President Netumbo Nandi-Ndaitwah het tydens haar toespraak by die COP30-klimaatberaad in Brazilië ‘n pleidooi gelewer vir die inwerkingstelling van die Verlies- en Skadefonds. Dié fonds is veronderstel om finansiële bystand van miljarde Amerikaanse dollar aan ontwikkelende lande te verskaf om die onvermydelike impak van klimaatsverandering te versag.
President Cyril Ramaphosa is as tussentydse voorsitter van die Suider-Afrikaanse Ontwikkelingsgemeenskap aangestel na die bedanking van Madagaskar weens politieke onrus en 'n militêre oorname in die land. Ramaphosa sê die Suider-Afrikaanse Ontwikkelingsgemeenskap staan as 'n baken van solidariteit en 'n gemeenskap gebaseer op die waardes van eenheid, vrede, gelykheid en…
Die Walvisbaai-korridorgroep het sy infeksiebeheermaatreëls verskerp nadat M-pokke-gevalle in die Erongo-streek bevestig is. Die maatskappy sê alle padkant-welstandsentrums, mobiele klinieke en uitreikpunte langs die korridor is nou op hoë gereedheidsgrondslag. Die maatskappy se welstandsdienste-projekbestuurder, Edward Shivute, het met Kosmos 94.1 Nuus gepraat.
Die Stad Kaapstad het sy eerste hoof-hittebeampte aangestel met die stad wat stygende temperature en meer gereelde buitengewone hittevoorvalle in die gesig staar. Die stad se bestuurder vir veerkragtigheid en klimaatsverandering, Albert Ferreira, sal bewusmakingsveldtogte lei en hitteverwante ingrypings begelei, veral in kwesbare gemeenskappe. Ferreira het inwoners aangespoor om te…
Die afgetrede adjunkhoof van die Ekurhuleni Metropolisie, Revo Spies, sê blou ligte in privaat hande is gevaarlik, want misdadigers kan hulle as polisie voordoen. Spies het voor die Madlanga-kommissie in Pretoria verwys na News24-berigte dat voertuie, wat met sakeman Vusimuzi “Cat” Matlala verbind word, onwettig as EMPD-motors geregistreer is. Hy…
Die wêreld se energie-oorgang moet regverdig en verantwoordelik wees, sodat lande in verskillende ontwikkelingsfases nie agterweë gelaat word nie, het president Netumbo Nandi-Ndaitwah Vrydag tydens die COP30-klimaatberaad in Brasilië gesê. Sy het Namibië se strategie rakende dié kwessie uitgelig:
Die Namibiese Meteorologiese Diens het 'n waarskuwing uitgereik oor swaar storms en moontlike kitsvloede in die sentrale-noordelike en oostelike //Kharas-streek oor die volgende paar dae. Hoofweervoorspeller Odillo Kgobetsi het aan Kosmos 94.1 Nuus gesê dat terwyl die weste sonnig en baie warm sal bly, verspreide donderbuie oor dele van die…
Die regering se pyplynskema vir watervoorsiening is Vrydag amptelik op Onamatanga in die Kunenestreek deur landbou- en waterminister Inge Zaamwani van stapel gestuur. Dié inisiatief sal water aan meer as 250 huishoudings en vee op Onamatanga voorsien, asook aan die skool, kliniek en polisiestasie. Zaamwani het tydens dié geleentheid oor…
Die Wes-Kaapse Departement van Landbou het 'n geval van bek-en-klouseer op 'n plaas naby Gouda bevestig. Die plaas en twee ander in Velddrift en Bredasdorp is onder kwarantyn geplaas, terwyl alle plase binne 'n omtrek van tien kilometer ondersoek word. Veeartsenykundige spanne ondersoek 'n vervoermaatskappy wat met die uitbreking verbind…
Die Verenigde Nasies se Veiligheidsraad het gestem om sanksies op te hef teen Sirië se president, Ahmed al-Sharaa, en die minister van Binnelandse Sake, Anas Khattab. Die Amerikaans-opgestelde besluit is met 14 stemme aanvaar terwyl China buite stemming gebly het. Sharaa het die magte gelei wat Bashar al-Assad onttroon het,…
Unicef, in vennootskap met die Oniipa-stadsraad en die Lixil Korporasie het begin met die installering van bekostigbare, klimaatslim toilette in informele nedersettings. Die inisiatief teiken meer as 500 huishoudings, met die doel om oop ontlasting te bekamp en sanitasie te verbeter in 'n land waar een uit elke vyf stedelike…
Die Verkiesingskommissie het bewerings deur die LPM dat dit doelbewus hul plaaslike raadsbenoemings geblokkeer het, van die hand gewys en daarop aangedring dat daar geen stelselfoute was nie. Die kommissie sê sy personeel het hulself professioneel gedra en dat enige registrasieprobleme te wyte was aan die LPM se eie tekortkominge…
'n Deurslaggewende uitspraak van die Verkiesingshof word Maandag verwag, terwyl die Khomas Inwoners- en Belastingbetalersvereniging veg om later vandeesmaand aan die Windhoek Stadsraadsverkiesing deel te neem. Die groep sê hulle is geblokkeer om die Verkiesingskommissie se aanlyn nominasiestelsel te gebruik en wil hê dat hul papiervoorleggings eerder aanvaar word. Regters…
Die Verkiesingskommissie in die Omaheke-streek het opleidingsessies vir stembusagente en polisiebeamptes begin voor die stemdag. Die program is daarop gemik om deelnemers voor te berei vir hul rolle by stemlokale en hulle vertroud te maak met verkiesingsmateriaal en -prosedures. Streeksverkiesingsbeampte, Joseph Amwandi, verduidelik verder.
Die politieke ontleder Dirk Kotzé sê die beslaglegging op die geskorste polisieminister, Senzo Mchunu, se elektroniese toestelle dui daarop dat ondersoekprosesse begin versnel. Die KwaZulu-Natalse taakspan vir politieke moorde het vanoggend vyf toestelle by Mchunu se huis in Pretoria afgeneem te midde van 'n ondersoek na beweerde politieke inmenging en…
Die Vereniging van Staatsamptenare sê hy is bekommerd oor die stelselmatige en uitgerekte verwaarlosing van diensvoorwaardes, vergoeding en die institusionele status van laerhof-regters. Wes-Kaapse landdroste het verlede week betoog en eis erkenning as deel van ʼn enkele regbank, aansienlike salarishervorming en beter werkstoestande. Claude Naiker van die vakbond sê landdroste…
Motorsport: McLaren se Australiese renjaer, Oscar Piastri, glo steeds hy kan die Formule Een-bestuurders-kampioenskap wen. Hy het ses maande lank voorgeloop voor sy Britse spanmaat, Lando Norris, hom verlede maand verbygesteek het toe hy die Mexikaanse Grand Prix gewen het. Piastri is nou een punt agter, met Red Bull se…
ActionSA het 'n etiese klag teen die minister van Sport, Kuns en Kultuur, Gayton McKenzie, ingedien. Dis volgens die party weens sy misleidende antwoord op 'n parlementêre vraag oor die Teboho Mokoena-sage wat Bafana Bafana amper hul plek in die 2026 Wêreldbeker gekos het. FIFA het Suid-Afrika met drie punte…
Die Amerikaanse regering se sluiting is op sy 37ste dag vandag, die langste ooit en dinge begin ontrafel, ook binne die Republikeinse-party. Die Georgia-kongreslid, Republikein Marjorie Taylor Greene, wat altyd bekkig is, het met Kaitlin Collins van CNN gepraat. Sy sê Amerikaners is sat.
7 Nov 5AM
1 min
720 – 740
Agree to storing cookies on your device.
Cookie preferences
iono.fm may request cookies to be stored on our device. We use cookies to understand how you interact with us, to enrich and personalise your experience, to enable social media functionality and to provide more relevant advertising. Using the sections below you can customise which cookies we're allowed to store. Note that blocking some types of cookies may impact your experience.