benoni beskuldig word. Daar word beweer hulle het hul diensposte verlaat , 'n voertuig met vals nommerplate gebruik en vier-duisend-rand van 'n huiswerker geëis om inhegtenisneming te vermy. Ofentse Morwane…
Statistiek Suid-Afrika sê elektrisiteitsproduksie het in April met 9 persent gedaal, terwyl verbruik met 5 persent gedaal het. Op 'n maandelikse basis het opwekking met 1,7 persent gedaal, wat die afwaartse neiging van die afgelope maande voortsit. Elektrisiteitsverbruik het ook met 1,3 persent gedaal vanaf Maart, hoewel dit 'n effense…
Die Keniaanse president William Ruto het 'n beroep gedoen vir dieper ekonomiese samewerking met Suid-Afrika te midde van wêreldwye ekonomiese onsekerheid en 'n verswakking in samewerking tussen lande. Ruto het tydens sy staatsbesoek aan Suid-Afrika gesê die twee lande, as belangrike streeksekonomieë, het beduidende geleenthede om handel, belegging en nywerheidsontwikkeling…
Die DA vra vir 'n nasionale oudit van die DNS-agterstand, asook 'n volledige omkeerplan om ernstige personeeltekorte, toerustingmislukkings en laboratoriumbeperkings in die forensiese stelsel reg te stel. Dit volg op nuwe bevindinge wat groot vertragings in forensiese toetse ontbloot het. Ian Cameron van die party sê sowat 175 000 DNS-gevalle…
Tommy Fleetwood van Engeland is op vyf onder 67 deel van vier voorlopers na die eerste ronde van die PGA-gedenktoernooi in Ohio. Die ander is die Amerikaners, Wyndham Clark, JJ Spaun en Ryan Gerard. Die Kanadees, Nick Taylor, is een hou agter die vier voorlopers. Die heersende tweemalige kampioen, die…
Motoriste en voetgangers in Windhoek word ingelig oor komende padveiligheidsverbeterings, met spoedhobbels wat vanaf vandag langs dele van die B1 Westelike Ompad en die A1-pad geïnstalleer sal word. Die Padowerheid, in samewerking met die vervoerministerie en ander belanghebbendes, sê die ingryping volg op 'n toename in voetgangerverwante ongelukke, insluitend noodlottige…
Energieminister Modestus Amutse het in die parlement sy besluit verdedig om die internasionale energiehandelaar Vitol 'n eksklusiewe drie maande lange kontrak toe te staan om petroleumprodukte in grootmaat van Julie tot September te verskaf. In die gesig gestaar deur wetgewers, het Amutse bewerings verwerp dat die bedryf ontevrede is met…
Die Kommunikasie Reguleringsowerheid van Namibië, Cran het formeel met Telecom Namibia in gesprek getree na aanleiding van voortdurende openbare kommer oor netwerkonderbrekings, diensonstabiliteit en die gehalte van elektroniese kommunikasiedienste regoor die land. En daar is ook uiters goeie nuus vir kliënte van die beleërde internetverskaffer. Mufaro Nesongano, Cran se woordvoerder.
President Cyril Ramaphosa sê sy aandag sal nie afgelei word deur partye wat probeer aandag trek nie en hy sal getrou bly aan die Grondwet en die oppergesag van die reg. Opposisiepartye het hom versoek om die Phala Phala-sage te bespreek ondanks 'n ampsklagondersoek teen hom. Ramaphosa het gevra vir…
Verskeie mense is dood en ander gewond in Israeliese lugaanvalle regoor Libanon, minder as 24 uur nadat Libanese amptenare ingestem het tot 'n skietstilstand tydens vergaderings in Washington, DC, met Israeliese amptenare. Hizbollah-hoof Naim Qassem het intussen die ooreenkoms verwerp en gesê dat dit neerkom op oorgawe en nederlaag vir…
Navorsing deur die Universiteit van die Wes-Kaap het bevind kinders wat in die baarmoeder aan sigaretrook blootgestel word, loop ʼn groter gevaar om tydens hul tienerjare hoë bloeddruk te ontwikkel. Die studie het 307 kinders van tussen 10- en 14-jaar van Bishop Lavis, Kaapstad, betrek. Daar is gekyk hoe rook…
Krieket: Engeland se kaptein, Ben Stokes, het Jofra Archer verdedig nadat die snelbouler onder kritiek deurgeloop het oor sy afwesigheid in die groep na sy betrokkenheid by die Indiese Premierliga. Archer sal die eerste toets teen Nieu-Seeland misloop wat vandag op Lord's begin, en is dalk nie gereed om te…
Die vertraging in Nsfaf-betalings is steeds in die nuus en die kwessie verdiep. Nanso beplan 'n protesaksie vir môre, 5 Junie. Dit kom nadat vergaderings tussen owerhede en die organisasie Dinsdag ‘n dooiepunt bereik het. Die studente dring aan op onmiddellike uitbetaling van alle uitstaande nie-klasgelde terwyl die ministerie sê…
Finansminister Ericah Shafudah doen 'n beroep op geduld nadat meer as 15 800 begunstigdes van maatskaplike toelaes tydelik uit die stelsel verwyder is weens verifikasieprobleme. Die stap het kommer gewek oor die integriteit van Namibië se maatskaplike toelaeprogram. Shafudah het egter vanmiddag in die parlement gesê dat geaffekteerde en wettige…
Hoewel kommersiële banke begin het om sekere bankfooie en -kostes te hersien, kla die publiek steeds dat dit te hoog is. Die Bank van Namibië se goewerneur, Ebson Uanguta, het aan die parlementêre staande komitee oor ekonomie erken dat bankfooie 'n uitdaging bly, maar dat dit tyd sal neem om…
Israel se eerste minister Benjamin Netanyahu ontken berigte van spanning tussen hom en president Donald Trump van Amerika. Dit volg nadat Trump erken het hy het Netanyahu “mal” genoem tydens ʼn telefoongesprek oor Israel se militêre optrede in Libanon. Netanyahu het in ʼn onderhoud met CNBC gesê hy en Trump…
4 Jun 9AM
1 min
720 – 740
Agree to storing cookies on your device.
Cookie preferences
iono.fm may request cookies to be stored on our device. We use cookies to understand how you interact with us, to enrich and personalise your experience, to enable social media functionality and to provide more relevant advertising. Using the sections below you can customise which cookies we're allowed to store. Note that blocking some types of cookies may impact your experience.