Nuus

Kry die nuus soos dit breek.
Hourly Afrikaans South Africa News
4,001 Episodes
672 – 692

Meer vroue in alle sektore in Namibië nodig

Vandag is Internasionale Vrouedag en die kwessie van vroueverteenwoordiging in openbare en private ruimtes word bespreek. Vanjaar se tema, “Gee om te wen”, is daarop gemik om geslagsgelykheid te bevorder deur oorvloedig te gee. Kosmos 94.1 Nuus het met Sister Namibia se nasionale koördineerder, Brigit Loots, gesels wat sê meer…
8 Mar 1AM 1 min

SA oorweeg gespesialiseerde howe vir bendegeweld

Die waarnemende minister van polisie, Firoz Cachalia, beplan om 'n voorstel aan die minister van justisie en grondwetlike ontwikkeling, Mmamokolo Kubayi, te stuur oor die stigting van gespesialiseerde howe vir bendegeweld. Hy het in Westbury, Johannesburg, gepraat tydens die besoek aan die families wie se geliefdes Woensdag in 'n massaskietery…
8 Mar 1AM 1 min

LUR veroordeel aanval op Porterville-boer

Die Wes-Kaapse LUR vir landbou, ekonomiese ontwikkeling en toerisme, Ivan Meyer, het die gewelddadige aanval op Hugo Louw veroordeel, wat onlangs op die R-365 naby die plaas Waa Drift in die Porterville-distrik plaasgevind het. Drie verdagtes is met die hulp van plaaslike plaaswagte en naburige boere aangekeer. Meyer het die…
7 Mar 11PM 1 min

Iran-deelname aan SANW-oefening bly in spervuur

Die DA sê die minister van verdediging en militêre veterane, Angie Motshekga, het geweier om te bevestig of president Cyril Ramaphosa Iran se deelname aan die Suid-Afrikaanse Nasionale Weermag se oefening, Will for Peace, goedgekeur het. Die parlementêre opmerking kom te midde van diplomatieke en veiligheidskommer oor Iranse vlootvaartuie wat…
7 Mar 6AM 1 min

Hai//om eis N$2,8 triljoen van regering

Die Hai||om Vereniging, wat in 2024 gestig is om die inheemse Hai||om bevolking te verteenwoordig in die nastrewing van hul historiese grond- en verwante regte, het 'n reuse-regsgeding teen die regering aanhangig gemaak. Die Hai||om, die grootste San-groepering in Namibië, eis vergoeding van 2,8 triljoen Namibiese dollar vir voorvaderlike grond…
7 Mar 5AM 1 min

Verspoelings ontwrig handel na DRK

Die Walvisbaai-korridorgroep sê 700 SAOG-vragmotorbestuurders is gedwing om alternatiewe roetes na die Demokratiese Republiek van die Kongo te neem nadat swaar reën 'n belangrike brug by die Kasumbalesa-grenspos in Zambië vernietig het. Die brug se ineenstorting het die vervoer van mynbou-insette, brandstof, mineraaluitvoere en handel in die streek vertraag. Kosmos…
7 Mar 3AM 1 min

Motorsport: Quinton Z verdedig Enduro-titel

Die eerste been van die Enduro-nasionale motorfietskampioenskappe is in volle swang by Yellowstone Trails in Windhoek, waar 63 jaers met hul vernuf op hul ysterperde spog. Kosmos 94.1 se Francois Lottering is op die toneel en het met die verdedigende kampioen, Quinton Z van Rooyen, gepraat:
7 Mar 2AM 1 min

Motorsport: Enduro-stof staan by Yellowstone

Yellowstone Trails in Windhoek is ‘n miernes van bedrywighede met die eerste been van die Enduro-nasionale motorfietskampioenskappe wat vanoggend begin het. Altesaam 63 deelnemers gaan sake uitspook, met die Enduro-2025-kampioen, Quinton Z van Rooyen, wat sy titel verdedig. Kosmos 94.1 se Francois Lottering monitor die aksie en doen verslag:
7 Mar 1AM 1 min

Motorsport: Namibië se Slamet-legendes jaag op Killarney

Alle motorsportliefhebbers se oë is vandag op die Killarney-renbaan in Kaapstad waar Namibië se Slamet-legendes in die tweede ronde van die Power-reeks deelneem. Veral Richard Slamet junior se terugkeer na Kaapstad ná 13 jaar wek belangstelling. Francois Lottering van Kosmos 94.1 het meer:
7 Mar 12AM 1 min

Copps 94.1: Vroue-straatverkopers sukkel om brood op tafel te hou

Windhoekers het Vrydagaand in hul spoor getrap met Copps 94.1 en die Namibiese polisie wat ‘n wakende oog oor die hoofstad gehou het. Met die naglewe onder beheer, het die Copps 94.1-span ‘n draai by die Otjimuise-informele mark gaan maak, waar die lot van vroue wat laatnag spook om ‘n…
6 Mar 11PM 1 min

FNB Namibië is Beste Buitelandse Valutabank in Namibië

FNB Namibië is erken as die land se voorste bank vir die fasilitering van naatlose oorgrenshandel en internasionale finansiële vloei vir invoerders, uitvoerders, beleggers en individue. Die bank is aangewys as die Beste Buitelandse Valutabank in Namibië in Global Finance-tydskrif se 26ste Jaarlikse Wêreld se Beste Buitelandse Valutabanke-toekennings. FNB-woordvoerder Kirsty…
6 Mar 10AM 1 min

SA regering voorsien R1,4 miljard vir BKS-optrede

Die minister van Landbou, John Steenhuisen, het bevestig die regering het 1,4-miljard Suid-Afrikaanse rand voorsien om bek-en-klouseer te beveg, terwyl bykomende befondsing versoek is. Die regering betaal die inentings ten volle as deel van 'n nasionale veldtog. Steenhuisen sê entstowwe wat vanaf Argentinië en Turkye verkry is, word reeds oor…
6 Mar 10AM 1 min

Dis markdag by Auas Hills Aftreeoord!

Die Auas Hills Aftreeoord hou Saterdag hul jaarlikse markdag. Die aftreeoord bied ook versoringsdienste vir verswakte bejaardes. Rita van Vuuren van die beplanningskomitee nooi die publiek uit om die markdag by te woon wat ook versorging van pasiënte sal ondersteun. Van Vuuren het met Kosmos 94.1 Nuus gepraat.
6 Mar 9AM 1 min

IPC het vrae oor Vitol se omkopery, moontlike brandstof-oorheersing

Die parlement ondersoek wat hy beskryf as die groeiende oorheersing van die Nederlandse oliereus Vitol Group in Namibië se stroomaf brandstofmark. IPC-parlementslid Rodney Cloete het kommer uitgespreek dat die maatskappy, deur middel van filiale en gesamentlike ondernemings tussen 75 en 95 persent van die land se brandstofvoorraad kan beheer. Cloete…
6 Mar 8AM 1 min

Regering gaan aan asof geen wêreldkrisis: LPM

Reaksie word ontvang op Onafhanklikheidsdag op 21 Maart wat vanjaar amptelik in al 14 streke gevier sal word, en altesaam 3,5 miljoen Namibiese dollar gaan kos. Met gebeure in die Midde-Ooste wat die wêreldekonomie op die agtervoet het, voel opposisie-partye dat die land se prioriteite nie reg is nie. LPM-woordvoerder…
6 Mar 8AM 1 min

Walvisbaai-hawe verwag meer skepe oor Midde-Ooste konflik

Iran het die Straat van Hormuz gesluit vir skeepvaart, en volgens berigte begin skepe ook die Suez-kanaal en Rooisee vermy weens die oorlog in die Midde-Ooste. Verskepingsmaatskappye het reeds begin om hul skepe vanaf die Ooste na Europa en Suid-Amerika om die Kaap die Goeie Hoop te herlei. Dit beteken…
6 Mar 8AM 1 min

TLU SA bekommerd oor tempo, rigting van BKS-optrede

Die landbou-organisasie TLU SA is bekommerd oor die huidige tempo en rigting waarin die regering die bek-en-klouseer-uitbreking bestuur. Die organisasie is deel van die Bek-en-Klouseer-bedryfskoördineringsraad wat die landbouminister, John Steenhuisen, gestig het vir 'n gekoördineerde poging ter ondersteuning van die gefaseerde instel van die strategie. Woordvoerder Caria van der Merwe…
6 Mar 7AM 1 min

BoN trek likwidasie-aansoek teen Trustco Bank terug

Die sentrale bank van Namibië het sy aansoek in die hoërhof vir die likwidasie van voormalige Trustco Bank, 'n filiaal van die Trustco-groep, teruggetrek. Quinton van Rooyen Jnr, die besturende direkteur van die groep, het met Kosmos 94.1 Nuus gepraat. Hy sê dis bewys dat die bank wel solvent is.
6 Mar 7AM 1 min

BoN trek likwidasie-aansoek teen Trustco Bank terug

Die sentrale bank van Namibië het sy aansoek in die hoërhof vir die likwidasie van voormalige Trustco Bank, 'n filiaal van die Trustco-groep, teruggetrek. Quinton van Rooyen Jnr, die besturende direkteur van die groep, het met Kosmos 94.1 Nuus gepraat. Hy sê dis bewys dat die bank wel solvent is.
6 Mar 7AM 1 min
672 – 692