Nuus

Kry die nuus soos dit breek.
Hourly Afrikaans South Africa News
4,001 Episodes
652 – 672

Opskorting van inligtingskommissaris werwing 'n teleurstelling

Die parlement het die werwing van 'n inligtingskommissaris en adjunk skielik opgeskort, wat die implementering van die Wet op Toegang tot Inligting verder vertraag. In 'n koerantkennisgewing vandeesweek is die staking bevestig. Kosmos 94.1 Nuus het met senior kommunikasie-dosent by Nust, dr. Rolf Santos gepraat.
9 Mar 5AM 1 min

Katar sê Iran se aanvalle is 'n fout

Katar se premier vra vir 'n de-eskalasie in die konflik wat die Midde-Ooste verswelg. In ‘n onderhoud met Sky News, het Sheikh Mohammed bin Abdulrahman al Thani die aanvalle deur Iran op Golflande as 'n gevaarlike misberekening beskryf.
9 Mar 5AM 1 min

Snyman beïndruk met sy Blitsbok-span

Die Springbok-sewes se afrigter, Philip Snyman, sê hy is trots op die span se kliniese spel teen Spanje in die eindstryd van die Kanadese wêreldreekstoernooi in Vancouver. Suid-Afrika het ses drieë gedruk en Spanje 38-12 verpletter. Dit was die Blitsbokke se derde titel in vyf toernooie in die huidige seisoen…
9 Mar 5AM 1 min

Naretu sê oor Namib Mills staking

Die Namibiese Rewolusionêre Vervoer- en Vervaardigingsvakbond, Naretu, het ‘n beroep op president Netumbo Nandi-Ndaitwah gedoen om by die staking by Namib Mills in te gryp. Sowat 1 000 werknemers by verskeie takke van Namib Mills staak reeds vir meer as agt weke terwyl die partye sukkel om ‘n loondispuut te…
9 Mar 3AM 1 min

Sanitêre doekies is veilig - Motsoaledi

Die minister van Gesondheid, Aaron Motsoaledi, het Suid-Afrikaners verseker dat dit steeds veilig is om sanitêre doekies en broekievoerings te gebruik. Dit volg nadat 'n onlangse studie deur die Universiteit van die Vrystaat bevind het dat sekere sanitêre doekies en broekievoerings skadelike endokrien-ontwrigtende chemikalieë kan bevat. Motsoaledi het gister in…
9 Mar 3AM 1 min

NSFAS moet woeker met akkommodasie

Die onderwysaktivis Hendrick Makaneta erken die werk wat die Nasionale Finansiële Hulpskema vir Studente doen om studente se uitstaande probleme, insluitend probleme met verblyf, op te los. NSFAS se raadsvoorsitter, Mugwena Maluleke, het aangekondig die skema het 224 983 verblyfaansoeke vanaf studente regoor die land ontvang en 148 825 studente…
9 Mar 3AM 1 min

Sewende VSA-soldaat sterf in Midde-Ooste

’n Sewende Amerikaanse Weermaglid is dood aan beserings wat hy in Iran se aanvanklike aanval in die Midde-Ooste opgedoen het toe ’n tydelike bedryfsentrum op die burgerlike hawe Shuaiba in Koeweit getref is. Die oorskot van ses ander soldate wat gesterf het, het die naweek op die Lugmagbasis Dover in…
9 Mar 3AM 1 min

Inflasie kan hoër wees, mandjie kom van 2009 af

Die inflasiekoers het in 2025 tot ongeveer 3,5 persent afgekoel, maar huishoudings is steeds onder druk weens volgehoue prysstygings vir noodsaaklikhede. Die verouderde verbruikersprysindeksmandjie, gebaseer op 2009-bestedingspatrone, onderskat waarskynlik die ware lewenskostedruk waarmee Namibiërs te kampe het, wat nou meer geld aan basiese behoeftes soos voedsel toewys. Aanhoudende stygings in…
9 Mar 2AM 1 min

Brit Bradbury vat sy tweede Johannesburg Ope

Dan Bradbury van Engeland het sy tweede Johannesburg Ope met een hou gewen en 'n derde DP World-toertitel by die Houghton Gholfklub verower. Die 26-jarige was vyf houe agter, maar het ingehaal om die titel op 17 onder baansyfer op 65 te verower. Casey Jarvis van Suid-Afrika, wat wou aansluit…
9 Mar 2AM 1 min

Amerikaanse lynminister sê brandstofpryse sal net kortstondig styg

Die Israelies-Amerikaanse oorlog teen Iran het oliepryse die hoogte laat inskiet en dis nou die eerste keer sedert 2022 bo 100 dollar per vat. Die oorlog beteken dat minder olietenkskepe deur die Seestraat van Hormuz kan vaar, wat 'n vyfde van die wêreld se olievoorraad en groot hoeveelhede gas vervoer…
9 Mar 1AM 1 min

Oos-Kaap ent 63 000 bees in 1 week

Die Oos-Kaapse LUR vir Landelike Ontwikkeling en Landbouhervorming, Nonceba Kontsiwe, sê die provinsie het meer as 63 000 beeste binne een week teen die uitbreking van bek-en-klouseer ingeënt. Sy sê dit nadat die eerste 150 000 dosisse Argentynse bek-en-klouseer-entstof verlede week in die provinsie aangekom het. Kontsiwe sê die departement…
9 Mar 1AM 1 min

Nust stel Nanosatelliet-grondstasie bekend

Die Namibiese Universiteit van Wetenskap en Tegnologie, Nust, het amptelik sy Nanosatelliet-data-ontvangsgrondstasie bekendgestel, wat 'n belangrike mylpaal in die land se groeiende ruimtewetenskap-kapasiteit aandui. Die grondstasie vul Namibië se breër satelliet-infrastruktuurontwikkeling aan, insluitend die Satelliet-gronddata-ontvangsstasie wat verlede maand bekendgestel is. Nust-woordvoerder Cindy van Wyk het met Kosmos 94.1 Nuus gepraat:
9 Mar 1AM 1 min

Brent styg met 23% in 24 uur

‘n Reuse-skok wag op motoriste in April met onderverhalings in veral diesel wat in die buurland om meer as 4 Suid-Afrikaanse rand gerapporteer word. Brent ru-olie verhandel tans op 115 Amerikaanse dollar ‘n vat en het in sewe dae met meer as 31 persent gestyg en in die afgelope 24…
9 Mar 12AM 1 min

Hai||om se eis die week in die hof

Die Hai||om-vereniging het regstappe teen die Namibiese regering van stapel gestuur om erkenning te eis vir voorvaderlike grondregte in die Etosha Nasionale Park en omliggende gebiede. Die groep sê die saak is daarop gemik om meer as 'n eeu van onteiening aan te spreek. Die Regshulpsentrum se prokureur, Corinna Van…
9 Mar 12AM 1 min

Operasies by Steve Biko uitgestel oor lugversorging

Die DA in Gauteng eis dat die provinsiale Departement van Gesondheid dringend die lugversorging in die Steve Biko Hospitaal in Pretoria moet laat regmaak. Die party sê pasiënte is hewig ontsteld omdat chirurgie vir meer as 'n maand vertraag is weens voortdurende probleme met die lugversorging in operasiesale. Talle angstige…
8 Mar 11PM 1 min

Buitelanders gewerf vir hoërhof-agterstand

Die Regterlike Dienskommissie het planne aangekondig om 'n beperkte aantal buitelandse regters te werf om in die siviele stroom van Namibië se hoërhof te dien. In 'n mediaverklaring sê die kommissie dié besluit volg op 'n volgehoue tekort aan geskikte gekwalifiseerde plaaslike kandidate en toenemende druk op die hof vanweë…
8 Mar 11PM 1 min

Kerk moet groter rol in gemeenskap speel, sê Witbooi

Visepresident Lucia Witbooi het ‘n beroep op die Raad van Kerke in Namibië gedoen om hul lede aan te spoor om meer aktief in hul gemeenskappe betrokke te raak. Witbooi het tydens die Wêreldbiddag vir Vroue in Windhoek gesê kerke speel ‘n belangrike rol om eenheid en transformasie in gemeenskap…
8 Mar 7AM 1 min

Grootskaalse BKS-inentings gaan SA markte terugwen

Die minister van landbou, John Steenhuisen, sê grootskaalse bek-en-klouseer-inentings regoor die land sal help om die internasionale rooivleismarkte oop te stel. Hy het gepraat tydens 'n inentingsveldtog in Magagula Heights in Ekurhuleni. Die minister sê die 2025-bek-en-klouseer uitbreking het die uitvoerbedryf miljarde rande in verlore inkomste gekos weens 'n verbod…
8 Mar 5AM 1 min

Swakker rand hupstoot vir Namibiese uitvoere

Die oorlog in die Midde-Ooste is besig om globale ekonomiese gevolge te hê weens die stygende olieprys en, nader aan die huis, die Suid-Afrikaanse rand wat erg verswak het teen die Amerikaanse dollar. Kosmos 94.1 Nuus het met dr. Roelof Botha gepraat, ekonomiese adviseur vir die Optimum Groep, wat sê…
8 Mar 4AM 1 min

Zille jaag burgemeestersketting met groot beloftes

Die DA in Johannesburg se burgemeesterskandidaat, Helen Zille, het ter voorbereiding van die komende plaaslike regeringsverkiesing, vyf beloftes aan die mense van Johannesburg bekendgestel. Zille sê die DA sal hande vat met die privaat sektor om Johannesburg se toekoms te bou, met die fokus op betroubare water en elektrisiteit, paaie…
8 Mar 3AM 1 min
652 – 672