
Alles is nie pluis by Nascam nie
Loading player...
Die onlangse afdanking van die uitvoerende hoof van die Namibiese Vereniging van Komponiste en Outeurs van Musiek, Nascam, Albert Nicanor, blyk nie eenvoudig te wees nie. Die raad het Nicanor ontslaan na 'n dissiplinêre proses wat hom skuldig bevind het aan ernstige wangedrag. Kosmos 94.1 Nuus het met die voorsitter van die raad, Joseph Ailonga, gepraat wat sê die raad het geen ander keuse gehad as om hom te ontslaan nie.

