Die sekretaris van die kabinet, Emilia Mkusa, en Martin Inkumbi, die uitvoerende hoof van die Pensioenfonds vir Regeringsinstellings, GIPF, het 'n mylpaalooreenkoms onderteken wat die langverwagte pensioengesteunde huisleningskema bekendstel. Vanaf 12 Januarie 2026 sal kwalifiserende GIPF-lede tot een derde van hul pensioenspaargeld kan leen om hul huise te koop, te…
Werknemers by die Namibiese Nywerheidsontwikkelingsagentskap, of Nida, gaan 'n salarisverhoging van 5% ontvang, danksy 'n nuwe loonooreenkoms wat met die Voedsel- en Geallieerde Werkersunie gesluit is, gesteun deur die Ministerie van Industrialisasie en Handel. Inyemba Kamwi, senior konsultant vir strategie en projekte by die agentskap, het met Kosmos 94.1 Nuus gepraat.
Die vakbondfederasie Saftu sê die motorbedryf staan voor 'n bloedbad ná Ford se plan om poste by sy Pretoria-aanleg in Gauteng te sny. Die federasie het by die metaalwerkersvakbond, Numsa aangesluit om die afleggings te veroordeel en waarsku dit volg op die hakke van besnoeiings by Mercedes-Benz en ArcelorMittal Suid-Afrika,…
Die Namibiese Universiteit van Wetenskap en Tegnologie, in vennootskap met Coca-Cola, bied van vandag tot Vrydag sy jaarlikse Kultuurfees op sy hoofkampus in Windhoek aan. Meer as net musiek en dans, vier die geleentheid Namibië se ryk diversiteit en Nust se toewyding aan inklusiwiteit en interkulturele begrip. Nust-woordvoerder Cindy van…
Die Instituut vir Rasseverhoudinge sê die toenemende werksverliese weens maatskappye wat hul bedrywighede afskaal of die land heeltemal verlaat, is kommerwekkend. ArcellorMittal SA maak einde September toe met 3 500 werksgeleenthede wat verlore gaan. Ford Motor Company SA gaan 474 werkers by sy aanlegte in die Baai en Pretoria aflê…
Amerikaanse president Donald Trump sê dat hy baie aktief was oor die afgelope langnaweek in die land en het bespiegeling op sosiale media oor sy gesondheid as vals nuus afgemaak. Dit was in reaksie op 'n vraag van 'n verslaggewer oor aanlyn gerugte dat hy gesterf het, ná hy vir…
Alle oë is vandag op Beijing, waar Chinese president Xi Jinping gasheer is vir die Russiese president Vladimir Putin en die Noord-Koreaanse leier Kim Jong Un by een van die grootste militêre parades ooit. Die parade is ter viering van die 80ste herdenking van die einde van die Tweede Wêreldoorlog…
Die Suid-Afrikaanse Weerdiens sê uiters gevaarlike veldbrandtoestande word in Limpopo, Mpumalanga en Gauteng beleef en dit sal voortduur. Volgens hierdie toestande is die brandgevaar-aanwyser bo 75. Die Tshwane-nooddienste se woordvoerder, Lindsay Mnguni, sê die warm, winderige toestande kan wegholveldbrande veroorsaak en bestaande brande in Gauteng vererger:
Die Amerikaanse Weermag het ʼn dodelike aanval by die Karibiese Eilande uitgevoer op ʼn Venezolaanse boot met dwelms aan boord. Elf mense, vermoedelik lede van die Venezolaanse bende Tren de Aragua, is in die aanval dood. President Donald Trump sê die aanval is uitgevoer terwyl die terroriste onwettige dwelms in…
Die land verloor miljoene Namibiese dollar aan potensiële inkomste as gevolg van sy lae mededingendheid in die globale vergaderings-, aansporings-, konferensie- en uitstallingsbedryf. Om dit aan te spreek, bied die Namibiese Toerismeraad tans opleiding in Swakopmund aan om plaaslike geleentheidsorganiseerders te help om aan internasionale standaarde te voldoen. Esther Ndilula,…
Die DA vra vir die ontbinding van die regering se pensioenadministrasie-agentskap en dat die Regeringswerknemers-pensioenfonds sy werk oorneem ter wille van die beskerming van pensioentrekkers en belastingbetalers. Die agentskap word beskuldig van onwettige aankope en onder meer die toeken van 'n biometriese kontrak van 500 miljoen rand aan 'n maatskappy…
Die Amerikaanse Huis van Verteenwoordigers se oorsigkomitee het meer as 33 000 bladsye van Jeffrey Epstein-verwante lêers vrygestel wat van die justisiedepartement ontvang is. Dit sluit in vlugplanne, toesigvideo’s van die tronk, hofdokumente, opnames en e-posse. Epstein, ʼn finansier en veroordeelde seksoortreder, het in 2019 selfdood gepleeg terwyl hy verhoorafwagtend…
Ná meer as 25 jaar in die hart van Windhoek, neem die Goethe-Instituut Namibië afskeid van sy ikoniese tuiste in Fidel Castrostraat. Die Goethe-Instituut sluit sy deure op 15 September om die oorgang na 'n nuwe tuiste te begin. Direkteur Dennis Schroeder sê die reis eindig nie, maar ontwikkel net…
PDM-parlementslid Winnie Moongo het Dinsdag in die Nasionale Vergadering kapsie gemaak teen die stygende aantal regsgedinge waarmee plaaslike- en streeksrade te kampe het. Sy het die minister van stedelike en landelike ontwikkeling uitgedaag oor rade se toenemende betrokkenheid in duur regstryde, van geskille oor arbeid en grond tot tenderkonflikte.
Kingsley Kwenani, wat voorheen as uitvoerende hoof van Meatco se Noordelike Kommunale Gebied-filiaal gedien het asook die vorige tussentydse uitvoerende hoof van Meatco, is met ingang 1 September as die nuwe adjunk-uitvoerende direkteur van landbou aangestel. In hierdie rol sal Kwenani Namibië se landbou-ontwikkeling ondersteun, met 'n sleutelfokus op die…
In Suid-Afrika sê die landbou-organisasie TLU SA president Cyril Ramaphosa se opmerkings tydens die opening van die 115de Zimbabwe Landbouskou was duidelik oor wat gedoen sal word. Ramaphosa het Zimbabwe se pogings om grondbesitpatrone wat die wit minderheid bevoordeel het om te keer, beskryf as noodsaaklik vir historiese geregtigheid, voedselsekerheid…
Khomas-goewerneur Sam Nujoma het die plase Arovley, Nauaspoort en Khanumeb in die Windhoek landelike kiesafdeling besoek as deel van sy streeksbewustheidsprogram om die uitdagings waarmee inwoners te kampe het, beter te verstaan. Een van die grootste bekommernisse was die voorsiening van waterdienste. Nujoma het 'n probleem hiermee aan die inwoners…
Die minister van Toerisme, Patricia de Lille, sê sy het die Suid-Afrikaanse Toerismeraad ontbind ná 'n verslag van die Spesiale Ondersoekeenheid oor onreëlmatige uitgawes, insluitend die mislukte Tottenham Hotspur-borgskap. De Lille het die voorsitter van die portefeuljekomitee oor Toerisme toegespreek en bewerings van politieke inmenging en korrupsie van die hand…
Byna 950 studente en gemeenskapslede het toegang tot noodsaaklike seksuele en reproduktiewe gesondheidsdienste verkry tydens die #BeFree Cares Clinic-uitreik van 18 tot 22 Augustus in die Oshana-streek. Die weeklange veldtog het vyf tersiêre instellings betrek, wat die derde streekstop in 'n groeiende nasionale poging was om die jeug met gesondheidsorg…
2 Sep 2025 11AM
1 min
3136 – 3156
Agree to storing cookies on your device.
Cookie preferences
iono.fm may request cookies to be stored on our device. We use cookies to understand how you interact with us, to enrich and personalise your experience, to enable social media functionality and to provide more relevant advertising. Using the sections below you can customise which cookies we're allowed to store. Note that blocking some types of cookies may impact your experience.