Die Suid-Afrikaanse rand verhandel net onder 17 teen die Amerikaanse dollar en was laas in Januarie 2023 op die vlak. Die Amerikaanse geldeenheid het in die afgelope ses maande net minder as 5 persent van sy waarde verloor en toestande is gunstig in Suid-Afrika. Ekonoom Dawie Klopper sê die rand…
Kristoffer Reitan van Noorweë het ʼn eerste ronde van nege onder 63 aangeteken en loop voor by die Nedbank-gholfuitdaging in Noordwes. Hy is drie houe voor Marcus Armitage van Engeland, die Fransman Adrien Saddier en Jesper Svensson van Swede. Die Suid-Afrikaners, Garrick Higgo en Shaun Norris, het die eerste ronde…
Met toenemende reise, sosiale byeenkomste en kommersiële aktiwiteite wat gedurende die feestyd verwag word, doen die Namibiese Polisie 'n beroep op padgebruikers om versigtig te wees op openbare paaie. Nampol-woordvoerder, adjunkkommissaris Kauna Shikwambi, vra motoriste om verhoogde waaksaamheid en verantwoordelikheid te toon.
Die Katalonië-streek in Spanje het die land se eerste uitbreking van Afrika-varkpes sedert 1994 aangekondig. Volgens die landbouministerie het Namibië egter niks om oor bekommerd te wees nie. Maar Theo de Jager van Saai is van mening dat die probleem verder strek as net Spanje. De Jager het met Kosmos…
iono.fm may request cookies to be stored on our device. We use cookies to understand how you interact with us, to enrich and personalise your experience, to enable social media functionality and to provide more relevant advertising. Using the sections below you can customise which cookies we're allowed to store. Note that blocking some types of cookies may impact your experience.