Polisie ondersoek nootlottige vliegongeluk in Vrystaat

Loading player...
Die Vrystaatse polisie ondersoek 'n noodlottige ligte vliegtuigongeluk in die Ferreira-gebied. Polisiewoordvoerder Mahlomola Kareli sê beamptes is na die toneel gestuur, waar nooddienste 'n manlike vlieënier in die wrak vasgekeer gevind het. Die 45-jarige is op die toneel dood verklaar. Kareli sê die vlieënier se identiteit word weerhou totdat sy naasbestaandes in kennis gestel is. Hy het bevestig dat 'n geregtelike doodsondersoek geopen is:
3 Jan 4AM Afrikaans South Africa News

Other recent episodes

Minister, Vivo sê oor brandstoftekorte landswyd

Na Dinsdag se paniekaankope is daar brandstof-uitdagings in die land. Talle vulstasies in die hoofstad, en op Rehoboth staan droog met ander wat net ‘n bietjie oor het. Walvisbaai se voorraad is blykbaar laer as dié van Swakopmund en enkele vulstasies op Okahandja het ook nog brandstof. Eienaars wat droog…
1 Apr 5AM 1 min

SA se brandstofprys vasstelling sal oor medium termyn hersien word

Die minister van Minerale en Petroleum Hulpbronne, Gwede Mantashe, sê hulle is besig om die brandstofprys-vasstelling oor die medium termyn te hersien. Die toenemende konflik in die Midde-Ooste het risiko’s op die wêreld se energiemarkte vergroot en plaas groot druk op plaaslike brandstofpryse. Die regering het die brandstofheffing tydelik met…
1 Apr 5AM 1 min

McHenry vra vir verhoogde besteding op die NDF

PDM-leier McHenry Venaani het die regering aangespoor om die Namibiese Weermag se vermoëns te moderniseer, in reaksie op toenemende geopolitieke spanning. Tydens parlementêre besprekings het hy die behoefte aan nuwe, gevorderde militêre toerusting beklemtoon om nasionale verdediging te verbeter en te verseker dat die mag behoorlik toegerus is om ontwikkelende…
1 Apr 4AM 1 min

Belegging: Cyril sê daar is 'n gaping tussen sentiment en kapitaalontplooiing

President Cyril Ramaphosa het gewaarsku dat, hoewel die sentiment verbeter het, die land nou beloftes in tasbare ekonomiese aktiwiteite moet omskakel. Dit volg nadat die sesde Suid-Afrikaanse Beleggingskonferensie, wat gister in Sandton gehou is, die hoogste beleggingsbeloftes ooit verseker het. In sy slottoespraak het Ramaphosa gesê daar is 'n gaping…
1 Apr 4AM 1 min