Amerika regeer Venezuela, olievelde

Loading player...
President Donald Trump sê Amerika sal Venezuela regeer totdat dit veilig is vir 'n oorgang na 'n nuwe regering. Die VSA het Venezuela aangeval en sy langdienende president Nicolás Maduro en sy vrou Saterdag in 'n oornagoperasie gevange geneem. Volgens 'n amptenaar van die Departement van Justisie word verwag dat Maduro Maandag sy eerste verskyning in die federale hof in Manhattan sal maak. Maduro se oënskynlike opvolger, die Venezolaanse visepresident Delcy Rodríguez, het Saterdagmiddag op Venezolaanse televisie verskyn en Maduro "die enigste president van Venezuela" genoem.
3 Jan 10PM Afrikaans South Africa News

Other recent episodes

Alles is nie pluis by Nascam nie

Die onlangse afdanking van die uitvoerende hoof van die Namibiese Vereniging van Komponiste en Outeurs van Musiek, Nascam, Albert Nicanor, blyk nie eenvoudig te wees nie. Die raad het Nicanor ontslaan na 'n dissiplinêre proses wat hom skuldig bevind het aan ernstige wangedrag. Kosmos 94.1 Nuus het met die voorsitter…
15 May 1AM 1 min

Kommer oor stadige beleggingslewering in SA

President Cyril Ramaphosa sê die regering is bewus van kommer oor stadige beleggingslewering en hou vol vordering word gemaak deur middel van voortgesette hervormings. Tydens sy mondelinge antwoord op vrae in die Nasionale Vergadering het Ramaphosa gesê die regering se beleggingsveldtog bly op koers, met pogings gemik op die verbetering…
15 May 1AM 1 min

Scheffler onder 7 voorlopers in Pennsilvanië

Die verdedigende kampioen, Scottie Scheffler, is onder sewe voorlopers by die PGA Kampioenskap na ʼn openingsrondte van 67 by die Aronimink-gholfklub in Pennsilvanië. Die Amerikaner is gesamentlik eerste saam met die Suid-Afrikaner Aldrich Potgieter, Australiër Min-Woo Lee, die Duitsers Martin Kaymer en Stephan Jaeger, Ryo Hisatsune van Japan en die…
15 May 1AM 1 min

DA verwelkom afdanking van Tolashe

Die DA sê president Cyril Ramaphosa het die regte ding gedoen om die minister van Maatskaplike Ontwikkeling, Sisisi Tolashe, af te dank omdat haar posisie in die Kabinet onverdedigbaar was. Sy het versuim om twee luukse Chinese voertuie te verklaar wat laat in 2023 aan die ANC-vroueliga geskenk is. Tolashe…
15 May 1AM 1 min