Die nuustste dwelm-konfiskasieverslag van die Namibiese polisie het aangedui dat 36 aborsie pille ook deel van die konfiskerings was. Kosmos 94.1 Nuus het reaksie gekry by teen-aborsie aktivis, dr. Shirley Magazi wat meen vrouens moet opgevoed word dat hulle opsies het wat nie die moord van baba's bevorder nie.
Die DA kritiseer die minister van Sport, Kuns en Kultuur, Gayton McKenzie, se besluit om 'n voorgestelde Suid-Afrikaanse kunswerk vir die 61ste Venesiese Biënnale te kanselleer. Dis glo omdat die inhoud verband hou met die dood van vroue en kinders in Gaza. DA-woordvoerder, Leah Potgieter, sê 'n minister het geen…
Die voorsitter van die Amerikaanse Federale Reserweraad, Jerome Powell, veroordeel die Departement van Justisie se jongste strafregtelike aanklag, wat verband hou met sy getuienis voor die Senaat se Bank-komitee verlede Junie. Die getuienis het deels betrekking gehad op 'n meerjarige projek om geskiedkundige Federale Reserweraad-kantoorgeboue op te knap. Powell sê…
Skole het begin en soos gewoonlik sukkel ouers met plasing vir hulle kinders, veral in grade 1 en 8. Berigte lui dat ouers kinders se name moet registreer by die onderwyshulpbronsentrum in Katutura sodat hulle plasing kan kry in Windhoek. Die minister van onderwys Sanet Steenkamp is tans in die…
Die GOOD-party sê die Stad Kaapstad se onlangse waarskuwings oor lae damvlakke dien as 'n duidelike herinnering aan die stad se geskiedenis van finansiële wanbestuur en mislukte infrastruktuurprojekte onder DA-bewind. Roscoe Palm van GOOD sê terwyl inwoners weereens aangespoor word om water te bespaar, ontduik die stad steeds aanspreeklikheid vir…
Die Parlement begin hierdie week sy 2026-program met 'n volle sitting deur die twee Huise om Geldwetsontwerpe te oorweeg, terwyl die Ad Hoc-komitee wat bewerings deur Luitenant-generaal Nhlanhla Mkhwanazi ondersoek, ook sy verhore sal hervat. Parlementêre woordvoerder Moloto Mothapo sê Dinsdag sal die Nasionale Vergadering die Spesiale Begrotingswetsontwerp, die Aanpassingsbegrotingswetsontwerp,…
Die onderhoud van die voormalige Britse ambassadeur na die VSA Lord Peter Mandelson oor sy bande met Jeffery Epstein, het groot kritiek uitgelok. Hy sê hy is gay en dus, was nie bewus van enige mensehandel of seksuele misbruik nie. Sky News het gepraat met die Britse sakeminister Peter Kyle,…
Terwyl leerders terugkeer klas toe, stuur skoolhoofde 'n sterk boodskap dat boeliegedrag nie geduld sal word nie. Hulle doen 'n beroep op leerders om mekaar met respek te behandel en nie klasmaats te verneder of te boelie oor kwessies soos ou skooluniforms of verslete skoene nie, en herinner gemeenskappe daaraan…
Die president van Krieket Namibië, Rudie van Vuuren het met Kosmos 94.21 Nuus gesels oor die IKR Onder-19 Wêreldbeker wat die week, Donderdag, hier en in Zimbabwe afskop. Ons bied 16 van die toernooi se 41 wedstryde aan by die Namibië Krieketveld en die High Performance Oval in Windhoek. Namibië…
Kenners meen dat president Donald Trump se planne om tot 50 miljoen vate Venezolaanse olie in die wêreldmark instoot, die balans van oliehandel kan verskuif. Die olie word herlei van China af en intussen, verloor Opul en sy vennote hulle tradisionele markte. Hoe raak dit die olieprys? Suid-Afrikaanse ekonoom Dawie…
Huldeblyke stroom in vir ‘n Okahandja-bekende, Alcino ‘Shorty’ Costa wat op die ouderdom van 84 oorlede in Portugal is. Volgens wat berig word is hy opgeneem in die hospitaal met nierversaking. Costa was ‘n elektrisiën en ‘n alombekende in Namibië wat ‘n groot bydrae tot ons land se kragnetwerk-ontwikkeling gelewer…
Nadat vyf mense op dwelmverwante aanklagte in hegtenis geneem is, is die dorp Rehoboth onder ondersoek geplaas vir dwelmgebruik. Naomi Fisch en haar kêrel, Steven Schneiders, is onder diegene wat aangehou is. Rehoboth inwoners beweer dat dwelmbase en dwelmmisbruik op die dorp floreer. Rehoboth is een van die top dorpe…
ActionSA sê ministers in die regering van nasionale eenheid het in die eerste 18 maande van hul termyn byna 450 miljoen Suid-Afrikaanse rand aan reis- en verblyfkoste bestee. Die party sê hierdie bedrag sal tot 500 miljoen rand styg namate uitstaande parlementêre antwoorde gefinaliseer word. Alan Beesley van ActionSA sê…
Die adjunkminister van onderwys, Dino Ballotti, het vanoggend verrassingsbesoeke aan skole in Windhoek afgelê om die eerste dag van die 2026 akademiese jaar af te skop. Ballotti het leerders aangemoedig om die nuwe skooljaar met toewyding en 'n positiewe ingesteldheid te verwelkom, en die belangrikheid van onderwys in die vorming…
Reaksie word ontvang oor die Will for Peace 2026-oefening met Iran, China en Rusland in Simonstad in die Wes-Kaap. Die DA die Departement van Verdediging misbruik die Brics-alliansie om militêre belyning te verberg. Volgens politieke ontleder, professor Andre Duvenhage vind Suid Afrika hom aan die verkeerde kant van geskiedenis. Hy…
Namib Mills se werkers, wat lede van Naretu is, staak tans. Werkers is ontevrede oor verskeie kwessies en volgens berigte wil Namib Mills se bestuur nie daaraan toegee nie. Mills sê op sy beurt eise is buitensporig en nie markverwant nie en het die werkers uitgesluit. Die betoging volg nadat…
Federale aanklaers het 'n kriminele ondersoek na die voorsitter van die Federale Reserweraad, Jerome Powell, geopen. Powell sê dat die Amerikaanse departement van justisie die agentskap met dagvaardings bedien het en met 'n kriminele aanklag gedreig het oor getuienis wat hy aan 'n Senaatskomitee gelewer het oor opknappings aan die…
Reaksie word ontvang op berigte dat Namibië in Oktober 2025 slegs 37,8 persent van sy totale vraag na energie kon opwek en moes 62,2 persent, of amper 261 000 megawatt-ure, van die totale krag wat gedurende die maand aan die plaaslike ekonomie verskaf is, invoer. Harald Schütt, plaaslike energie kenner…
Die polisie en sy misdaadbestrydingsvennote het tydens landswye operasies gesamentlik beslag gelê op nagemaakte en onwettige goedere ter waarde van meer as 350 miljoen Suid-Afrikaanse rand. Polisiewoordvoerder Amanda van Wyk sê multidissiplinêre operasies tydens Desember 2025 is onderskeidelik in Gauteng, KwaZulu-Natal en die Wes-Kaap uitgevoer. Sy sê nagemaakte en onwettige…
Graad 12-matriekuitslae word vandag aangekondig en in die lig daarvan vra die Vereniging van Staatsamptenare die 2025-matrikulante, voornemende studente en hul ouers om uiters waaksaam te bly wanneer hulle vir tersiêre onderwys aansoek doen en registreer. Die vereniging se woordvoerder, Claude Naicker, is bekommerd oor die historiese toename in ongeregistreerde…
12 Jan 12AM
1 min
220 – 240
Agree to storing cookies on your device.
Cookie preferences
iono.fm may request cookies to be stored on our device. We use cookies to understand how you interact with us, to enrich and personalise your experience, to enable social media functionality and to provide more relevant advertising. Using the sections below you can customise which cookies we're allowed to store. Note that blocking some types of cookies may impact your experience.