Die vakbondfederasie, Saftu, sê die Marikana-slagting was nie 'n tragiese ongeluk nie, maar 'n voorbedagte daad van staatsgeweld om kapitaal te beskerm. Saterdag was dit 13 jaar sedert die polisie 34 stakende mynwerkers in Marikana, Noordwes, doodgeskiet het. Nog tien mense, insluitend polisie- en veiligheidsbeamptes, is in die weke voor…
President Netumbo Nandi Ndaitwah en haar Suid-Afrikaanse eweknie Cyril Ramaphosa sal vandag die 45ste Spitsberaad van Staats- en Regeringshoofde van die Suider-Afrikaanse Ontwikkelingsgemeenskap in Madagaskar bywoon. Die tema van die beraad is Bevordering van Industrialisering, Landbou-transformasie en Energie-oorgang vir 'n Veerkragtige SADC. Die Suid-Afrikaanse presidensiële woordvoerder, Vincent Magwenya, sê die…
Die nasionale federasie vir e-taxis doen 'n beroep op die regering en die departement van vervoer om alle nie-voldoenende en kriminele elemente in die openbare vervoersektor uit te roei. Daar is 'n voortdurende stryd tussen die taxi- en e-taxi-bedryf. Woensdag is 'n e-taxibestuurder by die Maponya-winkelsentrum in Soweto doodgeskiet toe…
Die bestuurstyl van Namibië se groenskema verhoed dat die projekte hul volle potensiaal bereik, sê Tobie Aupindi, die voorsitter van die parlementêre staande komitee vir natuurlike hulpbronne. Dié komitee het die afgelope week die projekte in die Zambezi-, Kavango-Oos- en Kavango-streke besoek om die doeltreffendheid en volhoubaarheid daarvan te bepaal…
Die gesondheidsminister, dr. Esperance Luvindao het die einde van die cholera-uitbreking in die Opuwo-distrik en malaria aangekondig. Sedert Desember is meer as 95 000 malariagevalle en 154 sterftes aangeteken, asook een cholera-sterfte. Luvindao het die publiek gewaarsku om waaksaam te bly en voorkomingspogings voort te sit aangesien die risiko voortduur.
Nust gaan in September geskiedenis maak deur Namibië se heel eerste kankergenomika-konferensie aan te bied, wat wêreldwye kundiges na Windhoek bring om te ondersoek hoe baanbrekende genetiese navorsing kankerdiagnose en behandeling regoor Afrika kan transformeer. Kosmos 94.1 Nuus het met professor Lamech Mwapagha, programkoördineerder en medeprofessor vir mediese biochemie by…
Die DA in Gauteng doen 'n beroep op die regering vir dringende ingryping om die dodelike konflik tussen taxi en e-taxi bestuurders te beeïndig. Die gevegte het sedert April tot die verlies van 60 lewens gelei. Die party vra dat premier Panyaza Lesufi en die LUR van Vervoer, Kedibone Diale…
‘n Onderwyseres van Otjiwarongo, Gelda Waterboer, maak opslae op TikTok met ‘n liedjie wat kinders bewusmaak van die belangrikheid om hulself teen seksuele uitbuiting te beskerm. Die video wys ‘n singende Waterboer in ‘n klaskamer wat saam met leerders wat luidkeels saamsing. Dit is reeds meer as 50 miljoen keer…
Die ANC het ontken dat daar spanning bestaan tussen president Cyril Ramaphosa en oudpresident Thabo Mbeki. Dit volg op die besluit van Mbeki en sy stigting om aan die tweedaagse nasionale konvensie te onttrek. Groepe soos die Thabo Mbeki-stigting en die Desmond en Leah Tutu-stigting het 'n lang lys kwessies…
Die polisie in Erongo het tot dusver vanjaar op dwelms van meer as drie miljoen Namibiese dollar beslag gelê. Die hoof van die misdaad-ondersoekafdeling, adjunkkommissaris Erastus Iikuyu, sê die streek ondervind sedert 2011 ‘n toestroming in inwoners, wat die misdaadsyfer die hoogte laat inskiet het. Baie van dié mense is…
President Donald Trump sê daar was vordering tydens sy vergadering met sy Russiese eweknie, Vladimir Putin, oor die oorlog in Oekraïne nie, maar geen ooreenkoms is bereik nie. Die leiers het Vrydag in Alaska vir meer as twee en 'n half uur vergader. Trump sê hy is van plan om…
Die Forum for South Africa doen 'n beroep op die regering om die storting van hoenders en varkvleisprodukte van Amerika na plaaslike markte te beeïndig. FOSA waarsku die invoere bedreig plaaslike boere, fabrieke en poste, en kan werkloosheid en armoede vererger. Tebogo Mashilompane van die Forum doen 'n beroep op…
Namibië se opkomende salmboerderybedryf is gereed om ‘n deurbraak te maak en beloof om ekonomiese diversifikasie te bevorder, werk te skep, buitelandse beleggings te lok en nuwe uitvoerinkomste te genereer. Justine Shipanga-Gcilishe, senior beleggersdienstebeampte vir die Beleggingsbevordering en Ontwikkelingsraad, het by die regeringsinligtingsentrum gepraat tydens 'n sessie oor Afrika suid…
President Cyril Ramaphosa het bevestig dat 'n reëlingskomitee bestaande uit burgers vandag gekies sal word om die Nasionale Dialoog te lei. Ramaphosa het by die Universiteit van Suid-Afrika in Pretoria gesê die dialoog sal teen die laagste moontlike koste aangebied word met koste-besparingsmaatreëls wat in werking gestel is. Hy het…
Die Swakopmund-munisipaliteit skenk 111 erwe aan lae-inkomsteverdieners in die DRC-gebied, na aanleiding van 'n besluit in April. Hoof uitvoerende beampte, Alfeus Benjamin het gesê begunstigdes, wat deur 'n driejaarlikse sensus geïdentifiseer is, sal slegs 'n oordragfooi van 1 000 Namibiese dollar betaal. Hulle sal die eiendom volledig besit en kan…
Oorlewendes en familielede van diegene wat in Swapo se Lubango-kerkers in Angola verdwyn het, spreek hulle uit teen president Netumbo Nandi-Ndaitwah se besluit om nasionale heldestatus en 'n staatsbegrafnis aan voormalige leërhoof Solomon 'Jesus' Hawala te verleen. Dr. Leefa Martin, 'n oorlewende van die kerkers, en ‘n lid van Conquerors…
Namcor verwerp bewerings dat die korrupsie-skandaal waarby sy voormalige leierskap betrek word, 'n rol gespeel het in die Angolese regering se besluit om 'n omstrede kontrak met die maatskappy te kanselleer. Die Angolese regering het onlangs 'n ooreenkoms nietig verklaar wat Namcor sou toelaat om beduidende aandele in drie eksplorasie-blokke…
By die derde Olie- en Gaskonferensie in Windhoek het energiekenner Shakwa Nyambe Namibië aangespoor om olie- en gaswette in lyn te bring met globale standaarde en dit vinnig in werking te stel. Hy het vir 'n kommunikasiestrategie gevra om die publiek te help om onlangse ontdekkings te verstaan. Hy het…
Rugby: Scott Barrett is terug na 'n besering om Nieu-Seeland môre aan te voer in die Rugbykampioenskapswedstryd teen Argentinië in Córdoba. Hy sal saam met Fabian Holland op slot begin in een van nege veranderings aan die span wat verlede maand se reeks teen Frankryk in Hamilton afgesluit het. Tupou…
15 Aug 2025 9AM
1 min
3576 – 3596
Agree to storing cookies on your device.
Cookie preferences
iono.fm may request cookies to be stored on our device. We use cookies to understand how you interact with us, to enrich and personalise your experience, to enable social media functionality and to provide more relevant advertising. Using the sections below you can customise which cookies we're allowed to store. Note that blocking some types of cookies may impact your experience.