IPC vra vir sterk boodskap teen GBV

Loading player...
Die IPC sê hulle is bekommerd oor die toenemende moorde op vroue, na die wrede dood van Rachel Simasiku in Katima Mulilo, wat na bewering verskeie kere deur haar lewensmaat, Steven Naruseb, met 'n mes gesteek is. Die IPC se skaduminister vir geslagsgelykheid, Lilian Lutuhezi, het aan Kosmos 94.1 Nuus gesê dat te veel sake, insluitend die moord op Juanita Karolus in Oktober, onopgelos bly en dat 'n sterk boodskap gestuur moet word.
5 Dec 2025 3AM Afrikaans South Africa News

Other recent episodes

Ontwikkeling gedy op Aranos

Die gemeenskap in Aranos is opgewonde oor die nuwe ontwikkeling wat na die dorp kom. Van die baanbrekerswerk vir 'n splinternuwe sportfasiliteit tot die laaste dele van die N$1,2 miljard Gobabis-Aranos-pad, ondergaan die dorp 'n massiewe strukturele transformasie wat gemik is op werkskepping en streeksgroei. Kosmos 94.1 Nuus het met…
5 Apr 5AM 1 min

Itula onkant gevang deur NNN se nuwe adjunkministers

Die amptelike opposisie, die IPC, het kritiek gelewer teen president Netumbo Nandi-Ndaitwah se besluit om haar kabinet te vergroot deur 8 nuwe adjunkministers aan te stel. Kosmos 94.1 Nuus het met die IPC-president Panduleni Itula gesels, wat sê hy was onkant betrap deur Donderdag se aanstellings, veral omdat Nandi-Ndaitwah aanvanklik…
5 Apr 4AM 1 min

Phosa soek volkstemming van president

Die voormalige tesourier-generaal van die ANC, Mathews Phosa, doen 'n beroep op 'n hersiening van die Grondwet in 'n poging om Suid-Afrika se kiesstelsel te herstruktureer. Hy pleit vir die regstreekse verkiesing van die president deur middel van 'n volkstemming deur burgers eerder as die huidige stelsel, waar die president…
5 Apr 3AM 1 min

Artemis II beleef donker kant van maan

Artemis II-ruimtevaarders aan boord van Orion het reeds tweederdes van hul reis na die maan voltooi, met ’n maanverbyvlug wat vir môre geskeduleer is. Teen bykans 3 300 km per uur, is die bemanning tans meer as 304 kilometer van die aarde af, met nog sowat 149 000 kilometer oor…
5 Apr 2AM 1 min

SA riviere, damme té besoedel vir godsdienstige rituele

Die departement van water en sanitasie het gewaarsku teen godsdienstige en tradisionele rituele in riviere en damme, veral oor die Paastydperk, weens ernstige veiligheidsrisiko's en hoë besoedelingsvlakke. Kerke beskou riviere en damme as heilige plekke vir rituele, insluitend reiniging, gebed en om hul voorouers te kontak. Adjunkminister Sello Seitlholo het…
5 Apr 1AM 1 min